Pasgelaai
Persverklaring: Nzimande versoek om inheemse tale op ’n meer inklusiewe wyse te hanteer
2022-06-23"Blade Nzimande se belofte dat die taalbeleidsraamwerk vir hoëronderwysinstellings aangepas sal word om Afrikaans en die Khoi- en Santale as inheems te definieer, is ’n stap in die regte rigting maar verander min vir Afrikaans." So sê Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad (ATR).
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo
2022-06-23Bibi Slippers is die intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap. Vanaf 30 Junie gaan sy vir ’n maand lank as gas van LitNet en die Victoria Manor in Cradock se Tuishuise woon om ongesteurd aan haar nuwe digbundel te werk. Bibi gesels met Melt Myburgh oor dié salige vooruitsig.
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap
2022-06-23Vanaf 2022 word die Inwoonskrywerskap jaarliks deur LitNet en die Victoria Hotel en Tuishuise in Cradock aangebied. Tydens dié verblyf kan skrywers ’n maand lank sonder sorge in die Karoodorp tuisgaan om in relatiewe stilte en afsondering aan ’n skryfprojek te werk.
New from Deep South: Yellow shade by Dimakatso Sedite
2022-06-23Sedite’s poems are constructed from unpredictable images in a gritty language entirely her own.
Nuut by Deep South: Geruisloos, ongemerk deur Henali Kuit
2022-06-23Geruisloos, ongemerk is ’n aangrypende kortverhaalbundel wat stilisties tussen voorstedelike realisme en surrealisme wissel.
New from Deep South: The incredible beat of my heart by Henali Kuit
2022-06-23The incredible beat of my heart is a provocative collection of short prose, varying in style from suburban-realist to surrealist.
Nuut by LAPA: Die manjifieke ontwaking van Mel deur Jacolet van den Berg
2022-06-23Mel het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ’n ongevraagde toevoeging tot die gesin.
Pasverskyn: Terugblik 2 – Nog 80 sketse van ons geskiedenis deur Fransjohan Pretorius
2022-06-23Dié is die tweede versameling van Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.
Uitnodiging: FilosofieKafee – "Hoe het die beiteltjie dan so stomp geword? Sê my waar is al die intellektuele heen ..."
2022-06-23Wilhelm Jordaan se inleiding tot die gesprek op 1 Julie by die FilosofieKafee in die Bôrdienghuis se teater op Wellington vind plaas teen die agtergrond van die stortvloed hoofsaaklik negatiewe kommentare oor sekere programveranderinge by RSG.
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Botticelli se Primavera
2022-06-23Alex Duffey se lesing "Botticelli se Primavera verbeeld beskaafde gedrag vir alle tye" handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan op die SA Akademie se sosialemediaplatforms gekyk word.
Telegram, Signal or WhatsApp? Choosing an appropriate application for creating mobile learning environments in South African higher education contexts
2022-06-23"Telegram can be regarded as a safer app than WhatsApp, although not as safe as Signal. For the purpose of this study, an app is regarded as safe if the personal information collected is limited and outsiders cannot gain access to the messages."
Telegram, Signal of WhatsApp? Keuse van ’n geskikte toep om mobiele leeromgewings vir Suid-Afrikaanse hoëronderwyskontekste te skep
2022-06-23"[Dit is] sinvol om Telegram bo Signal aan te beveel weens die verskil in bruikbare kernfunksies. Alhoewel Signal die veiligste toep is, is dit nie sinvol om die veiligste toep vir opvoedkundige doeleindes aan te beveel nie, omdat studente ander toeps – wat groot hoeveelhede persoonlike inligting insamel – op ’n daaglikse basis op hulle slimfone gebruik."
"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."
2022-06-22Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.
Persverklaring: Program vir 13de Klein Karoo Klassique bekend
2022-06-22Dis wintertyd op Oudtshoorn wat beteken Klein Karoo Klassique is om die draai. Dié fees van klassieke musiek word van Vrydag 5 tot Dinsdag 9 Augustus vir die 13de keer op Oudtshoorn aangebied, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting.
USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz
2022-06-22"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."
Ysterhoudende geotermiese fonteinwater
2022-06-22"Gedurende hierdie ondergrondse 'reise' van die verhitte water word verskeie chemiese bestanddele in die water opgelos wat terselfdertyd medisinale voordele kan inhou."
Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-06-22’n Seekat het agt tentakels, maar kan hy Wiskunde doen? Gebruik hierdie gratis vraestel vir graad 8-leerders, opgestel deur Lee-Ann West, om jou Wiskundevaardighede op te skerp.
Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees
2022-06-22"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.
(Don’t go back to) Dogville
2022-06-22Nathan Trantraal se "(Don’t go back to) Dogville" is deel van ’n reeks verse met "teater" as tema, en word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier.
Boereverneuker of opreg? ’n Resensie van Die siener deur Yolanda Barnard-Lemmer
2022-06-21"Daar is ook ander opspraakwekkende onthullings. So vertel Gerald dat hy een oggend ’n oproep van die voormalige presidentsvrou Elize Botha ontvang het."
