
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg as koel en welberedeneerde versameling, ’n lesersindruk
2025-01-20"Omdat godsdiens bepaalde psigologiese en kulturele dimensies het, sal die kerk nie verdwyn nie. Gemeenskappe is verknog aan tradisie, maar weens die ontploffing in kennis sal die kerk se historiese meesternarratief van sondeval-verlossing-eindoordeel waarskynlik toenemend herverpak word."

Waar die doringbome sing deur Elize Parker: ’n lesersindruk
2024-12-23"Trilogieë, of dit nou in die vorm van boeke of films is, eindig nie altyd goed nie. In die geval van Parker se Laeveld-reeks sal enige mens wat die eerste boek geniet het, waarskynlik by die hele reeks aanklank vind."

The spirit of leadership by Reuel J Khoza, a review
2024-11-05"This is a deeply religious book, but it is so much more than that. Khoza reflects on a wide range of topics, such as the Atlantic slave trade, missionaries in Africa, the 1976 Soweto riots, Steve Biko and the Black Consciousness Movement, the South African transition to democracy, and leaders such as King Moshoeshoe, Thabo Mbeki and Nelson Mandela."

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk
2024-10-17"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."

Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review
2024-10-15"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."

“God die Ondersteuner lewe”: ’n lesersindruk van Christina Landman: ’n lewe
2024-05-15"Ná baie jare in die akademie is Landman egter eindelik op 18 November 2006 as predikant in die VGK gelegitimeer en is uiteindelik op 18 Mei 2008 in die amp bevestig ná ’n beroep na die gemeente Dullstroom."

Vertellings uit die vergetelheid deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk
2024-01-16"Schoeman skryf sy perspektief op Bophuthatswana gedagtig aan Suid-Afrika se politiek van 2024, en is duidelik besig met ’n herevaluasie van Bophuthatswana."

Toegepaste taalkunde in Afrikaans met redakteurs WAM Carstens en TJ van Dyk: ’n lesersindruk
2023-11-27"Ek meen nie dat Toegepaste taalkunde in Afrikaans die soort boek is wat ’n mens juis wil saamneem see toe na ’n lang, harde jaar nie. Tog behoort die lees daarvan vir enige persoon wat lief is vir taal, ’n verrykende oefening te wees."

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
2023-11-16"Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word."

Wanneer skaduwees kantel deur Elize Parker: ’n lesersindruk
2023-11-01"Die verhaal speel af in die Laeveld met die drie niggies Lenore, Tarien en Bella se wedervaringe wat sentreer rondom die plaas Bateleur waar die tragedie van ’n skietongeluk van jare gelede by die familie bly spook en patriargoupa Tjaart van der Walt vanuit die graf steeds sy gewig laat geld."

Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk
2023-10-06"Alhoewel Meer as jou seerkry op die oog af ’n bietjie teenstrydig en onsamehangend mag voorkom, kan ’n mens die gevolgtrekking maak dat die boek verskillende modelle bied waarmee lesers kan werk wat tot verskillende behoeftes sal spreek."

Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk
2023-09-20"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."

Elders gesien: Die 1933-Bybelvertaling is 90 jaar oud
2023-08-28"Die Bybel in Afrikaans is 90 jaar oud. Voor die verskyning van die Afrikaanse Bybel, moes Moses en Abraham Nederlandse Bybels gebruik. Wat moeilik lees."

Omkoopbaarheid en ons demokrasie, ’n lesersindruk van Our poisoned land deur Jacques Pauw
2023-08-23"Hoe koalisies in die nasionale lekgotla gaan uitspeel in die toekoms, is ’n saak waaroor ’n mens nog maar slegs kan bespiegel op die stadium, maar indien die munisipaliteite enige aanduiding is, dan moet ons onsself dalk gereedmaak vir onstuimige vaarwaters."

Museum Times: Changing histories in South Africa deur Leslie Witz: ’n lesersindruk
2023-06-22"Tog is museums juis plekke wat sentraal staan in die hervorming van die presiese maniere waarop mense oor die verlede dink. Anders gestel, museums bewaar die verlede, maar ontwrig ook gedurig mense se persepsies van die verlede."