Carlo Daniels

Carlo Daniels het onder die slypskool van Mark Fleishman en Jennie Reznek deurgeloop by die Magnet Theatre Fisieke Teater-geselskap. Hy was al meermale op groot verhoë soos dié van die voormalige Fugard-teater te sien en kon reeds met industriegrootkoppe soos David Kramer, Basil Appolis en Fred Abrahamse saamwerk. Carlo is ’n sogenaamde driedubbele bedreiging: Hy kan toneel speel, sing en dans – voeg nou ook skryf daarby!

No complaints – new day, new dawn: ’n onderhoud met Carlo Daniels

Jeremeo Le Cordeur, Carlo Daniels Teater 2022-12-23

Carlo Daniels is die wenner van vanjaar se Theatre Arts-beurs vir opkomende teaterregisseurs met sy nuutste verhoogspel No complaints – new day, new dawn wat vanaf 18 tot 25 November in Observatory te sien was. Hy gesels met Jeremeo le Cordeur oor die stuk en sy proses as skrywer en regisseur.

Weg

Carlo Daniels Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-20

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Carlo Daniels in sy monoloog Weg, waarvan die regie deur Andrew Buckland behartig is. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Daniels sy gedagtes oor die stuk deel.

Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Carlo Daniels

Emma Kotze, Carlo Daniels Suidoosterfees 2021-04-28

Emma Kotze gesels met Carlo Daniels oor sy werk wat hy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan hy in 2020 deel was, vir hom gebied het en hoe sy toekomsdrome lyk.  

Top