onvry

  • 0

Millennium Drie Mens in “Duiw’lspiek”-b’klemdheid,
baie duid’l’k v’rtroud, m’t suiw’rpuur onv’rtroudheid,
herdefinieer, v’n “ras”, “klas”, doer yt oer-apartheid,
sonn’r ’n idee, re Idee, Millennium Drie, dis krisistyd

ontkenn’ngskunde, struktuurg’weld, Self-d’struksie, aysh,
daagl’ks daar nogge spesies kapoet, iew’rs innie Paradys,
Homo Sapiens Sapiens inne grotesk’ Self-b’drogsoorlog,
o G’nade, allie skade, o Allah, Jirretjie, as U Blief tog

kapitaalslaaf buit Ann’r yt, wil net presteer,
deur Self-sug, gier, lis, magslus, g’motiveer,
altoos bes’g, submissiwiteit aan sjatan t’b’ly

via G’wete-herwinn’ng kan Mens Mens Self spiritueel innoveer,
’t aan een-’n-amm’l, wêr’ldwyd, globaal, proklameer, deklareer,
sonn’r g’loof’s g’n g’low’ge, op dees Aard, ooit b’vry, óf vry

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top