Titel: Mission of malice: My exodus from KwaSizabantu
Outeur: Erika Bornman
ISBN: 9781776096237
Uitgewer: Penguin
Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.
Suid-Afrika (en die res van die mensdom) het ’n baie ou en groeiende probleem van reaksionêre godsdienste wat sukkel om tred te hou met ’n wêreld wat bykans onherroeplik voortsnel. Menige kerksekte hou byvoorbeeld graag praatjies en seminare oor die teologie se perspektief op genderrolle in die samelewing. Hierdie perspektiewe is amper reg deur die bank heteronormatief en patriargaal van aard, en stereotipeer graag mense. Heilige boeke, ook buite die Christelike geloof, erken tipies net twee genders, terwyl die biologiese wetenskappe lankal nie meer oor gender of seksualiteit in binêre terme redeneer nie. Ook seksuele oriëntasie is eerder ’n spektrum in plaas van iets so eenvoudig soos wit en swart, reg en verkeerd. Daar is veel meer te sê oor die mens se psige as die eenvoudige kort en afgeronde en mooi verpakte antwoorde wat tradisioneel aan mense aangebied was saam met moedersmelk en tydens Sondagskool. Maar denominasies redekawel en gemeentes doleer, families en vriende vermy mekaar en groet mekaar nie meer nie, en kerke voer ’n verbete en ietwat futiele stryd om vrede in die kraal te handhaaf.
.........
Van bykans al hierdie probleme, en nog baie meer omstrede beweringe, kan mens te lese kry in Erika Bornman se boek Mission of malice. In die geval van Bornman wentel die vertelling rondom die omstrede Kwasizabantu-sendingstasie in KwaZulu-Natal wat in 2020 die onderwerp sou word van ’n internasionaal bekroonde dokumentêr.
.............
Van bykans al hierdie probleme, en nog baie meer omstrede beweringe, kan mens te lese kry in Erika Bornman se boek Mission of malice. In die geval van Bornman wentel die vertelling rondom die omstrede Kwasizabantu-sendingstasie in KwaZulu-Natal wat in 2020 die onderwerp sou word van ’n internasionaal bekroonde dokumentêr.
Die boek dokumenteer Bornman se ervaringe van die sendingstasie, en is ’n uiters persoonlike vertelling. Sy begin haar verhaal in die apartheidsjare in die dorpie Worcester. Sy skets ’n gemiddelde gesin van vyf wat lidmate is van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk). Bornman het goeie herinneringe aan haar kleuterjare, maar die prentjie sou spoedig verander toe sy in 1979 op ouderdom agt saam met die gesin verhuis na Estcourt in Natal nadat ’n amptenaar van KwaSizabantu naby Worcester ’n praatjie lewer wat haar ouers oortuig om te verhuis.
In Estcourt is die gesin steeds lidmate van die NG Kerk, waar Bornman se onderwyservader as koster dien, maar hulle word al meer en meer betrokke by die werkinge van KwaSizabantu. Die sendingstasie is sowat 156 km ver van waar hulle woon, maar die gesin ry gereeld Sondae om na die dienste van die “supercharismatiese” en welsprekende stigter van die sending te luister. Uiteindelik sou die hele gesin weer verhuis en uiteindelik inwoners van die KwaSizabantu-sendingstasie word – eers Bornman se suster, en later die res van die gesin. Haar ouers is later na Frankryk om Frans te leer, met die oog op sendingwerk in Franssprekende Afrika, terwyl die kinders alleen op die sendingstasie agtergelaat is.
By KwaSizabantu, aldus Bornman, word mense, veral jongmense, se lewens streng gereguleer en hulle vryhede bykans volkome ingeperk. Daar is geen toegang tot media soos televisie, koerante en radio nie. Seuns en meisies mag nie sosiaal met mekaar verkeer nie. Inwoners word onderwerp aan daaglikse kerkdienste wat verpligtend is. Sonde, straf en die hel word na bewering gedurig oorbeklemtoon, en veral in verband gebring met seksualiteit en gender, waar vroue as ’n gevaar vir manlike moraliteit voorgehou word en as die oorsaak van gebroke huwelike geskets word. Die vrees vir die helse straf na die dood word ook glo ingedril deur middel van films wat aan die jongmense vertoon word. Daar is ook skynbaar ’n rangorde onder die inwoners, met sommige mense wat in weelde leef terwyl ander inwoners onder swaar omstandighede daar woon.
........
Die boek strek egter ook veel verder as die skrywer se persoonlike ervaringe en dokumenteer onder meer haar pogings om die beweerde menseregtevergrype by die sendingstasie aan te spreek. In die proses is daar getuienisse versamel, en voormalige inwoners getuig ook van ander skokkende beweringe, soos maagdelikheidstoetsing waaraan van die Zoeloesprekende jongmense onderwerp was, asook aanrandings. Volgens die boek is swart inwoners oor die algemeen aan baie meer mishandeling en trauma onderwerp as wit inwoners.
.............
Daar is ook van die jongmense verwag om gereeld oor enige sonde te bieg, en die boek dokumenteer ook die beweringe van seksuele teistering wat op die sendingstasie plaasgevind het. Bornman dokumenteer voorts die heengaan van haar vader, en nadat sy uiteindelik haar matriek voltooi het en van die sendingstasie af padgegee het, het sy en die res van haar gesin, met die uitsondering van haar broer, grootliks van mekaar vervreem geraak, en daar het onenigheid oor die rol van sendingstasie ontstaan. Die gesin sou mekaar op verskeie geleenthede egter wel konfronteer, onder meer in ’n episode van een van die televisieaanbieder Rian van Heerden se geselsprogramme.
Die boek strek egter ook veel verder as die skrywer se persoonlike ervaringe en dokumenteer onder meer haar pogings om die beweerde menseregtevergrype by die sendingstasie aan te spreek. In die proses is daar getuienisse versamel, en voormalige inwoners getuig ook van ander skokkende beweringe, soos maagdelikheidstoetsing waaraan van die Zoeloesprekende jongmense onderwerp was, asook aanrandings. Volgens die boek is swart inwoners oor die algemeen aan baie meer mishandeling en trauma onderwerp as wit inwoners.
Volgens Bornman is sy en haar moeder tot vandag toe vervreem.
Hierdie onmin wat godsdiens in families kan veroorsaak, is egter geensins uniek aan die KwaSizabantu-sendingstasie nie. In die NG Kerk is daar maar gereeld twiste. Soms was dit oor ernstige sake, soos die Groot Trek van die grensboere. Ander kere was dit oor onbenullighede soos watter liedere in eredienste gesing moet word en of die duiwel ’n stert het of nie. Die Belhar-belydenis, die Afrikaanse Protestantse Kerk, homoseksualiteit en die gesag van die Bybel is maar net sommige voorbeelde (daar is nog baie ander) van sake waaroor families en vriende soms so kan verskil dat hulle van mekaar vervreem word. Mission of malice is egter ’n boek wat vele ander skokkende en ontstellende beweringe maak.
Die boek is baie interessant geskryf en veral die kort hoofstukke maak dit besonder leesbaar. Die beweerde misdrywe by KwaSizabantu is oor die jare in verskeie vorme gedokumenteer, soos artikels in die media en dokumentere programme en nou ook in ’n boek. Daar was ook al minstens een amptelike ondersoek deur die owerhede. Tog was daar tot op hede nog geen amptelike skuldigbevindinge van enige aard gewees nie. Die omstredenheid is egter waarskynlik nog ver van afgehandel, en mens kan verwag om in die toekoms nog veel meer van die sendingstasie te hoor.
Lees ook:


