Lywe in die vakansieson

  • 0

Jaco

Ek bly in Nieu-Seeland, en alhoewel dit nou nie juis my stokperdjie is om na ander mense se lywe te kyk nie, kan ek jou verseker dat al die ouer Afrikaners wat hier bly, baie mooi na hulself kyk. Die mense is oor die algemeen baie gesondheidsbewus. Ek weet nie of dit net is omdat ons Afrikaners aanpas by die Nieu-Seelanders se manier van dinge doen nie, maar al die Afrikaners wat ek hier ken draf, gym en eet gesond.

Die Suid-Afrikaners het dalk maar gewigsprobleme, maar kan jy hulle blameer. Hulle is feitlik vasgevang in hulle huise. Dit is mos soos tronke daar by julle. Hier is ons vry om te stap, draf en rond te beweeg, en het ons nie die stres om te bekommer dat ons aangeval gaan word nie. Jy moet sien wat hierdie vryhede aan die Afrikanerlywe doen!

Johan du Plooy

  • 0

Lywe in die vakansieson

  • 0

Ek kuier lekker in Amanzimtoti. Lieflike weer, heerlike see om in te swem en baljaar, maar die beste is wat vir die oog beskore is.

Die pragtige jong lywe! Op die strand kry jy meerendeels die pragtige jong Afrikanerlywe, in teenstelling met die gestrande walvislywe van die ouer geslag. Jy kry pa en seun langs mekaar. Die seun ’n Adonis met ’n oogrekkende bultende swembroek, pa met pens wat as voorskoot vir sy geslagsdele dien en wat agteroor leuen om balans met die swaar boepens te handhaaf. Die pragtige jong Afrikanervroue in bikinis, in teenstelling met die gedimpelde boude, herkouende koeie, wat se kieste sonder ophou aan die beweeg is, van hulle moeders.

Op straat kry jy die Engelsman. Die jong man ’n “nerd” en jong vrou ’n maer platbors voorkoms. Die ouer geslag, in teenstelling met die Afrikaner, mooi gebou en “gegroom”. Jy sien ouer mense draf; vinnig stap, fietsry. Die plaaslike fietsklub is goed ondersteun met ’n gemiddelde ouderdom in die 50’s. In die plaaslike “pubs” tref jy hoofsaaklik die afgetrede ouer geslag (Engels). Jy sien geen vet mense nie.

Afrikaners lewer van die mooiste jong mense ter wêreld, maar skiet ver tekort met betrekking tot die ouer geslag.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top