Afrikaners in hulle huise vasgevang? – Johan du Plooy

  • 0

Beste Johan

Dankie vir jou response op my skrywe “Lywe in die vakansieson”.

Jy skryf: “Die Suid-Afrikaners het dalk maar gewigsprobleme, maar kan jy hulle blameer. Hulle is feitlik vasgevang in hulle huise. Dit is mos soos tronke daar by julle.”

Die gemiddelde middeljarige Afrikaner het gewigsprobleme as gevolg van sy eetgewoontes vir die afgelope 370 jaar. Hy wil eenvoudig nie van sy vet vleise afsien nie. Die gemiddelde middeljarige Suid-Afrikaanse Engelsman het ’n lenige lyf vir dieselfde redes (karige eetpatroon) sedert sy aankoms in 1820 in dieselfde land. Dit het niks te doen met die politieke situasie hier in SA nie. Met die teregstelling ten tye van Slagtersnek van Afrikaners, het die toue gebreek juis as gevolg van die manne se gewig wat die toue nie kon hanteer as voorbeeld nie. Die verskil tussen die oorgewig pionier Afrikaner van die eerste 250 jaar en die van die afgelope 70 jaar is dat eersgenoemde was sterk en fris gebou weens harde arbeid en harde lewe, teenoor laasgenoemde sedantiese Afrikaner wat net soveel geëet het met baie minder hande-arbeid en fisiese inspanning. Die Suid-Afrikaanse Engelsman was merendeels nie boer nie en het stedelike werk gedoen wat sy karige eetgewoontes dienooreenkomstig beïnvloed het.

Met my besoeke aan Engeland is dit vir my opvallend hoe min vet mense jy daar teekom. Met ’n besoek aan Putneybrug in Bath het ek en my vriend ’n soustannie met ’n maer mannetjie die koffiekroeg sien binnekom. Ek het destyds vir my vriend nog gefluister dat die vrou moet nou net Afrikaans praat, en wrintigwaar toe gebeur dit, waarop ons altwee geskaterlag het. In teenstelling met ons besoek aan die VSA was dit opvallend hoeveel vet mense (Engelssprekendes) daar is. Met die jongste Nuwejaars TV-nuus is gewys waar Amerikaners in ’n yskoue rivier vir liefdadigheid gaan swem het. Omtrent 80% van hulle was ooglopend soos walvisse lelik oorgewig.

Tot en met die afgelope 20 jaar, was middeljarige swartes kenmerklik lelik oorgewig, in die stede ook. Dit is asof die hele stedelike swart bevolking die afgelope 20 jaar ’n kulturele gedaanteverwisseling ondergaan het. Hulle eetgewoontes het drasties verander. Hulle het verkies om die Engelsman se eetpatroon na te aap. Kyk net na vandag se gemiddelde stedelike mooi lenige middeljarige geslag as bewys. Op die platteland kry jy nog steeds die gemiddelde vet en oorgewig swarte.

Met betrekking tot jou onvanpaste politiese gegeurde kommentaar. Suid-Afrika was en bly vir blankes gevaarlik sedert 1652, selfs vroeër, vir die verbygaande seevaarders wat die land aangedurf het. Suid-Afrika was en bly steeds vir swartes en ander rasse ewe gevaarlik sedert hulle oorsprong op die vasteland. Beide blank en swart en ander rasse in hul eie afsonderlike hoedanigheid het geleer hoe om in Afrika te oorlewe. Die Boesman en hottentot het nie omrede hulle nie die middele tot oorlewing gehad het wat die ander rasse gehad het nie.

Jy “brag” oor die vreedsame lewe in Nieu-Seeland TANS. Ek voorsien in die toekoms oproer en wrywing tussen blank en die al hoe meer toenemende getal Asiërs in die Nieu-Seeland van die toekoms. Ek is optimisties dat teen daardie tyd is ons ras en politiese probleme hier in Suid-Afrika uitgesorteer, met die verskil dat die Afrikaner en die Afrikaanse taal nog hier springlewendig sal wees, wat nie die geval met julle “Afrikaners” in Nieu-Seeland sal wees nie.

So moenie te gou praat nie.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top