d’moond’sipp’lsdrek
2013-06-28 aysh, Mens, Krisis, jaar-’p-jaar, annus horribilis,Millennium Drie toe glattie vir papsaksissies nie,
Mens oorhoops, m’t Duiw’lspiek-Self-d’struksie,
’sof struktuurg’weldskade nu nie klaa’ g’noeg is
triomf
2013-06-27 suggestie: lat Biebouw toe ’n Afrikan’r was,“umBhulu”, tuisg’kweekt’“Boer”, etno-ras,
’t nog’l’p Skelmbosse Braak, eie oef’nt’rrein,
l’t “Bossieman”-g’vaar binn’lands s’l b’daar
v’n hoop g’stroop
2013-06-26 “Duiw’lspiek”-b’heptheid, suiw’r illusie, “ras”-, “klas”-ideologie,Boek-kenn’rs, m’t’l neo-outo-semi-para-kwasi-pseudo-teologie,
ignoreer opnuut lied vannie armes, struktuurg’weldscrescendo,
poog liefs, ytie kollig t’bly, nie aanleid’ng t’gee, virre innuendo
so naby, so ver
2013-06-25 sed’rt b’gin v’n millennium, Millennium Drie Mens,ultra-ewolusionêr, Aardl’ng, Homo Sapiens Sapiens,
onn’rgaat voortdur’nd, kontinu, g’dragsv’rann’r’ng,
dryf al verre weg, v’n Uitkoms, G’wete-herwinn’ng
lat Agang’l gang gaan
2013-06-24 swartb’wussynsikoonslew’nsmaat’s op pad,moeg v’r post-’94-RDP-NDR-AGISA-papsak,
moraliteit v’n bosvegt’r, têr, vol apartheid,
benadeelde sien als nog vogg’ns ras, kleur
v’r dié wie wil weet
2013-06-21 fontein v’n kennis vloei flou’r, kanti, stroom nog,al verskaf snykant-tegnologie juis ann’r dimensie,
v’rskil opinies, re Self-d’struksie-inplof-potensie,
v’rband tuss’n struktuurg’weld, staat-v’n-oorlog
punt is
2013-06-20 aysh, Biebouw, Skelmbosse ou, yt Afrika,lat inkomm’r nu sy identiteitsetiket dra,
neo-lib’raal, m’t “ras”, “klas”, min g’pla,
plaasbaas, mossie v’r grondroof g’vra
onvry
2013-06-19 Millennium Drie Mens in “Duiw’lspiek”-b’klemdheid,baie duid’l’k v’rtroud, m’t suiw’rpuur onv’rtroudheid,
herdefinieer, v’n “ras”, “klas”, doer yt oer-apartheid,
sonn’r ’n idee, re Idee, Millennium Drie, dis krisistyd
v’rsek’r
2013-06-18 g’lank Mens linguïsties, semanties, idees transformeer,b’tek’nisvol, para-poëties, struktureel, storie oordra,
bly sy ultra-vitaal, dié taal, medium, hierso, yt Afrika,
lat moed’rtaalsprek’r haar glattie wil ’f kán ontbeer
zamazama-pleidooi
2013-06-14 was’k ma’ “Boesman”, San, oer-indigeen,ver innie ou Kaalhari, sonn’r grot, skuil’ng,
sou’k, Self, op papsak-sjamaanskap steun,
sonn’r oorwinn’ng, of G’wete-oorwinn’ng
virre vale
2013-06-14 onskuld, skuld, twee pole,aysh, glattie om’t ewe,Millennium Drie Mens leer, re Lewe Twee Lewe,
nie altyd vorie handligg’nd, sup’r-eksakt’ g’gewe,
nie vi’ dié, wie na “Duiw’lspiek”-erbarm’ng strewe
Welg’leg’n
2013-06-12 slaafkwartier’s prakties, oppie regte plek g’bou,regonn’r kombuis, v’r vuur-anie-gang-kry, gou,
soms kô haal Baas, Kleinbaas, ook sjy stukkie,
vra, post-koïtaal, so wrintag nogge drukkie
Afrika-instrument
2013-06-11 elk taal dra in haar iets spesifieks etiek,elk medium’s ’n spieël, vannie politiek,
hoedanig meerd’rheid (soos in sprek’r),
’t v’n trots laat oorloop, taalliefd’sbek’r
post-V’n Riebeeck-g’doente
2013-06-10 totte “spesiale soort” neo-blues v’rdoem,neo-lib’raal, tragi-komies, nogal “neo-”,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
o, G’nade
2013-06-07 ’s of als b’kend, v’rtroud, toet’ntaal in dui’ stort,Millennium Drie Sap-Sap, misvormd, v’rword,
g’wete-v’rlies v’rgete, versus Vad’rs Bet’rwete,
hoor Mens uit porta-loo-ghetto, allie angskrete
