Waar kinders hoenders, honde en katte in die strate vir vermaak verjaag
2012-08-15 "In die Nelson Mandelabaai-metropool (NMBM) se mees berugte arm en geweldgeteisterde woonbuurt, Helenvale – in die Baai se noordelike gebiede – is ek onlangs met die hartseer verhaal van kroniese armoede en van ’n steeds agteruitgaande en stukkend gemeenskap gekonfronteer."
Moedertaalonderrig is ’n mensereg
2012-08-08"Die (bruin) gemeenskap in die Katriviervallei buite Fort Beaufort is platgeslaan omdat hul enigste Afrikaanse skool in dié omgewing binnekort moet sluit en hulle by die nuutgeboude Xhosatalige skool ingelyf moet word."
7de Laan geen reënboog nie
2012-07-11 "So sal Maria altyd die skoonmaker wees en Aggie word altyd deur Paula geboelie en tot haar nie-amptelike persoonlike assistent gereduseer." Jason Lloyd spoel sy mond uit oor 7de Laan.Oos-Kaapse ANC verdeeld oor Zuma
2012-07-03 "Eenheid in die Oos-Kaapse ANC oor pres Jacob Zuma se leierskap bestaan klaarblyklik nie meer nie."Kroes, kras en kordaat?
2012-06-25 "Ongetwyfeld herinner die 'reguit hare versus kroeshare'-issue ’n mens aan die potloodtoets – hoe dit deur die apartheidsregering gebruik – of misbruik (?) was – om ’n persoon se ras te bepaal. Dit is reeds hierdie letsels wat nog vandag voortleef dat mense aan hul hare geken word."Wat is ’n reis sonder padkos?
2012-06-22 "Die Sondag terug Kaapstad toe was roosterbrood, skaapnek, soetpatat en stampmielies vir my ingepak. Op pad, nog voordat ons die lughawe bereik het, was die kosblikke leeg."Watter bydrae lewer hierdie menseregte-aktivis tot die samelewing?
2012-05-22 "Die vernaamste kritiek op Kadalie was onlangs deur die politieke wetenskaplike en rubriekskrywer Amanda Gouws korrek opgesom."’n Ware slang in die gras
2012-05-07 "Die boksgeveg op die teerpad tussen twee slange net voor De Rust het die nare gedagte weer laat opvlam. Ek kon nie mooi sien watter tipe dit was nie. Miskien was dit Kaapse kobras, geelslange, pofadders, rinkhalse?"Nietzsche se "chaos" en ruimte in Suid-Afrika se diversiteit
2012-04-11 Ek is verlief op die outentieke begrip van die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche wat hy die “chaos” van die mens se verbeelding noem – die mag om aan te hou om ruimte in sy denke te maak.

