Pasgelaai
Afrikaans: US-protesaksie vanaf 9 April
2021-03-31Protes en rollende massa-aksie wag op Wim. Freek Robinson praat met die geskiedkundige Hermann Giliomee en DAK-netwerk se Danie van Wyk.
Fresh off the press: The madhouse by TJ Benson
2021-03-31"In his exhilarating debut, TJ Benson conjures up a kaleidoscope of Nigeria. This is the extraordinary tale of five people bound by blood, each searching for a way through."
Persverklaring: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater
2021-03-31Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-produksies word beskryf as die "mooiste liefdesbrief aan die Karoo". Dié tweeluik – Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte – wat in Desember 2020 uitgestel moes word weens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie, is nou op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios, die tuiste van die kykNET-sepie Suidooster, se inryteater.
Persverklaring: Puik vermaak vir almal by die Suidoosterfees
2021-03-31Die Suidoosterfees doen sy slagspreuk, "’n Fees vir almal!" in 2021 gestand met ’n verskeidenheid produksies wat van 26 April tot 2 Mei by Artscape opgevoer word. Volgens Jana Hattingh, uitvoerende hoof, is dit vir die fees belangrik om steeds werksgeleenthede vir kunstenaars te bly skep, en om aan gehore ’n veilige teaterervaring te bring waar hulle die beste vermaak kan geniet. Omdat die fees saam met die skoolvakansie val, is daar opwindende kinderteaterproduksies en gesinsvermaak op die program.
Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Anoeschka von Meck
2021-03-31Theo Kemp het foto’s van die jongste Mondelings-geleentheid, ’n gesprek met Anoeschka von Meck, verskaf. Die fotograaf was Tania van Niekerk.
Persverklaring: Suidoosterfees bring ’n veilige, intieme teaterervaring
2021-03-31In die lig van dié uitdagings het die Suidoosterfees en NATi hande geneem en kan gehore hulle gereedmaak vir die opwindende NATi Teaterfees. ’n Verskeidenheid produksies word van 26 April tot 2 Mei by Artscape in Kaapstad op die planke gebring as deel van die Suidoosterfees se 2021-aanbod. Streng Covid-19-veiligheidsprotokolle is in plek en teatergangers kan produksies in ’n veilige omgewing geniet.
Vinkel en koljander: Die see het gegee, die see het geneem
2021-03-31"Vroegoggend vaar die boot uit diepsee toe. Dut-dut-dut ritmies oor die kruin van die brander, sak af in die trog, op na die kruin, af na die trog. Dis die oggendlied van die Arabiese See."
Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen: ’n onderhoud
2021-03-31"Die boek is vir die afwesige pa wat nog huiwer om huis toe te gaan, en dié wat baie tentatief betrokke is by hul kinders se opgroei. Diegene wat dalk papgeld betaal, maar nie emosioneel betrokke is of wil wees nie. Die boek is vir diegene in alle fasette van 'afwesigheid'. You name it. Menere, julle is potensiële bates."
Nomadland: ’n filmresensie
2021-03-31"Hier is dus ’n film wat met jou siel kommunikeer, ’n eensaamheidsfluistering wat jy hier binne intens maar persoonlik beleef, of een lang stuk verveling vir diegene op soek na ’n 'storie'."
Persverklaring: 2021 se UJ-pryse – wenners aangekondig
2021-03-31Die wenners van die 2021-UJ-debuutprys asook die 2021-UJ-prys is aangekondig nadat kortlyste vir albei pryse verlede week aangekondig is.
What is it that we fear?
2021-03-30"'Defend our democracy! Defend our Constitution!' These are the slogans of a new civil society campaign. After the Save South Africa and #ZumaMustFall campaigns, is this yet another single issue campaign – to free us of the Zuma legacy of state capture, cronyism, nepotism and corruption?"
Elders gesien: US-koshuis en slegs Engelse liedjies vir sêr
2021-03-30"In plaas daarvan moet sy eie Afrikaans-Nederlandsdepartement (en blykbaar die media) hom wys op ’n bestaande kultuur van mikroaggressie teenoor Afrikaanssprekende studente."
Skoon wasgoed: Om uit te gee of nie uit te gee nie
2021-03-30"In die ou dae kon jy die som maklik op die agterkant van ’n sigaretboksie maak of op die servet van die restaurant waar jy die skrywer onthaal agter wie se volgende boek jy aan is. Dit wil sê indien daar hoegenaamd somme gemaak is."
100 x Congo: Een eeuw Congolese kunst in Antwerpen
2021-03-30"De spraakmakende tentoonstelling 100 x Congo, het gelijknamige boek, de bezoekersgids, de flankerende educatieve activiteiten doorbreken de stilte rond de aartsmoeilijke, ethische discussies over restitutie en culturele toe-eigening. Zij doorbreken niet alleen de stilte maar creëren ook een praktijk van verdere dekolonisering op die terreinen waar de weg nog niet helemaal is afgelegd."
Kaaps is the future of Afrikaans
2021-03-30"If it wasn’t clear before, then it definitely is now: public debates about Afrikaans have never really been concerned with how we should plan, empower and increase the access and success of historically marginalised and racialised varieties of Afrikaans in institutions of power such as Stellenbosch University."
kykNET Fiëstas Awards: An interview with Terry Fortune
2021-03-30"I am overwhelmed, thrilled and delighted to be chosen out of a kaleidoscope of South African performers."
kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met De Klerk Oelofse
2021-03-30"Ek dink dis wonderlik dat kykNET deurgedruk het en tog die Fiëstas aangebied het vanjaar. Jy weet, ek kan nie onthou dat die President die afgelope jaar in enige van sy toesprake kunstenaars eers genoem het nie."
Paas-kerk in die tyd van Korona
2021-03-30"Verlede jaar was dit maar ’n droewe Paasfees. Ons was toe nog in die 21 dae van streng inperking, toe ons ons huise mag verlaat het net om kos te koop, of dokter of bank toe te gaan. Geen kerkdienste, geen grafte skoonmaak, geen massabyeenkomste nie. En alle aanduidings is dat daar hierdie week weer strenger maatreëls aangekondig gaan word net voor Paasfees."
US-taaldebat 2021: Die taalkwessie aan die Universiteit Stellenbosch
2021-03-29"Ek het ervaring van parallelmedium as leerder en as onderwyser. Dit is net eenvoudig aangrypend hoe leerders en studente wat in hul moedertaal onderrig ontvang, beter presteer as niemoedertaalstudente."
Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: boekbekendstellingsvideo
2021-03-29Veronique Jephtas se debuutdigbundel Soe rond ommie bos is die naweek in die Paarl bekendgestel. Remona Voges, Protea Boekhuis se bemarker, het met Veronique gesels. Gys Loubser was daar om namens LitNet ’n video van die geleentheid te neem.
