Afrika-instrument

  • 0

elk taal dra in haar iets spesifieks etiek,
elk medium’s ’n spieël, vannie politiek,
hoedanig meerd’rheid (soos in sprek’r),
’t v’n trots laat oorloop, taalliefd’sbek’r

Afrikaans, sed’rt ontstaantyd ultra-k’tools-kreools,
kombuistaal, soos Koos Kombuis’t mos lankal b’wys,
kreatief-kreasionisties, in beide Moslem-, Kris-g’bied,
sing ied’r taal in Hiernademaals haar heel unieke lied

yebo, Afrikaans ’n “sy”, yt ’n vrou se lyf,
vrede-, g’regtigheidsvlag staat stokstyf,
meerd’rheid t’ignoreer, ’s er’gr’s skinn’r,
nasiebou, transformasie, deur’t v’rhinn’r

indien Afrikaans nie Afrika-taal is, moet sy t’rug,
saam’t allie sup’rrykes, -lafaards, land-uit vlug

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top