Beste Wouter
Dit wil vir my voorkom dat jy dit reggekry het om ’n klompie vyande hier op die Net te gemaak het as gevolg van jou skryfstyl tot enige vak onder bespreking.
Jou benadering tot enige betrokke onderwerp kom vir my voor, kalm, klinies analities, met betroubare bron verwysings en aanhalings om jou standpunte te staaf. Jou aanvallers (detractors) huldig ’n onwrikbare standpunt, en indien nie met logiese teevoeters dit kan regkry om jou te kan uitoorlê nie, ressorteer hulle hul tot “banaliteit”, skelname, histerie, en vervloekings (dit laat my aan ons oorlê Judge Dredd dink in sy “redenasies” met myself).
Indien daar tot debat oorgegaan word, sal of een van die betrokke partye die oorhand kry, of indien tot ’n dooie punt uitloop, (altwee ewe sterk argumente vorendag gebring het) elkeen grootmoedig genoeg te wees om te erken dat elkeen ’n punt beet het waaroor vriendelik verskil word en die onderwerp net daar tot ruste laat kom, sodat dit nie in ’n eentonige en oneindige sirkel-debat ontaard nie.
Byvoorbeed: Ek onderskryf (onwrikbaar) die doodstraf vir sekere misdade reeds in ’n vorige skrywe genoem. Jy in teendeel is teen die doodstraf gekant. Ek weet dat daar minder argumente ter stawing van die doodstraf is as vir lewenslange tronkstraf is. Nieteenstaande. Indien tot ’n referendum oorgegaan word, weet ek, sal ek ten gunste vir die doodstraf stem. Wat sê dit. My hart, eerder as my kop het die oorhand gekry. Nou om te stry en te skel om my sentiment op ander af te dwing, maak nie die saak reg nie. (In hierdie geval, weens ’n gebrek aan ’n beter woord, verkies ek om “verkeerd” te wees.)
Meeste SêNet-skrywers maak positiewe en interessante bydraes wat ek persoonlik baie geniet om te lees, alhoewel ek ook van baie se menings en standpunte sal verskil. Daar was van hulle wat dit selfs reggekry het om my van sekere standpunte deur myself voorheen gehuldig, te laat verander het as gevolg van oorweldigende argumente vorendag gebring, mense wat ek nie self direk in skrif betrokke was nie, maar in hulle redenasies met ander wat ek hier op SêNet gelees het.
Dan kry jy ongelukkig diegene wat na my mening net ’n “nuisance value- bydrae lewer, wat in die donker met ’n haelgeweer orals rondskiet in die hoop dat van die korrels iets gaan tref in sy vrees vir die onbekende. Hier dink ek in die besonder aan ons “hippie” ter plaatse.
Die profiel wat ek in hierdie selfverklaarde en afgeleefde “hippie” lees is iemand wat vingeralleen in die Karroo met sy budgie of te wel “klienvoël” in ’n huggie leef, met ’n teleskoop op die naaste dorp gerig om te sien wat daar aangaan. Erens op die erf het hy ’n motorfiets (of is dit ’n Vespa?) waaroor hy al kranig oor geskryf het. Hy se hy is “straight” maar toon geen gevoel of liefde vir vroue nie (gewoonlik ’n aanduiding van impotensie!). Hy sweer hy rook nie dagga nie maar verhemel die waardes en gebruike van Cannabis. Die feit dat hy so onsamehangend en onlogies oor omtrent enige onderwerp skryf kan miskien te wyte wees juis aan sy verknogtheid aan die waardes en gebruike van Cannabis soos hy al voorheen in detail vir ons omskrywe het. Vir hom om afbrekende kommentaar oor jou bydraes te lewer, is vir my soos Malema wat sy gebrekkige kennis oor die aandele beurs als gesaghebbend probeer voorgee.
Wouter. Ander hier op die Net mag van jou verskil, maar indien hulle eerlik is kan hulle nie anders as om toe te gee dat jy opreg en eerlik in jou benadering is nie. Doe so voort.
Jaco Fourie

