’s of als b’kend, v’rtroud, toet’ntaal in dui’ stort,
Millennium Drie Sap-Sap, misvormd, v’rword,
g’wete-v’rlies v’rgete, versus Vad’rs Bet’rwete,
hoor Mens uit porta-loo-ghetto, allie angskrete
Eerste Mens steeds, na allie eeue, heel laaste, aysh,
g’n v’rbet’r’ng, in regskondisie, waard’gheidstatus,
gat kapitaalslaaf net mall’r mal, meer kranksinn’g,
tot op’nbar’ng, v’n Self-d’struksie, glattie g’will’g
lei’rskap, g’veinsd, onapologetisch, sup’rkosmetisch,
asof hul nie nette naam op een of anne partylys was,
hoogdraw’nd, re sosio-ekonomisch profijt, v’n “ras”,
en “klas”, “Bet’r lewe v’r ammal”, so ultra-patetisch
slat Skepp’r als grusaam, g’wet’nloos, tjoepstil gade,
hoop dié, in wie “imbekho” is, imm’rs op Sy G’nade
Jacobus Faasen

