
Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: ’n lesersindruk
2021-09-06"Die krag van die verse in Soe rond ommie bos is veral gesetel in die tematiek, wat oorloop van die woede en frustrasie van ’n jong generasie wat nie meer tevrede is met enige reënboognasieretoriek nie."

Onthou my deur Helena Hugo: ’n lesersindruk
2021-08-23"Wat veral opvallend is, is hoe die boek daarin slaag om iets van die kultuur van die kleindorpie vas te vang – ’n kultuur wat stadig maar seker aan die verbygaan is soos wat die karakter van baie dorpies verander en die wêreld al meer geglobaliseer raak."

Moet ons waai? Om te emigreer of nie, saamgestel deur Alet Law – ’n lesersindruk
2021-08-18"Dit is ’n interessante versameling van bydraers en daar is beslis geen oorhoofse argument vir of teen emigrasie aanwesig nie. Die boek bepleit eerder verdraagsaamheid van verskillende opinies."

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk
2021-07-26"Om met ’n kritiese oog na die Bybel te kyk, maar ook om die historiese skat van antieke verhale daarin te kan ken, en te kan herwaardeer, is die twee grootste gedagtes wat Bybelstories in perspektief opnuut by my laat."

Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler: ’n lesersindruk
2021-07-13"Arendsvlerke vir Siebert word beskryf as ’n 'verhaal van genesing en hoop'. Ek kan dit beaam en dit is heel prikkelende leesstof."

Waar kom ons vandaan? Van die begin van die heelal tot vandag deur Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht en Marleen Visser: ’n lesersindruk
2021-07-07"Dit gaan hier oor ons spesie, homo sapien sapien, en sommer oor al die ander spesies ook. Die ganse fauna en flora."

Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck: ’n lesersindruk
2021-06-21"Alles in ag genome kan ek nou verstaan hoekom die boek so gewild is."

Drie dekades van verandering – die NG Kerk se pad van verruiming deur Neels Jackson: ’n lesersindruk
2021-06-15"Die kerk het wel baie bagasie afgeskud, maar die verlede gooi steeds ’n groot omstrede skadu op die kerk, en laat ’n mens maar met baie vrae oor God; vrae wat nie in dié boek aangespreek word nie."

Leef lig – vyf gewoontes van die Vroeë Kerk en wat dit vir ons vandag beteken deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk
2021-06-15"Tien uit tien vir Leef lig deur Jaco Strydom. Ek lees graag wat hy skryf, al deel ek nie sy godsdiens en geloof nie. Want oor so baie van wat hy skryf kan mens net sê wow! Hier is ’n stem wat sê wat gesê moet word!"

The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph by Emmanuel Taban – reader impression
2021-05-27"The boy who never gave up is a book that I could not put down. Apart from being the story of a teenager’s epic journey through Africa, it is also an inspiring book, a book of hope. I would not at all be surprised to see the story of this famous doctor one day being turned into a film."

Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk
2021-05-20"Die ongemaklike onderwerp van emigrasie is ’n goeie onderwerp om boeke oor te skryf. ’n Onderwerp wat sekerlik nooit uitgeput sal kan raak nie."

Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver: ’n lesersindruk
2021-05-05"Dat die skedels van diere wat miljoene jare gelede gelewe het, tot vandag toe nog in die natuur behoue gebly het, is uit eie reg ’n wonder. ’n Wonder soos die lewe self."

God Is daar ’n ander antwoord? deur Ben du Toit: ’n lesersindruk
2021-05-03"Ben du Toit se argumente is deeglik. Hy skram nie weg van die moeilike vrae nie. Daarby is hy ook ’n deurwinterde teoloog en kerkman wat waarskynlik nog boekdele sou kon skryf oor die werkinge en die intriges van kerksake."

All rise: A judicial memoir by Dikgang Moseneke – reader impression
2021-04-15"Very few books that I have read in my life have been so eloquently composed as this one."

The lie of 1652: A decolonized history of land deur Patric Tariq Mellet – ’n lesersindruk
2021-03-25"Om die verlede sinvol te verpak, en om redelike breë konsensus te verkry oor hoekom ons die verlede bestudeer, is die twee grootste uitdagings van die historikus. Sonder om die filosofie deeglik deur te trap, skaar ek my in hoofsaak by die uitgangspunt dat dit die taak is van die historikus om die verlede te verduidelik en te verklaar."