’n Ware slang in die gras

  • 0

Die gedagte aan ’n glibberige slang se byt gedurende ’n grysblou agtermiddag in die Karoo is geen grap nie. Dit laat jou met ’n naar kol op die maag. Boonop voel jy asof jy aangeval is met ’n skerp byl wat vir ure lank in jou breinselle ingegraveer is.

Hierdie angswekkende gedagte laat jou voet in die hoek sit. Verlede maand verlaat ek die KKNK op Oudtshoorn so asof die duiwel agter my is. Ek jaag oor die verlate en uitgestrekte vertes van die Karoo.

Verby heuwels en berghange, oor vlaktes die verlate en pragtige gedeeltes van die streek binne. Soos ’n vlakhaas voor ’n windhond hardloop ek sonder stop. Met wilde diere wat in alle rigtings teen die hange op laat spat en in slote in.

’n Ligte reëntjie maak sy verskyning duskant Willowmore en die stilte van die uitgestrek-verlate Karoovlaktes word stadig uitgedoof. Die gesuis van die reëndruppels was alomteenwoordig.

Die gedagte aan ’n rinkhals, pofadder, kobra of boomslang se dodelike byt wou egter nie verdwyn nie. Trouens, my gedagte aan slange se natuurlike habitat het kleintjies gekry.

Die boksgeveg op die teerpad tussen twee slange net voor De Rust het die nare gedagte weer laat opvlam. Ek kon nie mooi sien watter tipe dit was nie. Miskien was dit Kaapse kobras, geelslange, pofadders, rinkhalse?

Die storie wat die nare gedagte voorafgegaan het, vertel van die gevare vir jong Xhosa-mans wat “bos toe gaan” nadat hulle besny is.

Ons word nie net gekonfronteer met die gevare van inisiasie-praktyke nie, maar ook met die gevare wat slange vir hierdie jong mans tydens hul verblyf in die bos inhou.

’n Maand gelede hoor ek geskok van ’n jong man wat in die Thornhill-omgewing in die bos was. Dit was ’n mistige oggend en hy het pas opgestaan in sy hut van takke en blare. Hy was besig om sy skoenveters vas te maak, toe hy opkyk, reg in die oë van ’n slang op een van die takke. Vir skok of skreeu was daar nie tyd nie. Die slang slaan blitsvinnig toe. Gelukkig ruk die jong man sy kop net betyds weg, en die boomslang verdwyn in die digte bosse nadat sy poging onsuksesvol was.

’n Jaar voor dié voorval was ’n ander besnyde jong man in dieselfde omgewing nie so gelukkig nie. ’n Boomslang het hom van agter gepik. Uit onkunde het hy na die naaste huisies in die omgewing begin hardloop. Hy is ure later dood aangetref.

Wees egter gewaarsku: slange is nie meer net tot die bos beperk nie. ’n Studie het onlangs gewys dat residensiële ontwikkelings die natuurlike habitat van slange versteur. Voorvalle van slange wat in woonbuurte opgemerk word, neem toe. In die afgelope twee jaar het dit landwyd met 28% toegeneem.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het mense gewaarsku om twee keer te dink voordat hulle ’n slang as troeteldier aanskaf. Daar is nie iets soos ’n mak reptiel nie, veral nie slange nie.

So, ’n slang op jou stoep of grasperk kan binnekort ’n algemene gesig word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top