Wangedrag en persoonlike aanvalle in die parlement

  • 2

Die “toonaard”– soos Jakes Gerwel altyd geskryf het – is belangrik as deelnemers aan die openbare gesprek met mekaar verskil.

In die debat oor pres Zuma se begrotingstoespraak het sekere LP’s se toesprake blykbaar in ? sirkus van “seksisme” en “persoonlike” aanvalle ontaard. Dit het – om die minste te sê – die parlement se beeld ernstige skade berokken.

Voor die slegsêery het Zuma vriend en vyand verras deur die opposisie op die vingers te raps deur uit Shakespeare aan te haal: “Full of sound and fury signifying nothing.”

Dit het Lindiwe Mazibuko, DA parlementêre leier, rooi laat sien. Sy het die podium met haar “paisley-rokkie” bestyg en Zuma beskuldig dat hy nie goed vir die land is nie. Die rand se verswakking teenoor die dollar het sy as een van die redes voorgehou.

Volgens ontleders het sy Zuma ? tegniese uitklophou gegee. Dit het glo ? geskarrel in ANC-geledere afgegee en  LP’s soos John Jeffery en Buti Manamela is ingestuur om dinge reg te stel.

Mazibuko se “miniromp, swart broekieskouse en ? koraalkleurige trui” en haar “figuur” het toe tot ? getoi-toi gelei.

Jeffery het losgetrek: “Terwyl die agbare Mazibuko gewig dra, kan haar statuur bevraagteken word”; Manamela het afgesluit deur te sê Mazibuko kan moontlik vir haar kleredrag deur die “modepolisie” in hegtenis geneem word.

Jeffery het later vir sy uitlating verskoning gevra.

Mazibuko (33) wat dikwels as te jonk en onervare vir haar pos beskryf word, is ook al deur Koos van der Merwe, IVP-LP, oor haar “hare” in die gesig gevat. Julius Malema het haar prontuit ? “nikswerd-teemaker” genoem.

Die driekamerparlement voor 1994 was egter nie beter nie. In die blanke Volksraad het die NP en die KP mekaar gereeld persoonlik aangevat.

Die bruin Raad van Verteenwoordigers het nie net van debatte van swak gehalte gewemel nie, maar ook van venynige persoonlike aanvalle. Veral nadat die NP die Arbeidersparty (AP) se beheer in dié Raad in 1992 met ? wantrouemosie beëindig het.

Desmond Lockey (22-jarige AP-LP in 1984 en Allan Hendrickse se skoonseun) en sy swaer, Peter Hendrickse (destyds die 26-jarige AP-LP vir Addo), het gereeld hul oneerbiedigheid teenoor oudpres PW Botha in debatte gewys. Hulle het dan die Groot Krokodil sommer goed terug rivier toe gejaag.

Na 1992 is Lockey veral deur (sommige) bruin NP-LP’s daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Marie-Louise, op die lughawe “gedonner” het. Op sy beurt het Lockey vir Tony Reeves (NP-LP), ? “bedding boy” met ? “besoedelde brein” genoem, omdat hy voorheen op treine vullis verwyder het.

Dié soort beledigings bewys sommige LP’s is nog te onvolwasse vir die openbare gesprek. LP’s moet egter ook beter oordeel aan die dag lê wanneer hulle hul parlementsklere kies.

  • 2

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Wat op aarde is so erg hieraan; veral gereken aan die kroniese parsie van snotkoppe, patetieke bleeksiele, infernale hospitaalbed dwepers, en ander karikature wat hier in die openbaar uitgespuit word?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top