Pasgelaai
Persverklaring: Phantom of the Opera met Zorada Temmingh | 6 Aug | Aardklop Aubade en Afrikaanse Hoër Seunskool
2023-07-17Aardklop Aubade is reeds gevestig as 'n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots 'n platform vir musici om voor gehore in die Jakarandastad op te tree.
Die sleutel tot die vreugde en plesier van kinderboeke
2023-07-17"Gaan gryp ’n kinderboek en verkyk jou aan die prente. Verdiep jou in die storie en karakters. Dit is waar die genot van ’n lekker storie lê. Dit is die aangrypende karakters wat ’n boek met jou laat praat."
Persverklaring: ProVARIA vind ’n tuiste in VivA se nuwe Variasieportaal
2023-07-17'n Omvattende navorsingsprojek, die Projek oor Variasie in Afrikaans (ProVARIA), is twee weke gelede geloods om die variëteite van Afrikaans te dokumenteer en hulpbronne oor die niestandaardvariëteite meer toeganklik te maak. Hierdie projek se doel is om juis die volle omvang van die wonings van Afrikaans beter uiteen te sit en te verteenwoordig.
Lesersindruk van Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman
2023-07-17"Die tempo van die slim bedinkte plot is con brio, met die onortodokse hoofkarakter wat haar in een onverwagte, ontstellende situasie, gebeurtenis of konfrontasie na die ander vasloop, terwyl sy probeer om die sterftes en moorde te ontrafel."
Hoe meertaligheid gemeenskappe kan bou: ’n blik op die onlangse meertaligheidswerksessies vir US-studentegemeenskappe
2023-07-17"Ons doel met die projek was om ’n veilige ruimte te skep waar die gesprek oor taal verruim kon word en waar deelnemers hulle sienings en ervarings van taal en taalidentiteit op ’n meelewende manier met mekaar kon deel. In hierdie ruimte kon hulle saam sowel as van mekaar leer, en in die proses beter toegerus word om potensiële struikelblokke te hanteer wat met taal- en kulturele aspekte in hulle onderskeie gemeenskappe verband hou."
How multilingualism can build communities: a glance at the recent workshops on multilingualism for SU student communities
2023-07-17"Our intention with the project was to create a safe space within which to reframe the discussion about language, where participants could share their views and experiences of language and language identity with one another in a compassionate manner. In this space they could learn together as well as from one another, in the process becoming better equipped to deal with potential barriers related to language and cultural aspects in their respective communities."
Avontuurverhaal: ’n resensie van Sally Partridge se The witches of Hogsback
2023-07-15"Die verhaal is ’n tienermisterie en avontuur met ’n gotiese ondertoon, uitgebeeld deur die geïsoleerde dorp, hekse en donker woude, alhoewel die verhaal nooit werklik skrikwekkend of donker is nie."
Up-close South African insight: a review of Pearl of the sea
2023-07-15"It is a beautiful, flowing work that echoes both the serenity and tempestuous character of the ocean."
Injustices not to be forgotten: a reader’s impression of Bridget Pitt’s novel Eye brother horn
2023-07-15"It is difficult to read about all the injustice that accrued and how some missionaries were funded by slavery, but it is also a beautiful story about people who were able to see beyond race, culture, beliefs and societal status."
ALV-kongres, 23-25 Augustus 2023: Derde en finale oproep om referate
2023-07-13Voorstelle vir bydraes tot die twintigste hoofkongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) word ingewag. Die tema "komvandaan" bied ruimte vir wydlopende en uiteenlopende onderwerpe onder die vaandel van herkoms.
SteedsDink met LitNet Akademies: Louise Viljoen (deel 3 van 3)
2023-07-13In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie derde video van ’n drieluik wei Louise Viljoen uit oor Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde.
Nuut by Naledi: Olifant op ’n sweefstok deur Lelanie Roode
2023-07-13Die bekoring van die Olimpiese Spele dryf Lelanie Roode om ’n roman te skryf met ’n kinkel van misdaad, drama en aksie. Wat sal dit neem om die olifant op die sweefstok te konfronteer?
Nuut by Naledi: Laatnageilande deur Marlise Joubert
2023-07-13Met hierdie gedigte bestendig Marlise Joubert haar reputasie as gerespekteerde digter, maar eweso as ’n belangrike bydraer tot “laatpoësie” soos wat letterkundiges die subgenre van gedigte deur ’n ouer persoon beskryf.
Nuut by Lux Verbi: Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee
2023-07-13Sy storie begin in die Vrystaat, loop deur donker dade in Worcester, via verskeie tronke, tot op Klerksdorp. Dit is ook ’n verhaal van hoop, genade, en tweede kanse.
Nuut by Naledi: In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
2023-07-13Die groot Duitse filosoof Hans Blumenberg (1922-96) veronderstel ’n onderskeid tussen twee modusse van dink en stel dit voor as ’n basiese rooster wat álle denke ondervang – die mitewerkende modus en die modus van die rede. Dit is ’n onderskeiding wat nuwe lig werp op van die hardnekkigste problematieke der tye.
Press release: SICMF ends on a high note | Persverklaring: SIKMF eindig op ’n hoë noot
2023-07-13The final concert of the SICMF ended on a high note with its first ever woman conductor, Rebecca Tong, directing one of the most spirited performances ever to have been heard from an orchestra in South Africa. | Die fees se eerste vrouedirigent, Rebecca Tong, het gesorg vir een van die mees opwindende uitvoerings wat nog deur ’n orkes in Suid-Afrika aangebied is.
Press release: Entries close soon for emerging SA composers | Persverklaring: Inskrywings sluit binnekort vir opkomende SA komponiste
2023-07-13The South African Composers’ Symposium and The Songmakers’ Guild have announced a collaborative composition competition intended to discover and showcase emerging composers in South Africa. | Die Suid-Afrikaanse Komponistesimposium en Die Liedmakersgilde het ’n komposisiekompetisie geloods wat poog om opkomende komponiste in Suid-Afrika te ontgin en hul werk ten toon te stel.
Uitnodiging: Simposium oor Afrikaans as moedertaal en geloofstaal | Wellington, 11 en 12 Augustus 2023
2023-07-13Die Afrikaanse Taalraad en Hugenote Kollege nooi akademici, filosowe, kerkmense en ander belangstellendes om saam te dink en droom oor Afrikaans as geloofstaal.
Persverklaring: Die bekendstelling van Laatnageilande
2023-07-13Naledi nooi jou na die bekendstelling van Laatnageilande deur Marlise Joubert.
