Pasgelaai
Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing!
2022-09-06The first 300 entries will receive a free copy of Thérèse Hulme’s book and free refreshments will be provided. The workshops take place in Gqeberha and Somerset East respectively.
Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry!
2022-09-06Die eerste 300 inskrywings ontvang ’n gratis kopie van Thérèse Hulme se boek en gratis verversings sal voorsien word. Die slypskole vind onderskeidelik in Gqeberha en Somerset-Oos plaas.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)
Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?
2022-09-06Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef. Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.
Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was
2022-09-06"An-Mari do Carmo, baie dankie vir hierdie boek. Ek vermoed ek het meer emosies beleef terwyl ek Toe als groen was gelees het, as wat ek dalk in my hele lewe moes konfronteer. Ek meet ’n boek aan die tipe vrae wat dit oor my eie sienings ontketen. Gaan dit van my ’n beter weergawe van myself maak? Beslis!"
Kleur en Karamel: ’n Onderhoud
2022-09-06"Ek kon self besluit oor die storie, die karakters, hulle beroepe en al die res. Lisa het net vir my die vereistes vir ’n Romanza gestuur. Sy het gesê ek kan ook self besluit hoe warm ek die liefdestonele wil maak."
Persverklaring: Die Vrystaat Kunstefees is terug
2022-09-06Die feesspan maak nou gereed vir ’n aansienlike groter fees, wat vanaf 2 tot 8 Oktober 2022 ook op die UV-kampus sal plaasvind.
Persverklaring: Karatara by die Baxter
2022-09-06Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens.
Miniseminaar: Antjie Somers, ons oudste gender-bender
2022-09-06Chan Croeser verduidelik waarom dit tyd is dat Antjie Somers, ons oudste gender-bender in kinderstories, met die respek behandel moet word wat hulle toekom. Lees Chan se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era", hier.
Die skadukant van fotografie
2022-09-06"Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie."
Bamboozled by Melinda Ferguson: invitation to Cape Town book launch
2022-09-06You are invited to the book launch on the 7th of September at Exclusive Books in Claremont.
Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk
2022-09-06"Daarteenoor het die eenvoudige daad van die deel van ervaringe in die vorm van verhale besondere potensiaal en krag, omdat dit mens so onder die indruk bring van die feit dat jy nie alleen is in jou gewaarwordinge nie. Dat daar mense voor jou was wat presies kon verwoord wat jy dalk self nie geweet het hoe om dit te verwoord nie."
Graad 9: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 9 en het jy geweet dat ’n TV in die ou dae hierdie beeld as ’n toets vertoon het as die uitsending nie wou slaag nie? Moenie ’n outydse TV wees nie! Gebruik Dewald Koen se toets en slaag Afrikaans Eerste Addisionele Taal sonder onderbrekings!
Ludik – indrukke van die eerste 35 minute
2022-09-06"Die skep van hierdie reeks is ’n misdaad teen die mensdom. Oukei, ek oordryf. Dan ’n misdaad teen goeie reekse, teen Afrikaans en vir seker teen my oogballe."
Not lost
2022-09-06Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. In Jemma Kahn’s Not lost, a girl explains how she got fired while working on the set for a Barbie advert. Devonecia Swartz performs the monologue, directed by Jemma. Watch the performance here. The monologue text is also available.
Bargain Books competition: You could win a thrilling debut!
2022-09-05Bargain Books is giving away a copy of The favour by Nora Murphy. You could be the lucky winner, enter now!
Toyota US Woordfees 2022 is "Wild": ’n onderhoud met Saartjie Botha
2022-09-05"Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees." Lees die onderhoud en laai die Woordfeesprogram én die volledige boekeprogram hier af.
Oud, maar nie koud! Eddie’s boy deur Thomas Perry, ’n lesersindruk
2022-09-05"Perry slaag daarin om nuwe lesers sowel as Butcher’s boy-volgelinge op hoogte te bring, nogtans beveel ek aan dat die vier boeke in volgorde gelees word."
Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo
2022-09-05"Dit was altyd ’n droom om te kan skryf en ek het altyd gesê as ek net een boek gepubliseer kan kry, sal ek tevrede wees. Maar soos dit met die meeste goed in die lewe is, was een natuurlik nie genoeg nie. Die plesier wat ’n nuwe boek my gee is verslawend. Ek glo nie ek sal ooit kies om op te hou skryf nie."
Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2023
2022-09-05Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
