v’r dié wie wil weet

  • 0

fontein v’n kennis vloei flou’r, kanti, stroom nog,
al verskaf snykant-tegnologie juis ann’r dimensie,
v’rskil opinies, re Self-d’struksie-inplof-potensie,
v’rband tuss’n struktuurg’weld, staat-v’n-oorlog

vra Millennium Drie Sapiens, apaties, so min vrae,
is Google werkl’kwaar so doeltreff’nd, betroubaar,
kan rassis, klassis, eie ideologie wet’nskapl’k v’klaar,
waarheid nes ou piramide, fundamenteel, sov’l lae

moraliteitsvlakte, G’wete-woest’rny, oral chaos,
wil Mens nu ma’ nettie “Duiw’lspiek”-g’mors los,
gat’t Mens, so wrintiewaar, Lewe Twee Lewe kos,
post mortem: pyn, hartseer, aysh, wroeg-’n-leed

Paradys, Utopia, Nirvana, Xanadu, o ja, Jena,
Storie memeties-histories, v’r dié wie wéét

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top