swartb’wussynsikoonslew’nsmaat’s op pad,
moeg v’r post-’94-RDP-NDR-AGISA-papsak,
moraliteit v’n bosvegt’r, têr, vol apartheid,
benadeelde sien als nog vogg’ns ras, kleur
kanti, erg’rs Viss’rshok, toil’tvuil, buit’ b’heer,
Millennium Drie Krisis end-uit ’n nuwe stryd,
o tyd, onkund’-ontkenn’r, wil net trek, pak,
eie heil by “Duiw’lspiek”, d’struktief, yt rat
demokrasie, eintl’k oor welb’hae, reg, voorspoed,
min bloed, oppie horison ’n hoopskyns’l, ’n gloed,
al gattittie aldag m’t almal altyd ewe goed goed,
t’erg skeef, ong’lyk, g’lykheidsgrafiek, speelveld
bly Rohlihlahla, ong’eerd profeet, téén VSA-g’weld,
ikonies-ironies, soveel pasifiste se oud-MK-held
Jacobus Faasen

