Barend van der Merwe

Barend van der Merwe spandeer sy kinderjare in Christiana in Noordwes, waar hy in 2003 aan die Gekombineerde Skool Christiana matrikuleer. Hy studeer BA (Taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat en behaal ook die grade BA Hons (Geskiedenis) in 2009 en MA (Geskiedenis) in 2011. Hy studeer verder aan Unisa en voltooi nagraadse sertifikate in onderwys (2014) en Argief- en Rekordbestuur (2016). In 2012 begin hy as internargivaris by die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek werk. In 2015 en 2016 werk hy by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbonneagentskap in Kaapstad as erfenispraktisyn verantwoordelik vir erfenisvoorwerpe. Gedurende 2016 tot 2019 werk hy by die Noord-Kaapse Provinsiale Argief in Kimberley as provinsiale rekordbestuurder. In November 2019 begin hy by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se institusionele argief werk. In 2021 begin hy met ’n honneursgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by UWK, wat hy in 2022 voltooi. Hy het al saam met ander navorsers vyf akademiese artikels gepubliseer oor onderwerpe wat wissel van die geskiedenis van die NG Kerk, Qwaqwa en die beskerming van twee getekende kopieë van die Vryheidsmanifes.

Buigbreek deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-01-24

"Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes en die storms van die lewe."

Sol T Plaatje: A life in letters – edited by Brian Willan and Sabata-mpho Mokae

Barend van der Merwe Books and writers 2021-11-26

"Sol T Plaatje: A life in letters provides an important glimpse into the life of Plaatje, his ideas, his relationships and the world in which he lived. Another important feature of note in the book is the index, which is critically important and will greatly ease the task of future researchers."

Stil vloei die Komati deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-11-17

"Die storie bly regdeur vloeiend en mens raak nooit verveeld nie – dit is wat die boek so ’n aangename ervaring maak."

Future tense – reflections on my troubled land by Tony Leon: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-10-25

"This concludes what was for me a quite enjoyable book, one which is an important addition to the literature on South African politics, and of which the main subject of importance is Leon’s exposé of the internal DA politics."

Palaces of stone: Uncovering ancient southern African kingdoms by Mike Main & Tom Huffman: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-10-18

"It is important for us to learn as much as we can of these long-forgotten societies – how they were organised and what happened to them before Africa was divided up by colonial powers into its present form."

Dik dun thick thin deur Nataniël: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-10-04

"Van die verhale in die boek is, soos dikwels die geval is in Nataniël se skryfwerk, gewoon meesterlik geskryf, soos net hy kan."

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-09-30

"Die boek is so geskryf dat dit eenvoudig ’n plesier is om te lees. Gestroop van ingewikkelde woorde en konsepte en teorieë. Onpretensieus."

The whistle blowers by Mandy Wiener: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-09-08

"If you wish to destroy the life you know, expose some corrupt activities."

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-09-06

"Die krag van die verse in Soe rond ommie bos is veral gesetel in die tematiek, wat oorloop van die woede en frustrasie van ’n jong generasie wat nie meer tevrede is met enige reënboognasieretoriek nie."

Onthou my deur Helena Hugo: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-08-23

"Wat veral opvallend is, is hoe die boek daarin slaag om iets van die kultuur van die kleindorpie vas te vang – ’n kultuur wat stadig maar seker aan die verbygaan is soos wat die karakter van baie dorpies verander en die wêreld al meer geglobaliseer raak."

Moet ons waai? Om te emigreer of nie, saamgestel deur Alet Law – ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-08-18

"Dit is ’n interessante versameling van bydraers en daar is beslis geen oorhoofse argument vir of teen emigrasie aanwesig nie. Die boek bepleit eerder verdraagsaamheid van verskillende opinies."

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-07-26

"Om met ’n kritiese oog na die Bybel te kyk, maar ook om die historiese skat van antieke verhale daarin te kan ken, en te kan herwaardeer, is die twee grootste gedagtes wat Bybelstories in perspektief opnuut by my laat."

Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-07-13

"Arendsvlerke vir Siebert word beskryf as ’n 'verhaal van genesing en hoop'. Ek kan dit beaam en dit is heel prikkelende leesstof."

Waar kom ons vandaan? Van die begin van die heelal tot vandag deur Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht en Marleen Visser: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-07-07

"Dit gaan hier oor ons spesie, homo sapien sapien, en sommer oor al die ander spesies ook. Die ganse fauna en flora."

Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-06-21

"Alles in ag genome kan ek nou verstaan hoekom die boek so gewild is."

Top