Francois le Vaillant, die safari as ’n spirituele jagtog
2022-12-05"Aanhangers van Rousseau se filosofie was van mening dat die Europese samelewing tot ’n groot mate gekorrupteer was, dat die mens van nature 'goed' is (in teenstelling met sommige Christelike interpretasies) en veral dat die jeug met onnodige aangeleerde gedrag gekorrupteer word."
Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl
2022-11-21"Die oorwegende indruk wat ek van hierdie boek het, is dat dit ’n interessante onderwerp is wat op ’n boeiende manier verpak is. Deur die gebruik van briewe word die onderwerp op ’n toeganklike manier vir ’n leser aangebied."
History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk
2022-10-17"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag op geslag se goedkoop arbeid."
Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk
2022-09-06"Daarteenoor het die eenvoudige daad van die deel van ervaringe in die vorm van verhale besondere potensiaal en krag, omdat dit mens so onder die indruk bring van die feit dat jy nie alleen is in jou gewaarwordinge nie. Dat daar mense voor jou was wat presies kon verwoord wat jy dalk self nie geweet het hoe om dit te verwoord nie."
Noodsaaklik: Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief, ’n lesersindruk
2022-08-24"Alhoewel Die slegte nuus van die evangelie nie ’n boek vol aardskuddende nuwe bevindinge is nie, is dit volgens my wel ’n belangrike en noodsaaklike boek."
Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond
2022-07-21"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."
Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2022-07-14"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."
Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
2022-05-31"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."
As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n lesersindruk
2022-05-16"Dit is die soort boek dié wat nuwe wêrelde vir die leser ontsluit, en mens laat uitsien na wat nog alles in die verskiet lê vir die Afrikaanse verhaalkuns."
Rise deur Siya Kolisi en Boris Starling: ’n lesersindruk
2022-04-26"Die laaste woord oor hierdie inspirerende en legendariese rugbyheld is Rise egter nog lank nie. Alle rugby-oë sal spoedig wees op die 2023-Wêreldbeker, wat beloof om ’n verwoede stryd af te gee."
Die ompad terug deur Helena Hugo, ’n lesersindruk
2022-04-13"In haar gemoed is Janine nou verdeeld tussen drie mans: Greg, die pa van haar drie dogters; Bennie Kowalski, wat haar skoolliefde is en wat die hoop koester op Janine se terugkeer na die Weskus; en dan Werner Hougaard, die stinkryk sakeman vir wie geld geen probleem in die lewe is nie, maar wat getroud is."
In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2022-03-23"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."
Antoinette sê ... deur Antoinette Pienaar: ’n lesersindruk
2022-03-08"Mense wat gereeld na Radio Sonder Grense (RSG) luister, het waarskynlik al gehoor van “die kruietannie”. Gewoonlik is jy in jou kar, in die middel van die kruipende stadsverkeer met die radio aan, besig om te probeer jaag van punt A na punt B. Die volgende oomblik word jy meegesleur na die eenvoudige(r) lewe op Theefontein."
Tao van wakker word – spirituele gids tot innerlike ontwaking deur Abel Pienaar: ’n lesersindruk
2022-02-08"Ons vrese, ons illusies oor wie ons is, oor wat kan wees of kon gewees het – dit is nie wie ons werklik is nie. Maar daardie besef moet eers tot ons deurdring en dan kan ons bewustelik daarvan wegstap. Met Tao van wakker word verskaf Pienaar vir die leser ’n praktiese model van presies hoe om dit te doen."
Mission of malice: My exodus from KwaSizabantu deur Erika Bornman: ’n lesersindruk
2022-02-03"Die boek strek egter ook veel verder as die skrywer se persoonlike ervaringe en dokumenteer onder meer haar pogings om die beweerde menseregtevergrype by die sendingstasie aan te spreek. In die proses is daar getuienisse versamel, en voormalige inwoners getuig ook van ander skokkende beweringe, soos maagdelikheidstoetsing waaraan van die Zoeloesprekende jongmense onderwerp was, asook aanrandings."

