Uitnodiging: Praatjie oor Emily Hobhouse deur Elsabé Brits

  • 0

In Junie onthou ons die lyding en opoffering van vroue en kinders in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika van 1899 tot 1902.

Die lyding was groot. Oorblyfsels in konsentrasiekampe, tallose grafstene, foto’s, geskrifte en verhale in families is vandag stil getuies hiervan. Te midde van lyding was daar ook diegene wat hulle oor die inwoners van hierdie kampe ontferm het en toegewyd gewerk het om nood te verlig. Een so ’n persoon was Britsgebore Emily Hobhouse.

In 2016 verskyn ’n publikasie, Emily Hobhouse: geliefde verraaier, uit die pen van wetenskapjoernalis Elsabé Brits. Sy het handgeskrewe notas, dagboeke en plakboeke van Emily in ’n trommel in Kanada ontdek en haal hieruit aan in die boek wat sy geskryf het oor die grootliks onbekende verhaal van Emily Hobhouse, ’n vrou wat wêreldwyd betrokke was by ’n stryd teen onreg en oorlog.

Die Kaapse FAK-kantoor nooi alle belangstellendes hartlik uit na ’n praatjie deur Elsabé Brits oor haar navorsing en bevindinge oor die lewe van Emily Hobhouse.

Datum: Woensdag, 12 Junie 2024
Tyd: 18:00
Plek: FAK-Kaapkantoor, Plattekloofstraat 117C, Monte Vista
Koste: R25 per persoon

Voorafinskrywing teen Vrydag 7 Junie word vereis vir logistieke ‎‎‎doeleindes: https://forms.gle/s539GsPSawQgp5zZ8

Die FAK-kantoor in die Kaap het onlangs 'n eie Facebookblad begin om meer te fokus op die ‎Kaapse geskiedenis, erfenis, monumente en ons taalgeskiedenis.‎ 

Gaan sluit gerus aan by die FB-blad en volg ons om ook kennis te neem van opkomende ‎aktiwiteite by https://www.facebook.com/profile.php?id=61558453944220&mibextid=ZbWKwL.‎

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top