No complaints – new day, new dawn: ’n onderhoud met Carlo Daniels

  • 0

Carlo Daniels is die wenner van vanjaar se Theatre Arts-beurs vir opkomende teaterregisseurs met sy nuutste verhoogspel No complaints – new day, new dawn wat vanaf 18 tot 25 November in Observatory te sien was. Hy gesels met Jeremeo le Cordeur oor die stuk en sy proses as skrywer en regisseur.

  • Foto's: Jeremeo le Cordeur

Wat was dit van Samuel Beckett se play Happy Days wat jou geïnspireer het om No complaints – new day, new dawn te behartig?

Ek hou baie van Samuel Beckett se werk, al is dit nie altyd maklik om sy werk te digest nie. Ek dink Happy Days is een van daai plays wat mense nie sommer wil aanpak nie. Dis so subtle, maar so powerful. Dis ’n storie wat my move en vir my het dit net soveel sin gemaak, in terme van wat dit sê. Ek het geweet dat die teks in sy oorspronklike vorm nie sal maklik werk vir my target audience nie en wou dit graag adapt nader aan die huis, in Suid Afrika in 2022. Alhoewel al die temas van die oorspronklike Happy Days nog baie relevant is, wou ek dit ’n vars approach gee. Dit was die begin van No Complaints, New Day, New Dawn.

Wat is die temas wat in stuk uitgelig word?

Hierdie stuk volg Wendy, ’n clown. Ons het drie aktrises wat Wendy vertolk. Dit was ’n keuse wat ek gemaak het omdat ek die stem van Wendy wou beklemtoon. Die temas van die stuk kom baie duidelik deur: om stuck te voel in ongesonde verhoudings, in liefde, om die self te verloor êrens langs die pad, repetition in die mundane van die lewe. Daar is baie dinge in hierdie stuk wat ons kan overlook op ’n daaglikse basis en nie noodwendig sal uitken as ’n “groot” probleem nie, tot jare later wanneer die skade klaar te groot is om te repair.

Beviol Swartz en Siphenathi Mayekiso (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Beviol Swartz, Donnay Arendse, Siphenathi Mayekiso en Tshegofatso Mabutla (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Foto: Jeremeo le Cordeur

Vertel meer van die kreatiewe span wat jy saamgetrek het?

Ek het regtig ’n super awesome span gehad om mee te werk. Dit het net die proses vir my soveel meer enjoyable gemaak. Daar is ons verhoogbestuurder Asamkela Ketelo, wat saam met my op dramaskool was. Dan Themba Stewart, wat ons stelontwerp en beligting so mooi design het; ons kom ook al jare aan as vriende en kollegas. Vir sound design het ons Shane Jacobs, dit is nou die tweede keer dat ek met Shane werk en hy is iemand wat my verstaan, so as ek my eie projekte aanpak, gaan ek altyd na Shane toe. En dan ook ons lieflike cast Beviol Swartz, Tshegofatso Mabutla, Donnay Arendse en Siphenathi Mayekiso. Elkeen van hulle is talentvol en hardwerkend en net ’n joy om mee te werk.

Hierdie stuk vorm deel van Theatre Arts se jaarlikse Theatre Arts Emerging Theatre Director’s Bursary. Vertel ’n bietjie van hierdie proses en hoe die program jou loopbaan aangestoot het.

Die Theatre Arts Emerging Director’s Bursary is een van die beste dinge wat sover met my gebeur het. Ek het geweet dis iets wat ek regtig wou doen en moet doen as ’n teatermaker. Ek is meestal gesien as akteur en ek is, maar ek geniet ook regtig directing en theatre-making. Ongelukkig is daar is nie altyd fondse om my eie werk op die planke te sit nie. Ek voel ek is niks kort van die vision wat teater bevat nie. So ek het apply vir die geleentheid en Theatre Arts het my gekies uit twee emerging directors. Ek is so bly vir hierdie geleentheid. Dit was ’n blessing.

Foto: Jeremeo le Cordeur

Foto: Jeremeo le Cordeur

Foto: Jeremeo le Cordeur

Foto: Jeremeo le Cordeur

Wat is jou proses as jy regie behartig?

My proses as regisseur is nooit dieselfde nie en verander altyd soos wat die omstandighede verander, byvoorbeeld hoeveel tyd ek het, wat die storie makeer, hoeveel akteurs, en natuurlik ook die budget wat ons het. Iets wat ek geleer het in die kere dat ek my eie werk opsit, is die beplanning moet goed wees, skedulering, ensovoorts. Sodat alles in plek kan val. As regisseur begin die proses al lank voor rehearsals met casting, die kreatiewe span bymekaarkry, die storie goed te ken, die agtergrond, ensovoorts. Alhoewel baie ontdek word in rehearsals, moet die regisseur die overall vision het as ’n beginpunt vir almal. So dit kom met groot keuses en groot verantwoordelikheid en hierdie twee woorde som die proses vir my as regisseur op.

Wat was vir jou die uitdagendste aan hierdie projek?

Ek moet sê, hierdie keer met die span wat ek gehad het, het ons uitdagings op goeie en kreatiewe maniere oorwin. Dan was daar ook die grootste uitdaging wat altyd hang in teater in die Kaap: om die mense by die teater te kry om nuwe werk en kunstenaars te ondersteun. Ek dink ons het baie goed gedoen om die woord van ons produksie te versprei, en ook met die goeie reviews geskryf deur Megan Choritz en Robyn Cohen, en jou mooi photos van ons show het dit al hoe meer aantreklik gemaak vir dié wat so getwyfel het om te kom kyk. Ons het ’n baie goeie response gekry en dit was deur almal se harde werk om hierdie obstacles te oorwin.

Hoe is die produksie beïnvloed deur die aanvang van die onlangse taxi strike. Hoe het julle aangepas?

Die taxi strike het baie skade aan ons run gedoen in die eerste twee dae. Ons kon nie die risk vat met mense se lewens nie en moes twee dae se vertonings ongelukkig kanselleer. Dit het ons momentum ’n bietjie opgemors. Ons het baie support gekry op social media van mense, en ná die twee dae-taxi strike het mense darem kom kyk en kaartjies gekoop en die belangrikste was dat hulle die storie en ons werk geniet het.

Wat dink jy is die uitdagings en/of kwessies wat teatermakers/kunstenaars vandag in die gesig staar?

Ek dink die struggles wat teatermakers in die gesig staar, is kanse, geleenthede en acknowledgement. Soos ek nou hierbo verduidelik, as mense nie kom kyk nie, dan sal hulle nie weet watter werk in ons teaters plaasvind nie. Gee die kunstenaar ’n kans en ’n geleentheid om sy/haar/hulle werk te wys. Ons makeer meer verkillende platforms soos die Theatre Arts Emerging Director’s Bursary, dan is daar ook die Zabalaza Festival by die Baxter Teater. Die government overlook die kunste soveel. Dis die grootste struggle. Verder glo ek hierdie is als goed wat ons kan oorkom as ons net ons mindset en attitude as ’n collective in een rigting channel: om te bou en te groei. Of soos ek myself altyd plant en groei!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top