Pasgelaai

Vlieg hoog, Franci

Frazer Barry In memoriam 2022-10-19

"Franci het toe nie uit die vliegtuig gespring nie, maar sy het gespring, en haar sprong was groter as wat sy ooit kon gedink het. Sy het gespring tot in die diepste plekke in ons harte en haar nalatenskap sal ons altyd koester."

Onderwyshulp en leesbegrip: Johan Anker beantwoord lesers en opvoeders se navrae

Johan Anker Skole 2022-10-19

’n Onlangse artikel oor skoolkinders se onvermoë om behoorlik te lees het aandag getrek en lesersnavrae ontlok. Hier beantwoord Johan Anker die navrae.

Die verkeerde vrou deur Irma Venter: Uitnodigings na boekbekendstellings

LitNet Jonathan Ball-portaal 2022-10-18

Hier is inligting oor agt boekbekendstellings wat rondom Irma Venter se jongste boek, Die verkeerde vrou, aangebied word. Kyk of een van die bekendstellings in jou omgewing plaasvind!

Elise Muller (1919–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-10-18

"Hoe ek skryf? Ek word getref deur ’n situasie, ek gaan sit en skryf, en partykeer loop die verhaal na vele herskryf soos ek bedoel of voorsien het, en ander kere neem dit heeltemal ’n nuwe beloop. Dan is ek net so verras soos die toekomstige leser."

Toyota US Woordfees 2022: Afrikaans herontdek by feeste

Izak de Vries, Lara Aucamp Feeste 2022-10-18

"Dis die eerste keer dat ek regtig die taal geniet het. Omdat ek so lank afstand van die taal af gehad het, kon ek dit soos nuut ontdek. Ek het altyd die woorde verstaan, maar het begin om die taal op ’n ander vlak te verstaan en waardeer."

FilosofieKafee-gesprek: "Waar is ons (nou)?" deur Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach Seminare en essays 2022-10-18

"Die staat is nie 'ons' s’n nie. Ons kan onsself nie daarin herken of dink dat ons dit teenoor wie ook al sal regverdig of verdedig nie. Miskien is dit ’n natuurlike evolusie. Miskien is die konsep 'staat' verouderd, dien dit weinig nut. Baie van ons – dié wat dit kan bekostig of dié wat nooit gekwalifiseer het vir toelating tot die staat nie – lewe in ieder geval daaromheen."

Aspiring to a sense of belonging: experiences of a Generation 1.5 student in higher education

Emma Groenewald Academic research 2022-10-18

"The hybrid identity of Generation 1.5 students influences their experience of belonging on a diverse university campus. The local and global knowledge of Generation 1.5 students contributes to their multilingualism and biculturalism. In an increasingly globalised world a hybrid identity has many advantages."

Die strewe na ’n sin van verbintenis: ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys

Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-10-18

"Die gedeelde waardes van ’n vriendekring kan die spanning wat op ’n multikulturele kampus ervaar word, verlig. Terwyl taal- en rasverskille op die agtergrond skuif, dra die gemeenskaplikheid wat gedeelde waardes meebring by tot ’n sin van verbintenis."

Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2022-10-18

"Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin is ’n bielie van ’n boek wat ’n bielie van ’n leemte in ’n leser se lewe gaan laat as Zeus nie toegelaat word om sy binnewêreld te betree nie."

My bôs is warm, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-10-18

"Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen."

Toyota US Woordfees 2022: ’n Akkerboom plant die saadjie van suggestie

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-17

"’n Akkerboom was ’n meestersklas in toneelspel by die Woordfees."

Oor die stemme in die woestyn in die Afrikaanse media

Heindrich Wyngaard Menings 2022-10-17

"Totdat hulle dit besef en daarop aandring dat hulle alle reg het om na geluister te word en dat hul stories ernstig opgeneem moet word, sal die situasie nie sommer verander nie. Of gee hulle net eenvoudig nie (meer) om oor die afstand, soms so wyd soos Kaapstad vanaf Bloemfontein, wat tussen die verteenwoordiging en vernalating van hul stemme in die woestyn van die Afrikaanse nuusmedia lê nie?"

Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2022-10-17

"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."

Elders gesien: Woorde as wapens en bakstene

Sidney Gilroy Elders gesien 2022-10-17

"Ons skryf want ons gebruik woorde as wapens en bakstene. Ons verbou en verbreed en verstel hierdie ongelooflike taal wat aan almal en aan niemand behoort nie."

Sol Plaatje Universiteit: Honneurs en MA in Afrikaans 2023

LitNet Akademies en skole 2022-10-17

Het jy ’n passie vir Afrikaanse taal- en/of letterkunde? Wil jy die verskillende Afrikaanse variëteite bevorder? Hier is nog inligting oor Sol Plaatje Universiteit se nagraadse programme in die vakgroep Afrikaans.

The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-17

"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne Sacrifice is Bourne op sy beste!"

Uitnodiging: Gesamentlike byeenkoms vir Pretoriase leeskringe

LitNet Leeskringe 2022-10-17

Alle belangstellendes word uitgenooi na die gesamentlike byeenkoms vir Pretoriase leeskringe op 5 November 2022 in Hartbeespoort. Die gasspreker is Danie Marais.

History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-10-17

"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag op geslag se goedkoop arbeid."

Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel

Willem Botha (sanger) Elders gesien 2022-10-17

"Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor."

Toyota US Woordfees 2022: Boekemacrazies by die Toyota US Woordfees

Izak de Vries, Trisa Hugo, Analize Viljoen Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-17

Trisa Hugo en Analize Viljoen van Boekemakranka deel hulle indrukke van die pas afgelope Toyota US Woordfees. Izak de Vries het met hulle gesels.

Top