zamazama-pleidooi

  • 0

was’k ma’ “Boesman”, San, oer-indigeen,
ver innie ou Kaalhari, sonn’r grot, skuil’ng,
sou’k, Self, op papsak-sjamaanskap steun,
sonn’r oorwinn’ng, of G’wete-oorwinn’ng

was’k ma’ ’n “Boer”, “Slams”, “Kwere, “Sapiens”,
inkomm’r, Ekonomie Drie strategies leegg’bloei,
Afrikaan deur Afrikaan v’rdelg, v’rkrag, uitg’roei,
gees-herder respekloos, re Naaste, mede-Mens

sou’k, defnislis, Self yt Self-d’struksie b’vry,
losmaak, gat kyk waa’ presies vryheid bly,
hoekom, waaroor, Skeps’l, Aardl’ng so stry,
hoe lank gat Mens “Duiw’lspiek” v’rmy?

vra’k, kanala, nette tweede kans, o All’r-Opp’r,
mos nimm’r ’n Gatjieponn’r, nog minn’r Dopp’r

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top