Pasgelaai

Siembamba

Antoinette Venter Fiksie 2025-10-30

"Die diens is skaars verby of Mavis druk verby die tros adders by die kerkdeur. Sy het niks lus vir die gefluister om die teetafel waar hertzogkoekies en koeksisters die bitter waarheid moet versoet nie. Sy het haar belofte aan Sarina nagekom – sy was hier. Maar nou is dit tyd om die stof van Adderfontein van haar voete af te skud."

My oupa is ’n dik boek

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-10-30

Koos Kombuis neem vandeesmaand vier boeke onder oë. Drie van hulle is gemik op die lekkerleesmark. Die vierde is geskryf deur PC Schoonees, ’n skrywer, woordeboekmaker en letterkundige wat toevallig ook Koos Kombuis se oupa is.

Pareltjes uit Amsterdam: Koninklijk Paleis op de Dam

Johan Allers Leefstyl 2025-10-29

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy die Koninklijk Paleis op de Dam.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordtrofees-benoemings 2025 "van indrukwekkende gehalte"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2025 is bekend. Die wenners word op 13 November by ’n geleentheid in die Endlersaal op Stellenbosch vereer.

Wanneer appeltjies geskil word: ’n lesersindruk van Sidney Gilroy se Roulette

Gerda-Marié van Rooyen Lesersindrukke 2025-10-29

"Roulette het my spoedlees verbeter; ek het dit gulsig verslind."

New from Naledi: Don’t start… Buy! (e-book) by Jade W Blake

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-29

Don’t start… Buy! flips the script on entrepreneurship, offering a bold and practical alternative to the high-risk world of startups. With over 1 million businesses in South Africa set to change hands in the next decade, this book reveals how you can seize the opportunity to acquire an established, cash-flowing business and start earning from day one.

Nuut by Naledi: Uilvlug in die skemer deur Anton A van Niekerk

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-29

Idees is die bloedsomloop van beskaafde samelewing. Idees is daardie denkmiddele waarmee ons interpreterend probeer sin maak van die wêreld van ons ervaring. Anton van Niekerk, bekende filosoof van Stellenbosch, se rubrieke, wat in hierdie bundel versamel word, begelei sy lesers in sy eie volhardende soeke na sin, maar deins nie terug vir onkonvensionele en kontroversiële gesigspunte wat hy deurentyd aan die orde stel nie.

Nuut by Naledi: Opgeklim en weer gery deur Dirk van Zyl Smit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-29

Dirk van Zyl Smit bied vir die leser motivering en praktiese wenke oor die omkeer van ’n negatiewe situasie in ’n suksesverhaal. Deur positiewe denke, geloof en harde werk het hy dit reggekry om een keer meer op te staan as wat hy geval het. Sy lewe was een van afval en seerkry, maar opklim en weer ry.

Persverklaring: Wimpy kid help biblioteke

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-29

Sedert hulle ontstaan in 2010 het The Bookery meer as 98 skoolbiblioteke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng gestig en het hulle meer as 375 500 boeke landwyd versprei.

Dokkie vertel wie die ware Leon Schuster is

Maryke Roberts, Rian van Heerden, Leon Schuster Onderhoude 2025-10-29

"Leon Schuster is ’n nasionale skat en seker naas Madiba, oor generasies heen, die bekendste mens in Suid-Afrika," sê Rian van Heerden, vervaardiger van Schuster. Maryke Roberts gesels met hom en Leon Schuster oor dié kykNET-reeks.

NALN: Daar was al ’n brand hier

Wyno Simes LitNet25-skrywersberaad 2025-10-29

"Vandag is dié stelsel buite die gebou toegedraai. Die pype lek."

Die Lasarus-effek: CJ Langenhoven (1873–1932)

Jannie Pretorius LitNetKanaal op YouTube 2025-10-29

"Die beminde 'Sagmoedige Neelsie' was en is steeds volksbesit. Hoeveel plesier het sy priemende en gevatte spreuke my nie al verskaf nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ʼn indruk van Boklied – wat betieken "nie-verstaanbaar"?

Keith Oliver Lewis Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

"En eendag sal ek gan na my mammie se hophysie innie lug / twie taxi’s vat Wellington toe / om vi Breyten presies te sê / wat ek rerag dink van Boklied."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: In gesprek met Franco Prinsloo oor Miracle tree

Ilse Salzwedel, Franco Prinsloo Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

"Harmonie – dis enige koormeester se mikpunt. Plaas nou iemand soos die gevierde komponis Franco Prinsloo in beheer van ’n produksie, en jy beleef die ware krag van harmonie. Nie net in die musiek wat jy hoor nie, maar ook in die dans tussen die pragtige, uiteenlopende tale van ons land, soos hy weer met ’n nuwe produksie bewys."

Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp-skryfkompetisie: ’n onderhoud met Zelda Mans

Naomi Meyer, Zelda Mans Kinderboeke 2025-10-29

"Hulle – die kinders wat inskryf – moet die geleentheid gebruik om so kreatief moontlik te wees en dit net geniet. Die deelnemers moet ook probeer om binne die woordbeperking te bly."

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-10-29

Is jy in graad 5 en wonder jy wie is die drie susters op hierdie prent? In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen gaan jy kan lees oor die drie susters van Drie Susters in die Karoo. Die vraestel sal jou ook met nog meer stories en voorbeeldoefeninge vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal kan help voorberei. Voorspoed met die eksamen!

Gewildste plasings op LitNet: 22 tot 28 Oktober 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-10-29

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 22 tot 28 Oktober 2025.

Graad 4: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-10-29

Ons ry 468 km na ons vakansiebestemming. Die rit duur 6 uur. As jy in graad 4 is, wil jy dalk vra: Waarheen is ons op pad? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou eers help met die Wiskundesom (jy gaan moet uitwerk hoe ver het julle in 2 ure gery). As jy klaar eksamen geskryf het, kan jy lekker gaan vakansie hou. Laai die oefenvraestel en memorandum gratis hier af.

Trick or treat? Besinnings oor Halloween-histerie

Hermione le Roux-Ellis Menings 2025-10-28

"Die vrees vir Halloween het ook saam met die kultuurinvloed gekom uit Amerika. Gruwelfilms en die invloed van Amerikaanse predikers het nie Halloween noodwendig die beste reputasie gegee nie."

Pasverskyn: Alten akkedis se sewe sterte deur Riana Scheepers

LitNet Boeke en skrywers 2025-10-28

Alten, ’n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, vind homself in ’n tuin vol gevare. Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. ’n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap.

Top