Suid-Afrika het nog nie so erg soos van die Suid-Amerikaanse state geword nie, waar dwelmbase die de facto heersers van groot gedeeltes van die land geword het, en wat selfs “no go zones” vir polisie en troepe geword het, en wat die onderskeie regerings, veral Brasilië; Meksiko; en Columbië nie kan beheer nie.
In hulle onderlinge stryd teen mekaar om die plaaslike mark te beheer, aarsel die dwelmbase nie om van die mees gruweldadigste marteling teen die mensdom op hulle slagoffer toe te pas nie. Van die metodes wat gebruik word is kastrasie; kettingsaag onthoofdings; lewendig die kop en skedel heeltemal te ontvlies; lewendig lyfvel af te slag; ens maar in alle gevalle die slagoffer uiteindelik te onthoof, en die koppe in die strate te strooi as waarskuwing vir ander. Jaarlikse syfers beloop in die 30 000. Bronne? Die internet is vrot daarvan, met foto’s en DVD’s in detail. Geeneen van hierdie lande pas die doodstraf toe nie. Rehabiliteerbaar? Remissie (terugvalling) syfers na tronkstraf en vrylating toon internasionaal minuskule verbetering.
Gedeeltes van die Kaapse vlaktes is al meer as 20 jaar onder sekere dwelmbaas se skrikbewing, met die gebruik van “gangs” om hulle skrikbewind te verskans. Dieselfde geskied in sekere buurtes in Johannesburg. Een reaksie daartoe sowat 20 jaar gelede op die Kaapse vlaktes was die totstandkoming van PAGAD wat tot “lynch mob”-teregstellings van dwelmhandelaars oorgegaan het met die berugte “Steggie” (kan nie die spelling onthou nie) -geval, waar die man lewendig aan die brand gesteek was. Polisie optrede selfs vandag kom vrugteloos voor.
Die internasionale dwelmbedryf sal heelwaarskynlik nooit uitgeroei kan word nie, maar dit is wel opvallend dat die Oosterse en Middel-Oosterse lande wat die doodstraf as afskrikmiddel vir dwelms toepas ’n heelwat minder incident van dwelm handel in hulle lande ondervind.
Ek persoonlik beskou die dwelmhandel as halsmisdaad nr 1.
Jaco Fourie


Kommentaar
Ek stem saam met jou. Die ding is net, wat doen die gewone man op straat om die verspreiding van dwelms te verhoed. As daar 'n vraag is, is daar mos 'n aanbod. Dalk moet daar ook gefokus word op die verbruikers van dwelms, ten einde die aanbod in te perk? As mense nie dwelms gebruik nie, is daar mos geen rede hoekom hierdie dwelmbase in die land hoef te wees nie.
jy het een van twee keuses: wettig dit en reguleer dit, of maak dit 'n halsmisdaad. as jy dit wettig kan jy dit reguleer (logies slegs tot 'n sekere mate) en jy raak van die druglords ontslae. as jy dit onwettig maak moet jy die wet toepas. punt is, die wette word doodgewoon nie toegepas nie en sal ook nooit. reguleer dit dus (verkoop dit in apteke en spreekkamers of klinieke bv) en dan kan die staat btw daarop hef, die kweker se inkomste is belasbaar en jy WEET wie die gebruiker is. 'n groot deel van die misterie van vele dwelms is die onwettigheid daaraan verbonde.
die staat maak in elk geval reeds baie geld uit die wettige verkoop van vele dwelms. alkohol en sigarette is twee voorbeelde.
Waar in die wêreld is daar goeie voorbeeld wat dwelms en/of prostitusie wettig is? As die wet teen onwettige dwelmhandel nie toegepas word nie, wie gaan die volk beskerm teen bedwelmdes se gevaarlike gedrag? Is 'n gerookte donder nie wilder as 'n gesuipte papsak nie?
Ek stem saam wettig dit. Die grootste dryf agter dwelms is geld. Vat die geld weg en die bedryf val plat. Mense kan dit by apteke koop of self maak. As dit niks werd is nie, sal niemand dit maak nie. Al die bendes sal verdwyn want hulle het nie meer geld nie. Meeste mense word gedwing om dit te gebruik om daar aan gehook te raak en dan begin diefstal en prostitusie om geld te kry vir hul dwelms. Jy sal altyd mense kry wat goed misbruik soos drank, as jy jou self wil op f*** gaan jy dit doen of dit wettig is of nie. Dit is so maklik om dwelms in die hande te kry jy kan dit net so wel by 'n apteek koop vir die prys van Panados.
Ek stem saam met oester en Gerrit; wettig dwelms. Die bestaansrede vir baie bendes het verdwyn destyds toe die wet teen alkohol geskrap is. Indien dit nooit daar was nie het ons dalk nooit van Al Capone gehoor nie (aan die ander kant nou weer, ook dalk nooit van Kennedy nie).
Die groot probleem met die wettiging van dwelms is dat baie mense sonder inkomste gaan wees; daar is byvoorbeeld gemeenskappe waar die hele stat afhanklik is vir die kweek en verkoop van dagga. Dit is 'n groter probleem as wat mens sou dink.