Mis jou

Foto: Canva
Ek mis jou in die stilte van die laatmiddagreën
in die leemte van die tyd wat ons net leen
Ek mis jou terwyl die wêreld te vinnig draai
en die sterre om die volmaan swaai
Ek mis jou soos vroegoggend-boeretroos
op die stoep met net piet-my-vrou as geselskap
Ek mis jou dat dit voel soos liefdeskoors
en die virus is besig om my te vertrap
Ek mis jou stem
die kalmte wat oor my spoel as jy my herken
Dis in my stilte met die donderslag daar buite
dat die wondering my beetpak:
Wat is die kanse dat jy my ook mis?

