Oorreageer ek dalk?
2026-03-03"Daar is organisasies wat baie graag in Suid-Afrika sulke wette sou wou implementeer. Dit sal klein begin met wetgewing soortgelyk aan dit wat nou in Kansas van krag is. Dan brei dit uit en voor jy jou oë uitvee, leef jy in Gilead."
Trick or treat? Besinnings oor Halloween-histerie
2025-10-28"Die vrees vir Halloween het ook saam met die kultuurinvloed gekom uit Amerika. Gruwelfilms en die invloed van Amerikaanse predikers het nie Halloween noodwendig die beste reputasie gegee nie."
’n Dag vol hoop en liefde
2025-10-27"'Gaan jy iets vir LitNet skryf oor die troue?' 'Nee. Waarom?' 'Want jou ouers ondersteun jou onvoorwaardelik?'"
Hoe om die antigenderbewegings teen te werk
2025-08-28"Om hierdie tipe kritiese geletterdheid te ontwikkel, kan beskryf word as ’n inokulasieproses. Jy wys jou boodskap en dan die opponent se boodskap. Jy demonstreer hoe die opponent se boodskap onwaar of misleidend is en wys op die agenda én die agente agter die skerms."
’n Resensie van Hoofseun deur Tollie Parton
2025-07-21"Wat beteken dit om queer en Afrikaans te wees? Verskil ons werklik so baie van mekaar? En hoe het die hoofseun hoofmeisie geword?"
Wanneer Kanada die wêreld regeer
2025-03-28"Nou is daar iemand in die Withuis wat Amerikaanse demokrasie van binne af gaan uitwis. Wie sal dan poliesman speel waar Amerika dit histories gedoen het?"
Vertel, suster, vertel
2025-02-27"'Vertel, suster. Vertel.'
'Ek sal jou vertel sodra die storie klaar is.'"
PATHSA se verklaring oor transgender jongmense: Wat beteken dit vir die gewone mens?
2024-11-19"Daar is groot teenstand wat sekere groepe bied teen enige transgenderkwessies. Soveel so dat sommige lede van PATHSA of hul families, asook ander partye wat sorg gee aan transgender jongmense, gedreig is deur sekere anti-transgroepe."
Heartstopper seisoen 3 is ’n treffer: ’n kykersindruk
2024-10-17"’n Vriend van my het op ’n dag Heartstopper daarvan beskuldig dat dit soetsappig is. Ek sien eintlik niks fout daarmee nie. Ek dink ons het almal heeltemal genoeg gehad van die tragiese gay karakter wat nooit meer kry as ’n moontlikheid aan die einde van die film of reeks nie."
Will and Harper – ’n kykersindruk
2024-09-30"Jan Alleman ontdek dat Steele eintlik ’n doodnormale mens is soos ons almal. Ek dink wel omdat Farrell is wie hy is, sal die film meer aandag geniet as ander soortgelyke produksies."
Die Olimpiese Spele, feminisme en sumo
2024-07-29"Mens moet wonder wat sou kon gebeur as daar plakkate van Landman of ander vrouesportsterre in meisies se slaapkamers pryk. Dalk sou daar op ’n dag genoeg vroue op motorfietse wees om dit na die Spele toe te bring of selfs dalk ’n vrou wat aan Formule 1-wedrenne deelneem."
Stadig met die sjerrie
2024-05-31"Die ironie is die regses wat so gekant is teen my en my mense se bestaan, wil kamma hierdie gesin of familie beskerm teen die 'bose transgenders'."
Hoe om pa’s te word: gay mans en surrogaatskap
2024-03-12"Die besluit om ’n kind die wêreld in te bring is dus nie een wat sommer net uit die bloute gekom het nie. Dit is goed beplan, goed befonds en ook goed nagevors."
Moenie ’n troeteldier vir Kersfees koop nie
2023-11-13"Aangesien die feesseisoen nie te ver is nie, wil ek ook mooi vra: Moenie ’n dier koop as ’n geskenk nie. As jy regtig ’n dier moet koop as ’n geskenk, maak seker dis ’n teddiebeer of gemaak van sjokolade, nie vlees en bloed nie."
Laat my mense speel!
2023-08-17"Dit lyk my nou dat skaak die volgende slagveld is vir transgender mense. Transgender vroue mag nie teen cisgender vroue speel in FIDE-toernooie nie."

