Free play

  • 2

Foto: Canva

Free play
vir Ayla

Op die ouderdom van amper drie
is jou wêreld tog so klein
dink ek
terwyl jy onskuldig in jou kamer waggel
van eenkant waar jou hemelbed staan
tot in die hoek
waar jy jou soft toys opstapel
die feit dat jy op jou eie begin speel
pas my
in een hand het jy ’n pienk plastiekvissie
in die ander ’n enkele kryt
jy buk en krap iets gretigs
op ’n stuk oorskietpapier
en na ’n ruk kyk jy borrelend op na my
            “Wat maak jy?”
vra ek met beperkte belangstelling
            “Ek teken!” roep jy
ek sien jou vervormde geel vis
en iets wat amper na ’n rooi seester lyk
met dit skarrel jy terug na ’n oop kas toe
en bring vir my
jou ma se tuisgemaakte
hoepel-en-seepbel-stel
“Blaas bubbles, pappie!” lui jou bevel
en net so word ek betrek
by wat jou ma noem
die middag se supervised free play
soos die iriserende glassfere
vanuit my mond die lig ingly
boor jou seeblou oë se kabbelblink
opnuut regdeur my:
            “Kyk, pappie, ons is onner die water,
            kyk, pappie, ons duik!”

en ek besef
my wêreld is kleiner as joune,
dalk selfs kleiner as jy

  • 2

Kommentaar

  • Morné van der Walt(die Luiperdman)

    Uitstekende beeldspraak, met 'n baie baie sterk slotboodskap. Welgedaan, subliem!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top