Pasgelaai

Research at University of Johannesburg and societal impact

Freek Robinson, Sarah Gravett Universiteitseminaar | University Seminar 2024-03-14

For the second year running, the University of Johannesburg (UJ) has been ranked as the leading producer of accredited research outputs in South Africa. Sarah Gravett, Acting Deputy Vice-Chancellor for Research and Internationalisation at UJ, emphasises the importance of research that impacts communities and society.

Persverklaring: Wenners van die LAPA-jeugromankompetisie 2023

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-03-14

Daar is vanjaar drie naaswenners en ʼn algehele wenner.

Luisterverhale: "Die vaal koestertjie" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden en Rolanda Marais

Eugène N Marais, Marcel van Heerden, Rolanda Marais Luisterverhale 2024-03-13

Marcel van Heerden en Rolanda Marais lees Eugène N Marais se verhaal "Die vaal koestertjie" voor. Die verhaal het oorspronklik in 1921 in Die Boerevrou verskyn.

Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?

Menán van Heerden, André Duvenhage Onderhoude 2024-03-13

"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Wannie Carstens Elders gesien 2024-03-13

"Daar is reeds een daaglikse nuusuitsending op kykNET, maar dit is ’n betaalkanaal. As dit die enigste landswye Afrikaanse nuusberig is, word Afrikaans geprivatiseer. En dit durf nie gebeur nie."

Persverklaring: Reünie met Frank Opperman en geskryf deur Dana Snyman | Die Boer-teater in Durbanville, 10–14 April 2024

LitNet Teater 2024-03-13

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Het die Oscars nog bestaansreg?

Leon van Nierop Film 2024-03-13

"Alhoewel diversiteit natuurlik baie nodig is, het sekere akteurs daarteen te velde getrek en persoonlik probleme daarmee geopper, omdat 'die regte kunstenaars nie altyd benoem word nie vanweë hierdie reëls'.  Dit word beskryf as die tinsel-faktor, om te skakel met Hollywood se bynaam Tinseltown. Versiering, vergulding en om goud oor te strooi is hier ter sprake."

Graad 7: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-03-13

Is jy in graad 7 en kan jy nie wag vir die skoolvakansie en meer tyd in die buitelug nie? As jy hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht aflaai, kan jy jou verbeel jy is buite in die natuur omdat jy so baie daarvan gaan leer. Boonop gaan jou ouers so tevrede wees met jou punte dat julle lekker vakansie sal kan hou!

New from Tafelberg: Soul of a nation by Oyama Mabandla

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

There is lament about how and why the ANC have so quickly become preoccupied with material enrichment. Former exile, business leader and political commentator, Oyama Mabandla excavates the values that created a steady flow of pioneering South Africans under impossible circumstances, bolstered a liberation ethic and championed a leadership that made individual nobility and excellence aspirational. These values, in retreat since 1994, can still recapture the nation’s best trajectory.

Nuut by Human & Rousseau: Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op.

Nuut by LAPA: Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

In die nasleep van tragedie moet Ragel hul familieplaas vroualleen te midde van ’n groot droogte probeer red. Sy maak vriende met die gemeenskap se jong boere wat hulle oor haar ontferm en op ’n dag kom daar ’n vreemdeling oor die berge aangestap. Die luiperdman, soos sy hom leer ken, laat haar anders na alles kyk.

Nuut by LAPA: Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

Sy is tot haar misnoeë vernoem na haar ouma Geertina, op haar beurt ’n troosnaam vir haar vader, Geerton, wat in diepe droefheid versink het by die aanhoor dat daar nie vir hom ’n manlike erfgenaam sou wees nie. “Vergewe jul pa,” maan Annie telkens wanneer Servaas sy onbeteulbare woede op sy kinders uithaal, “sy kindertyd was donker.” Annie, sag, mollig en getrou aan haar huwelik en haar man, het skynbaar haar lot aanvaar. 

New from Jonathan Ball: Called by the wind by Conraad de Rosner

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

The thrilling story of the conservationist who pioneered the use of dogs in combating poachers to protect wildlife in South Africa’s game reserves. His first anti-poaching dog, a Weimaraner named Zingela, became an inseparable companion. Zingela saved Conraad’s life on numerous occasions – once when Conraad was about to be assassinated by two fellow rangers hired by poachers. Conraad’s story is an epic of modern-day African wildlife conservation, spiced with adventure, courage and romance.

New from Jonathan Ball: Love and Fury by Margie Orford

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

Love and Fury is the compelling and intimate account of the life, loves and furies of Margie Orford. In this brave memoir, the renowned South African crime writer divulges some of the harrowing experiences that have shaped her life and influenced her writing.

Graad 11: Wiskunde-toets en memo, kwartaal 1

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-03-13

Is jy in graad 11 en vergelyk jy jou te veel met jou klasmaats se lewens op die sosiale media? Oefen eerder jou Wiskunde-vergelykings met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt. Laai dit hier af. Binnekort gaan jou klasmaats jaloers wees op jou goeie punte!

Die laaste grap van Kleiburg

Guillaume (Gieljam) Brümmer Fiksie 2024-03-13

"Albei wette is streng afgedwing. Spioene is onder die burgers rondgestuur om te luister of hulle onnodig lag. Om hul getrouheid te toets, het die spioene dikwels die Laaste Grap vertel, en bewaar die burger wat dan nie op die regte manier lag nie!"

’n Onderhoud oor “Die laaste grap van Kleiburg”

Izak de Vries, Niko Brümmer, Stefaans Brümmer, Kerneels Brümmer, Willemien Brümmer, Jurie Conradie Boeke en skrywers 2024-03-13

"Toe ek my pa se goed uitpak die jaar voor laas, vind ek die manuskrip in een van die staalkabinette waar hy alles van waarde liasseer het. Want die grap, dié het hy geweet, was nog lank nie koud nie."

Ode aan Johnny Theunissen

Rina Bester Poësie 2024-03-13

"se’blief ou johnny man voor iemand die doek oor jou klavier kom gooi
ons vir oulaas net weer bietjie orraait laat voel"

Dagbreek

Jacques Boshoff Poësie 2024-03-13

"Ek doen los werkies, ietsie hier en
daar, maar ek het niks om daarvoor te wys nie.
Die lewe is duur, meneer."

Monsters

Anne-Marie Bartie Poësie 2024-03-13

"die wyfie vreet haar maat op
lê eiers in die sponsmatras
nuwe monsters word gebaar"

Top