Jako Bezuidenhout

Jako Bezuidenhout is ’n Afrikaanse Suid-Afrikaner wat daagliks gedwee, soms verleë, soms wroegend, maar hoofsaaklik met trots, sy geërfde historiese bagasie met hom saamdra. Hy het pas sy doktorale proefskrif in geskiedenis by die Rhodes-universiteit ingedien. Hy was tot onlangs aan die Geskiedenisdepartement daar verbonde en is tans ’n vryskutnavorser.

Nou in die verlede: ’n Viering van die menslike gees oor swaarkry – Vic Clapham en die Comrades-marathon

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-06-05

"Die Comrades-marathon van 2020 is gekanselleer. Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog is hierdie moordende ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg, die oudste en waarskynlik een van die moeilikste ultramarathons ter wêreld, afgelas."

Nou in die verlede: Gedenk Kerkstraat, 20 Mei 1983

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-05-22

"Vandeesweek gedenk ons een van die dodelikste terreuraanvalle op Suid-Afrikaanse bodem."

Nou in die verlede: Die dag toe Adolf Eichmann, "die verpersoonliking van die banaliteit van boosheid", gevange geneem is

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-05-14

"Hierdie week gedenk ons die waaghalsige operasie om een van die wêreld se mees berugte en glibberigste oorlogmisdadigers vas te trek."

Nou in die verlede: die Foxstraatbeleg

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-05-07

"45 jaar gelede was Foxstraat die middelpunt van waarskynlik een van die mees bisarre gyselaardramas in die geskiedenis van Suid-Afrika."

Nou in die verlede: Die menslikheidsfaktor van die Pretoria-lugramp van 1968

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-04-24

"Tot vandag toe was dit die tweede grootste lugramp in die Suid-Afrikaanse burgerlugvaartgeskiedenis. Hierdie is die tragiese verhaal van daardie rampspoedige vlug 52 jaar gelede."

Nou in die verlede: "Mislukking is nie ’n opsie nie" – Apollo 13, 50 jaar later

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-04-16

"Hierdie week 50 jaar gelede het NASA ’n ongekende krisis in die gesig gestaar wat van hulle ’n bykans onmoontlike taak vereis het: om drie ruimtevaarders wat in die ruimte vasgevang was, veilig na die aarde terug te bring. Hierdie week gedenk ons die Apollo 13-sending na die maan."

Nou in die verlede: Die dag toe David Pratt Suid-Afrika se eerste minister geskiet het

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-04-15

"Sestig jaar gelede, op Saterdag 9 April 1960, het die 51-jarige boer en sakeman David Beresford Pratt by die jaarlikse Randse Paasskou te Milnerpark, Johannesburg opgedaag ... Hy was daar om die sogenaamde argitek van apartheid Suid-Afrika, Hendrik Frensch Verwoerd, te skiet."

Nou in die verlede: Die duistere oorsprong van Aprilgekkedag

Jako Bezuidenhout Menings 2020-04-01

"Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die liggelowige onnoselheid van baie mense deur poetse en doelbewuste valse inligting getoets word. Maar hoeveel mense weet en verstaan waar die tradisie van 1 April se manewales vandaan kom?"

Nou in die verlede: Die tragiese verhaal van “Typhoid Mary” (Mary Mallon)

Jako Bezuidenhout Menings 2020-03-25

"In hierdie tyd waarin die wêreld vasgevang is in ’n greep van paniek na aanleiding van die koronaviruspandemie, mag dit die mensdom baat om ag te slaan op die waarskuwingsboodskappe uit verhale uit die verlede, toe valse berigte en die daaropvolgende paniek meer skade aangerig het as enige siekte ooit sou kon vermag het."

Nou in die verlede: Die referendum wat ’n einde gemaak het aan apartheid

Jako Bezuidenhout Menings 2020-03-16

"'Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ’n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?' (Suid-Afrikaanse referendum, 17 Maart 1992). So lui die vraag wat op 17 Maart 1992 aan die uitsluitlik wit kiesers gestel is."

Nou in die verlede: Slagtersnek, Bophuthatswana en wit oppermagtigheid

Jako Bezuidenhout Seminare en essays 2020-03-11

"Hierdie week gedenk ons twee tragiese gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, naamlik die teregstelling van lede van die Slagtersnekrebellie van 1815, en die teregstelling van drie lede van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) deur ’n polisieman van Bophuthatswana in 1994."

Nou in die verlede: Rhodesië, Zimbabwe en "die verkeerde kant van die geskiedenis"

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-03-06

"In hierdie week word twee geskiedkundige gebeurtenisse in Zimbabwe in herinnering geroep: die 50ste herdenking van Rhodesië wat haarself eensydig tot ’n republiek verklaar het, en die 40ste herdenking van die ZANU-PF van Robert Mugabe se oorwinning in die eerste inklusiewe algemene verkiesing in daardie land."

Nou in die verlede: Die “wonderwerk op ys”

Jako Bezuidenhout Menings 2020-02-26

"Veertig jaar gelede het een van die grootste sportskokke in die geskiedenis voor die wêreld afgespeel toe ’n totaal onervare amateur-mansyshokkiespan van die VSA die ervare sg Dream team van die Sowjetunie gedurende die Olimpiese Winterspele in Lake Placid, New York, geklop het."

Nou in die verlede: Gedenk die “Groot Moord”

Jako Bezuidenhout Menings 2020-02-19

"Om ware versoening moontlik te maak, sal die ANC en hulle ondersteuners ook verantwoordelikheid moet aanvaar en boete doen vir hulle sondes van die verlede, nie net teen wit mense nie, maar ook teen ander Suid-Afrikaners."

 

Nou in die verlede: Die verborge oorsprong van Nelson Mandela se Long walk to freedom

Jako Bezuidenhout Seminare en essays 2020-02-11

"Presies 30 jaar gelede was die wêreld se oë, saam met dié van die meeste Suid-Afrikaners, gerig op die hekke van die Victor Verster-gevangenis (nou die Drakenstein Korrektiewe Sentrum) net buite die Paarl in die Wes-Kaap."

Top