Barend van der Merwe

Barend van der Merwe spandeer sy kinderjare in Christiana in Noordwes, waar hy in 2003 aan die Gekombineerde Skool Christiana matrikuleer. Hy studeer BA (Taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat en behaal ook die grade BA Hons (Geskiedenis) in 2009 en MA (Geskiedenis) in 2011. Hy studeer verder aan Unisa en voltooi nagraadse sertifikate in onderwys (2014) en Argief- en Rekordbestuur (2016). In 2012 begin hy as internargivaris by die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek werk. In 2015 en 2016 werk hy by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbonneagentskap in Kaapstad as erfenispraktisyn verantwoordelik vir erfenisvoorwerpe. Gedurende 2016 tot 2019 werk hy by die Noord-Kaapse Provinsiale Argief in Kimberley as provinsiale rekordbestuurder. In November 2019 begin hy by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se institusionele argief werk. In 2021 begin hy met ’n honneursgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by UWK, wat hy in 2022 voltooi. Hy het al saam met ander navorsers vyf akademiese artikels gepubliseer oor onderwerpe wat wissel van die geskiedenis van die NG Kerk, Qwaqwa en die beskerming van twee getekende kopieë van die Vryheidsmanifes.

Aan Anderson Cooper: Insake die verslag oor Afrikaners

Barend van der Merwe SêNet-briewe 2026-02-27

"Ongelukkig laat die uitbeelding van die Afrikaners in die verslag egter veel te wense oor, en vind ek dit ietwat stereotiperend. Let asseblief daarop dat die oorgrote meerderheid Afrikaners stedelinge is."

Meneer die President, dis die laaste jare van jou termyn

Barend van der Merwe SêNet-briewe 2026-02-12

"Ek glo u party het oor die jare veel meer vermag as waarvoor hulle dikwels krediet kry. Veel meer mense het vandag toegang tot water, elektrisiteit, skole, klinieke en ander basiese dienste as ooit in die geskiedenis. Maar sukses skep verwagtinge ..."

Die tyd van Verwoerd deur Louis Bothma: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2026-02-10

"Daar word egter eintlik maar min oor Verwoerd self in die boek geskryf, en waar daar wel detail opgeneem is, word die besonderhede uiters opsommend weergegee."

Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-10-28

"Soos met die meeste dinge, beteken rugby verskillende dinge vir verskillende mense."

One small step deur Paul Sinton-Hewitt: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-09-03

"Die impak van Parkrun kan nie onderskat word nie. Getuienis op getuienis spreek daarvan. In sy pogings om finansiering te bekom, het Sinton-Hewitt Parkrun bemark as die ekwivalent van ’n kleuterskool, maar vir hardlopers."

Ecce deus! deur Johan Retief: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-06-09

"Met sy argumente skort daar niks, maar sover die kritiek teen godsdiens gaan, is die inhoud van hierdie boek nie genuanseerd nie, en gevolglik ook nie besonder interessant nie. Ecce deus! sal eerder as ’n besondere basiese en inleidende kritiese oordeel tot godsdiens beskryf kan word."

The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-05-26

"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."

Memoires

Barend van der Merwe Poësie 2025-04-24

"In my blik: ’n murasie,
deur die stilte verteer.
Elke spoor is ’n stasie
wat met tyd sal verweer."

Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-19

"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."

Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-12

"Capitec se toetrede tot die wêreld van die Suid-Afrikaanse bankwese sou uiteindelik die ander kommersiële banke dwing om hulle eie benaderinge drasties te hersien, of om al meer uit te sak en besigheid te verloor."

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2025-01-20

"Omdat godsdiens bepaalde psigologiese en kulturele dimensies het, sal die kerk nie verdwyn nie. Gemeenskappe is verknog aan tradisie, maar weens die ontploffing in kennis sal die kerk se historiese meesternarratief van sondeval-verlossing-eindoordeel waarskynlik toenemend herverpak word."

Waar die doringbome sing deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-12-23

"Trilogieë, of dit nou in die vorm van boeke of films is, eindig nie altyd goed nie. In die geval van Parker se Laeveld-reeks sal enige mens wat die eerste boek geniet het, waarskynlik by die hele reeks aanklank vind."

The spirit of leadership by Reuel J Khoza, a review

Barend van der Merwe Books and writers 2024-11-05

"This is a deeply religious book, but it is so much more than that. Khoza reflects on a wide range of topics, such as the Atlantic slave trade, missionaries in Africa, the 1976 Soweto riots, Steve Biko and the Black Consciousness Movement, the South African transition to democracy, and leaders such as King Moshoeshoe, Thabo Mbeki and Nelson Mandela."

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-10-17

"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."

Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review

Barend van der Merwe Books and writers 2024-10-15

"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."

Top