Pasgelaai

Graad 10: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-23

Is jy in graad 10 en is jou lieflinghond op jou radar en nie juis jou eksamenwerk nie? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West kan jy blitsig die radar-oefening gebruik om die vertikale hoogte van die vliegtuig bo grondvlak uit te werk. Dan kan jy met ’n geruste hart met jou hond gaan stap. Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af laai.

Graad 11: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-23

Is jy in graad 11 en verkies jy eerder die geselskap van jou kat as dié van nog eksamenwerk? Die goeie nuus is dat hierdie vraestel deur Lee-Ann West onder andere ’n mond-en-snor-diagram bevat wat jou aan jou gunsteling-troeteldier kan herinner. Die ander goeie nuus is dat die vraestel jou in ’n japtrap vir jou eksamen voorberei en dan kan jy vinnig verdere aandag aan jou geliefde kat gee. Laai die vraestel gratis hier af.

Die tragiese saak van Pamina Vermaak word ’n fliek

LitNet Film 2022-11-23

Die topverkoper Die tragiese saak van Pamina Vermaak, deur die joernalis en skrywer Annie Klopper, het in 2018 verskyn en word nou ’n fliek. Die verfilming aan dié romantiese komedie het reeds begin en die rolverdeling sluit jong talent en verskeie Suid-Afrikaanse legendes in. 

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-11-23

HGD? In gr 6 & mug v wrk? Klik hier om die vraestel wat Eugene van der Westhuizen vir LitNet opgestel het, gratis af te laai; dit maak voorbereiding makliker. (Daar is ook ’n afdeling in die vraestel wat oor SMS-taal handel, so dis hkm jy smr hierna eksamen oor Afrikaans én oor SMS-Afrikaans sal kan skryf.)  

Kruger se goud deur John Buchan (vertaal deur Marietjie Delport): Veldponde en klatergoud

Jean Meiring Resensies 2022-11-22

"Daar is voorwaar baie redes om Kruger se goud te lees. Delport is ’n werklik bedrewe vertaler. Sy sit die oorspronklike Eduardiaanse Engels, wat uiteraard vir die hedendaagse oor bepaalde koddighede vertoon, in ’n skoon en spierige Afrikaans oor wat volkome oortuigend is."

Geseënd is dié wat treur deur Susan Jordaan, lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-22

"Het die welsyn, nadat hulle na hul fancy huise weggery en hul hande soos Pilatus van ouds in hul blink wasbakke gewas het, geweet dat dié dronkgat my hero was?"

Mathematical support for isiXhosa-speaking learners in the foundation phase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard Academic research 2022-11-22

"To better understand how to use teaching and learning strategies to improve isiXhosa-speaking learners’ understanding of mathematics in English Grade 1 classrooms, the focus of this article was to explore, describe, and understand Grade 1 teachers’ perceptions on this topic."

Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-22

"Hierdie artikel spreek die onderrig- en leerstrategieë aan wat gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te verbeter."

Musiekindaba: ’n fees vir musiekliefhebbers, ’n móét vir rolspelers in die bedryf

Melt Myburgh Musiek 2022-11-22

"Of jy ’n amateurkunstenaar is wat met ’n blikkitaar jou voete probeer vind, en of jy tuis is op die troon van sukses, Musiekindaba is ’n noodsaaklike geleentheid vir mense in die Afrikaanse musiekwêreld om hul vaardighede en loopbane op te skerp en om te netwerk." – Melt Myburgh bekyk die eerste Musiekindaba-program, van 30 November tot 3 Desember 2022 op Stellenbosch.

Musings of a country magistrate

Jo Els Feeste 2022-11-22

Jo Els used to be a magistrate in a small Karoo town. He has since retired and is now willing to share some of the highs and lows of his days on the bench. His journey and his story are also deeply personal. He used to have a terrible stutter, and today he can hold his own as a storyteller next to a Karoo fire.

Nuut by Human & Rousseau: Net aliens eet spinasie en ander stories (2022) deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-11-22

’n Alien land in ’n swembad, kinders verdwyn in ’n biblioteek, ’n monsterhond word ’n woefie-woef en ’n vampier-jagter-ouma bestorm ’n skool met ’n knoffel-bazooka ... Maar dis nog lank nie al nie! 

Nuut by Tafelberg: Stories in die wind deur Deidré Jantjies

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-11-22

Tien verhale wat die minder bekende stories van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en Kalahari vertel. Die karakters is diere, mense, die son, maan en sterre.

Nuut by Protea: Die Rietrotte en die rotsgrot deur Nerine Ahlers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-11-22

Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande. Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …

Nuut by Protea: Die kat kom terug deur Dr Seuss, vertaal deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-11-22

Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie.

Nuut by Naledi: Leeutjie en Louwtjie deur Tertia Botha

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-11-22

Saam met Bob Bond, ’n mak bobbejaan wat eintlik ’n geheime agent is, beleef hulle opwindende avonture soos om renosterstropers vas te trek en wilddiewe te fnuik.

New from Fox Ediciones: Nandi in KwaZulu by Praline Hudson

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-11-22

Nandi and Themba, two Zulu children, and their friends transport us to happy times of childhood in lively KwaZulu-Natal. 

Ongekende ellende deur Chris Schoeman: ’n studie oor lyding en die impak daarvan

François Verster Resensies 2022-11-22

"Ongekende ellende laat jou nie koud nie. Dit laat jou dink. En soos met jou gevolgtrekkings, wil jy die boek hou. Om te onthou."

Pasverskyn: Whitey: Sakereus van Shoprite deur Niel Joubert

LitNet Boeke en skrywers 2022-11-22

Whitey Basson, een van SA se suksesvolste sakeleiers, word beskryf as “geniaal”. Whitey het ’n legende geword toe hy, in SA se beroemdste oorname, die sukkelende OK Bazaars vir R1 gekoop het.

Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-11-21

"Die oorwegende indruk wat ek van hierdie boek het, is dat dit ’n interessante onderwerp is wat op ’n boeiende manier verpak is. Deur die gebruik van briewe word die onderwerp op ’n toeganklike manier vir ’n leser aangebied."

Persverklaring: Spesiale afslag vir konsertkaartjies by die Musiekindaba

LitNet Musiek 2022-11-21

Swart Vrydag maak ’n draai by die Musiekindaba wanneer daar van 23 tot 28 November ’n spesiale afslag van 50% op kaartjies vir Musiekspyskaart-konserte is.

Top