Aan Anderson Cooper: Insake die verslag oor Afrikaners

  • 0

Geagte Anderson Cooper

Ek het met belangstelling die onlangse verslag oor Afrikaners, soos deur jou aangebied, gekyk. Baie dankie vir die kort maar goed nagevorste verslag. In breë trekke is die gevolgtrekkings waartoe daar gekom word, heel akkuraat.

Ongelukkig laat die uitbeelding van die Afrikaners in die verslag egter veel te wense oor, en vind ek dit ietwat stereotiperend. Let asseblief daarop dat die oorgrote meerderheid Afrikaners stedelinge is. Die Afrikaners het reeds in die eerste helfte van die 20ste eeu verstedelik, en dit is doodnormaal om ’n Afrikaner in ’n sportnutsvoertuig in die tou by ’n McDonald's “drive thru” te sien. Hierdie stedelike Afrikaners vorm die meerderheid van alle Afrikaners, en hulle het hulle eie politieke uitdaginge, vraagstukke en behoeftes, wat nie in alle opsigte ooreenstem met dié van Afrikaners in die landbou in plattelandse gebiede nie.

Ek hoop julle het darem tyd gehad vir ’n lekker stuk biltong tydens die besoek.

Groete

Barend van der Merwe

Kaapstad

Lees ook:

Wat wil jy vir Anderson Cooper sê oor die Afrikaner?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top