Jason Lloyd

Jason Lloyd is a political and economic commentator, thinker, columnist, short story writer, journalist, "accidental" public servant and media & communication specialist.

Jason Lloyd is ’n politieke en ekonomiese kommentator, denker, rubriekskrywer, kortverhaalskrywer, joernalis, "toevallige" staatsamptenaar en media- en kommunikasie-spesialis.

Hoe laag kan die standaarde daal?

Jason Lloyd 2013-11-05 "Miskien sou dit veilig wees om te sê dat die voorstel om voortaan studente toe te laat om self te kies in hoeveel jaar hulle ’n eerste graad wil verwerf, simptomaties is van die vervlakking van standaarde op bykans alle vlakke van ons Suid-Afrikaanse samelewing."

Stemdag kom nader

Jason Lloyd 2013-10-28 "Vir watter politieke party of partye gaan bruin mense in die komende verkiesing stem?"

Real TV Africa: Volhoubaar?

Jason Lloyd 2013-09-23 "Dit behoort verwelkom te word dat bruin mense ’n eie TV-kanaal – Real TV Africa – gaan kry."

Dalk is hier legendariese probleme

Jason Lloyd 2013-09-18 "Die Oos-Kaapse multimiljoen-projek wat die Home of Legends heet, is vanuit die staanspoor in omstredenheid gedompel omdat dit na bewering mense volgens politieke affiliasie en ras of etnisiteit uitsluit."

Johannes Kraalshoek se Engels en elke ghetto waarbinne ons almal leef

Jason Lloyd 2013-08-27 "Dié laakbare handeling, veral teenoor weerlose armes, laat my dink aan ’n uitspraak van Achille Mbembe (wat ek effens aangepas het): ons almal leef in ons eie intellektuele ghetto’s. Dit is egter nie net beperk tot ons denksfeer nie, maar waar ons fisiek bly."

Wit skoene

Jason Lloyd 2013-08-23 "Hy het wraggies wit skoene aangehad. Dit het egter nie daar geëindig nie. Hy het ook ’n wit broek gedra. Ook ’n wit baadjie. 'Net soos in die ou dae,' het ’n kollega die volgende dag aan my gesê nadat ek hom van die rare verskynsel vertel het."

Wangedrag en persoonlike aanvalle in die parlement

Jason Lloyd 2013-07-15 Dit is nie net wát ons oor en vir mekaar sê nie, maar die hóé is van kardinale belang. Dié soort gesprek het onlangs, nie vir die eerste keer nie, in die parlement tot op sy laagste vlak gedaal.

"Bruin werklikheid" vs "bruin konsep"

Jason Lloyd 2013-07-12 "Verstandig gesproke behoort bruin mense gereken te word as Suid-Afrika se mees veelrassige prestasies."

"Madiba-inslag" gee hoop

Jason Lloyd 2013-06-19 "Ek wil dit duidelik stel dat ek geensins beweer dat bruines ’n homogene groep is nie. Daar is bruines wat hulself nie as Khoi of San beskou nie. Andere voel egter sterk oor dié identifisering."

Bruin politieke party "bloot 'n dom idee"

Jason Lloyd 2013-06-12 Definieer “bruin belange” … en hoe verskil dit van swartes se belange wat, net soos bruines, grotendeels nog arm is?

Skryf mense nog briewe met die hand?

Jason Lloyd 2013-05-28 "Ek herken amper nie eens meer my handskrif nie. Dit was ’n goeie, netjiese handskrif."

Muilbandwet se grondwetlikheid nie gewaarborg

Jason Lloyd 2013-05-15 "Sedert die indiening van die eerste weergawe van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting in die parlement in 2008 was die vet in die vuur ..."

Rus in vrede, Pine Pienaar

Jason Lloyd 2013-04-30 "Pine Pienaar (55), voormalige DA-lid van die Oos-Kaapse wetgewer, wat onlangs na ’n lang stryd teen kanker oorlede is, was in vele opsigte ’n beter mens as die konvensionele politikus."

Dié politici hoort in 'n rugbyspan

Jason Lloyd 2013-04-19 "Met dié dat die Baai se rugbytrots (ja, weliswaar teen alle verwagtinge in) – die Southern Kings – onlangs in die pekel beland het by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) omdat hul kwansuis te veel “buitelanders” in hul span het, kan die span gerus drie van ons politici vir die huidige superrugbyreeks oorweeg."

Jason Lloyd resenseer Lag jou g*t af by die KKNK

Jason Lloyd 2013-04-04 In Lag jou g*t af slaag Emo weer eens daarin om jou lagspiere oortyd te laat werk. Met sy stem, daai komieklike ritmiese bewegings op die verhoog en vlymskerp sêgoed laat hy jou die heeltyd op die punt van jou stoel sit.
Top