
Foto: Canva
bly ’n leeftyd saam met my
kleef aan my nes peperbessies
en vou sonneblomgeel toe in Mei
saam met kosmos, sterre en sysies
pluk ’n handvol madeliefies
uit my tuin op ’n sonskyndag
waar elke geur heg aan kruiejassies
vir erdepot-herinneringe in ons oudag
onthóú die sagte reëndruppels van liefde
wat hygend oopbars in vergeet-my-nie-lanings
proe die nektarvreugde in lowerwoorde
luister na die wind se verklarings
kom leef ’n tyd en meer saam met my, my Lentenooi
hier waar die somerlag koeltesoekers uitnooi


Kommentaar
Baie mooi Marius soos altyd, altwee my gunstelingdigters op dieselfde bladsy, dit kan net 'n fees wees.
Pragtig Marius!