’n Top internasionale jazzensemble vanaf Munich Universiteit tree in Suid-Afrika op om die wêreldbekende jazzbaanbreker Charles Mingus (1922 – 1979) se 100ste verjaarsdag te herdenk. Sien hulle by die US Woordfees en veel meer vertonings in Kaapstad en Gauteng.
Ter ere van die legendariese Charles Mingus se 100ste verjaarsdag, sal plaaslike aanhangers bevoorreg wees om te kan luister na die uitvoering van sy suite “The Black Saint and the Sinner Lady” en ander komposisies deur ’n groep internasionale jazzmusikante vanaf Duitsland, Mongolië, Oostenryk en die VSA.

Die toergroep, by name The Charles Mingus Ensemble, bestaan uit studente en graduandi van die Munich Akademie van Musiek en Uitvoerende Kunste, onder leiding van die internasionale baskitaarspeler en jazzkenner, Martin Zenker.
Die groep tree al die afgelope drie jaar op met suksesvolle toere na Europa en Asië.
Saam met die ensemble sal Gilson Amaral van die Universiteit Kaapstad altsaksofoon speel.
Volgens Zenker het Charles Mingus oor sy komposisie van “The Black Saint and the Sinner Lady” gesê: “Vergeet van al my ander opnames...”
Zenker verduidelik dat hierdie meesterstuk, wat deur die legendariese Amerikaanse baskitaarspeler, komponis en digter geskryf is, een van die min en gelyk ook die belangrikste voorlopers van avant-garde jazz was. Dit is ook ’n skakel tussen tradisie en modernisme in jazz.
Zenker sê dat die uitvoer van die Mingus Suite nie ’n maklike taak vir selfs die mees ervare jazzspelers is nie, omdat daar geen bladmusiek bestaan nie en dele moes getranskribeer, georkestreer en deels geherranskik word deur Zenker self. Dit was dus ’n groot uitdaging om “The Black Saint and the Sinner Lady” vir Charles Migus se 100 ste verjaarsdag in 2022 op die verhoog te bring.
Hierdie meesterstuk van Chares Mingus, wat sedert sy opname selde opgevoer is, is ’n komplekse en ekspressiewe werk wat beide streng dissipline en groot vryheid van die musikant vereis.

Die groep se optredes sal oor die volgende paar weke uitgevoer word by verskeie lokale in die Kaap en in Gauteng, met as hoogtepunt ’n konsert by die Endlersaal gedurende die Toyota US Woordfees in Stellenbosch.
Hierdie toer lewer ook ’n groot opvoedkundige bydrae aan Suid Afrika omdat Zenker en die spelers gratis werkswinkels aan die studente van die Universiteite van Stellenbosch, UCT, Wits en Pretoria aanbied saam met hul optredes asook by plaaslike gemeenskapmusiekskole in Gugulethu en Langa.
Dit is nie Zenker se eerste besoek aan Suid Afrika nie en hy het al aan plaaslike kunstenaars die geleentheid gebied om na Duitsland en Mongolië te toer, op te tree, gaslesings aan te bied en ’n opvoedkundige uitruilbasis te vorm.
As hoof van buitelandse skakelings by die Munich Universitieit, sowel as ereprofessor aan die Mongolse Staatskonservatorium, het Zenke sy tyd en kennis gebruik om oor ’n lang periode sy jazzkennis uit te brei en te deel met ontwikkelend lande.
In 2021 het hy met die Universitieit van Stellenbosch se Musiekdepartement saamgewerk aan ’n reeks gaslesings.
Moenie hierdie top jazzuitvoering misloop nie.
Reeks optredes en lokale op SA 2022-toer:
- 12 Oktober – The Alma Kafee, Rosebank
13 Oktober – Baxter Teater , UCT - 13 Oktober – Cafe Roux, Noordhoek
- 14 Oktober – Toyota SU Woordfees Konsert by die Endler
- 15 Oktober – Amazink, Kyamandi
- 16 Oktober – Jazz in the Native Yards, Gugu Sthebe Amphiteater
- 19 Oktober – Die Chris Seabrooke Musieksaal, Wits Braamfontein Kampus Oos.
- 20 Oktober – Musaionsaal, Universiteit van Pretoria

