Die outehuis- en weeshuisfiasko

  • 0

Werklikwaar. Dis hoog tyd dat hierdie karikatuur van ’n staatspresident vervang word. Hy ken beslis nie sy “job” nie. As dit nie die stortpetalje was nie, dan is dit sy mislukte pogings tot internasionale erkenning as middelaar, viz a viz die Gadafie fiasko; sy hooghartige en onkonstitusionele aanstelling van regter-president wat ge-boemerang het; die Heath aanstelling waar daar “ge-backpedal” was, en nou sy opmerkings dat voor die Weste se invloed op die inboorling gegeld het, was daar Utopia. Geen ouetehuise en geen weeshuise nie. Daar was net “umbuntu”. Toe hy sien sy uitlatings lok nie die gewenste “hoor! hoor!” onder sy volgelinge uit nie, probeer hy weer “backpedal”. Aai, ja-nee. Kan net kop skud.

Hopelik met die Bloemfonteinse kongres kies die ANC ’n meer “ingeligte” leier wat eer aan die amp van staatspresident sal uitbeeld, en terselfde tyd sy “job” beter ken. Nie ’n internasionale verleentheid soos tans nie.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top