Pasgelaai

Afrikaner, wie is jy?

Riku Lätti Menings 2024-04-24

"Die noue bande wat Afrikaners met ander Afrikaners het, is benydenswaardig. Ek wens partykeer die res van Suid-Afrika was so lief vir mekaar soos wat die Afrikaner homself liefhet."

Suidoosterfees 2024: Monsters – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots

Ignus Rademeyer, Tinarie van Wyk Loots Suidoosterfees 2024-04-24

"Die hegtheid van die spelers het veroorsaak dat hulle speel vir die waarheid en nie die spektakel nie. En as jy speel vir die waarheid is jy as speler oop vir herontdekking."

Suidoosterfees 2024: Lipkap – ’n onderhoud met Frazer Barry

Jannike Bergh, Frazer Barry Suidoosterfees 2024-04-24

"Die Khoekhoegowab-taal in die produksie word voorgehou as ’n ervaring in plaas van ’n verduideliking. Die taal se klanke is geweldig kompleks en ons het Jan van Riebeeck se 'mis-vat' van die Khoi-Khoi-klanke as voorbeeld."

Suidoosterfees 2024-persverklaring: ATKV gee jong teatermakers gul geleenthede op Suidoosterfeesverhoog

LitNet Suidoosterfees 2024-04-24

Jong teatermakers kry elke jaar by die Suidoosterfees geleentheid om hul werk aan die publiek bekend te stel en om waardevolle ervaring in ’n professionele teateromgewing op te doen. Op vanjaar se ATKV Jeugteaterprogram – van 26 April tot 1 Mei aangebied as deel van die 21ste Suidoosterfees – is studente, skoliere en amateurgroepe se werk op die Artscape-verhoog.

Persverklaring: Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns

LitNet Feeste 2024-04-24

Die ATKV-Kuns-en-boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Eweneens word die ATKV-Boeke-crawl ook weer op Kaapsehoop gehou, en dit is sommer swaargewigte in die skrywers- en musiekwêreld wat daaraan deelneem.

Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?

Freek Robinson, Theuns Eloff, Christo van der Rheede, Barend la Grange Onderhoude 2024-04-24

"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).   

Die Derde Afrikaner – ’n reaksie op die "Afrikaner Verklaring"

Wynand Boshoff Menings 2024-04-24

"Jy kan sê jy wou meer bruines daar gehad het, of meer rykes, of meer wynboere, of ten minste meer wat in die Suide gestudeer het, of meer slimmes. Maar jy het wat jy het en dit kan ook verander."

Persverklaring: Bekendstelling van Hannes van Wyk se biografie as deel van die Erfenis-reeks | Suidoosterfees 2024

LitNet Suidoosterfees 2024-04-24

Heritage Travel vier die Suidoosterfees se 21ste bestaansjaar met voorlesings uit die tydskrif se spesiale uitgawes – stories, gedigte en kortprosa. ’n Gedigtekompetise word ook aangekondig, en die boek oor Hannes van Wyk in die Erfenis-reeks kry spesiale aandag – ’n mengelmoes van letterkunde met verskeie kunstenaars.

Die uil

Jannie Meyer Poësie 2024-04-24

"Noem my maar bygelowig gek
maar vanaand het daai muisvanger my bloed getrek."

Nostalgietoer

Zebulon Kochk Poësie 2024-04-24

"Iewers in Pretoria
onder ’n Jakarandaboom
omring met pers bloeisels
bons my hart van vreugde"

God sê vir my

Karin Walker Poësie 2024-04-24

"God sê vir my
Ek is lief vir jou
hoekom sukkel ek dan so
om Hom te glo"

aanhangsel

Marius Nigrini Poësie 2024-04-24

"in elke lewe bloei ’n gloeilamp leeg
’n skaal word honderd keer geweeg"

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2024-04-23

"In hierdie bundel is daar sterk aanduidings van [Cas Vos se] besondere mensekennis. In Wisselende stemminge word die mens se lewensomstandighede uitgebeeld. Donker tye en belewenisse word afgewissel met verwysings na menslike verhoudinge. Die liefde is hierin sentraal."

Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2024-04-23

"Daar is meer verhale wat jy met ’n knop op die maag lees en die einde wil uitstel, maar jy kan nie. Die lewe gebeur en die lewe is ’n plek. Die liefde in verskeie vorme is inderdaad deel van die lewe en die bundel sluit dit ook in."

World book day: Four young-adult (YA) authors chat about their work

Izak de Vries, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Hannes Barnard, Fanie Viljoen Books and writers 2024-04-23

"I was asked to speak about young-adult fiction (YAF). It is a topic I am passionate about, and I love reading YAF, but I am really old. That was one of the reasons I asked four YA authors to share their views on their own writing with the girls. The authors agreed to share their insights with the rest of the country on World Book Day."

Suidoosterfees 2024: Ken jy vir Dewie? – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie

Ignus Rademeyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie Suidoosterfees 2024-04-23

"Ken jy vir Dewie? nooi die gehoor terug na die skoolbanke, maar ook in die denke van die jong seun Dewie, waar hul sien hoe jarelange boeliery en onskuldige grappies manifesteer en groei tot iets wat onafwendbaar is."

Persverklaring: “Idi en Ome” ontsluit idiomewêreld

LitNet ATKV-Portaal 2024-04-23

Sit skouer aan die wiel en word deel van die ATKV se nuwe veldtog voor dit neusie verby is, want as jy weer sien, is die kalf in die put ... Die ATKV spog met ’n nuwe idiomeveldtog, Die wonderlike wêreld van Idi en Ome, en neem jou vir die volgende paar weke op ’n humoristiese reis deur die ryk taalskat van Afrikaans.

Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?

Naomi Meyer, Cliffordene Norton, Sidney Gilroy, Jaco Jacobs, De Wet Hugo, Rudie van Rensburg Boeke en skrywers 2024-04-23

Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.

Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-04-23

Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-04-23

Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was van ’n "series" wat jy stroom? In hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!

Top