post-V’n Riebeeck-g’doente

  • 0

totte “spesiale soort” neo-blues v’rdoem,
neo-lib’raal, tragi-komies, nogal “neo-”,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
onvolwaard’g, onvolprese, ont’vrede,
sonn’r vrede’p Aarde, offe Lewe Twee,
als vroeër standvast’g, nu net meegee,
Mens Mens Self, mede-Mens, Naaste,
net so, Mens, v’rdoem, orals net oorlog,
doef-doef, aysh, zie-e-e-e-ng, ka-boem!

hoe kan Mens rus, m’t Naaste so uitg’lew’r,
Gitmo-baai-oorlogsaanjaer so op’nl’k v’reer,
Liewe Heer, wat’t v’n Kaap se “Hoop” g’word,
was’t rêrig so “Goed” soos inkomm’r b’weer,
selfs Wit Huis nu onn’r “Duiw’lspiek”-b’heer?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top