Kannemeyer: onvergelyklike leermeester en gulhartige mentor
2012-01-06 Die bydrae van John Kannemeyer (1939-2011) tot die Afrikaanse letterkunde kan kwalik oorskat word. Inteendeel, sy bydrae bly steeds die belangrikste verwysingsbron vir enige literatuurnavorser. Ek wil graag aan hom hulde bring as onvergelyklike leermeester en gulhartige mentor.
