v’n hoop g’stroop

  • 0

“Duiw’lspiek”-b’heptheid, suiw’r illusie, “ras”-, “klas”-ideologie,
Boek-kenn’rs, m’t’l neo-outo-semi-para-kwasi-pseudo-teologie,
ignoreer opnuut lied vannie armes, struktuurg’weldscrescendo,
poog liefs, ytie kollig t’bly, nie aanleid’ng t’gee, virre innuendo

Wikileaks-truuks, staatsg’heimsmokk’lry, dagligduid’l’k, alsb’halw’ Grieks,
legkaart stuk-v’r-stuk ineeng’pas, omni-korruptheidstrieks, onopg’fieks,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, mampara, Self, Naaste, v’rraai,
oning’lig oor mart’laarsg’spart’l (rogg’l’ng), sel sewe, Guantanamobaai

hoog bo Moed’rstad, waar ikoon so majestieus op sjy troon woon,
g’lowiges’l Self, doodg’woon v’rskoon, in skadu v’n aartsdemoon,
onkund’-ontkenn’r, Narcissus-nar, wyd-’n-syd b’kint as “umNtu”,
onspiritueel, onkonstitusioneel, zero mensl’kheid, g’n “ubuNtu”

kapitaalslaaf traai, kordaat, m’t krisis-oploss’ng t’koop t’loop,
helaas, kisboud-submissief, v’n letste bietjie hoop g’stroop

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top