
Omkoopbaarheid en ons demokrasie, ’n lesersindruk van Our poisoned land deur Jacques Pauw
2023-08-23"Hoe koalisies in die nasionale lekgotla gaan uitspeel in die toekoms, is ’n saak waaroor ’n mens nog maar slegs kan bespiegel op die stadium, maar indien die munisipaliteite enige aanduiding is, dan moet ons onsself dalk gereedmaak vir onstuimige vaarwaters."

Museum Times: Changing histories in South Africa deur Leslie Witz: ’n lesersindruk
2023-06-22"Tog is museums juis plekke wat sentraal staan in die hervorming van die presiese maniere waarop mense oor die verlede dink. Anders gestel, museums bewaar die verlede, maar ontwrig ook gedurig mense se persepsies van die verlede."

’n Ahistoriese soeke na engele
2023-05-09"Engele is ouer as die Christendom. Lank voordat teoloë die triniteitsleer gekonsepsualiseer het, was stories oor engele al in die omloop."

Om by die KhoiSan te kan leer, ’n lesersindruk van First people deur Andrew Smith
2023-04-25"Elke nuwe generasie sal die geleentheid hê om met nuwe, verbeterde tegnologie en insigte te kan werk om sodoende meer ván, maar ook bý, die Khoisan te kan leer."

Boeiend en met deernis: The price of mercy deur Sean Davison, ’n lesersindruk
2023-03-09"’n Mens sal ’n fout maak om te dink dat hierdie onderwerp een is waarby jy geen belang het nie. Die mens se lewe kan in ’n oogwink verander na aanleiding van ’n motorongeluk, ’n diagnose, of wat ook al die geval mag wees. Dit is inderdaad wat met talle mense gebeur het wie se stories in hierdie boek gedokumenteer word."

Iets vir baas én Klaas: ’n lesersindruk van Impossible bosses
2023-02-23"Wat nogal verfrissend is, is dat daar in die boek op ’n heel genuanseerde manier na hierdie 'moeilike bestuurders' gekyk word. Die klem word gelê op die feit dat eienskappe nie noodwendig altyd inherent goed of sleg is nie. Alles word bepaal deur die situasie en konteks."

60 op 60 deur Clinton V du Plessis, ’n genuanseerde bundel
2023-02-06"Afrikaans en die Suid-Afrikaanse ervaring staan sentraal in Du Plessis se verse, maar agter al die dokumentasie van stories en karakters skuil daar ’n boodskap in Du Plessis se verse, ’n mens kan sê ’n metanarratief, wat spreek van die mens se ewige soeke na konneksie, sin, betekenis; in kort: stories."

Francois le Vaillant, die safari as ’n spirituele jagtog
2022-12-05"Aanhangers van Rousseau se filosofie was van mening dat die Europese samelewing tot ’n groot mate gekorrupteer was, dat die mens van nature 'goed' is (in teenstelling met sommige Christelike interpretasies) en veral dat die jeug met onnodige aangeleerde gedrag gekorrupteer word."

Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl
2022-11-21"Die oorwegende indruk wat ek van hierdie boek het, is dat dit ’n interessante onderwerp is wat op ’n boeiende manier verpak is. Deur die gebruik van briewe word die onderwerp op ’n toeganklike manier vir ’n leser aangebied."

History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk
2022-10-17"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag op geslag se goedkoop arbeid."

Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk
2022-09-06"Daarteenoor het die eenvoudige daad van die deel van ervaringe in die vorm van verhale besondere potensiaal en krag, omdat dit mens so onder die indruk bring van die feit dat jy nie alleen is in jou gewaarwordinge nie. Dat daar mense voor jou was wat presies kon verwoord wat jy dalk self nie geweet het hoe om dit te verwoord nie."

Noodsaaklik: Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief, ’n lesersindruk
2022-08-24"Alhoewel Die slegte nuus van die evangelie nie ’n boek vol aardskuddende nuwe bevindinge is nie, is dit volgens my wel ’n belangrike en noodsaaklike boek."

Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond
2022-07-21"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."

Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2022-07-14"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
2022-05-31"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."