2012-11-25Die reaksie van KdK en die alomteenwoordige Dolfie, wat insigloos agterna kef, het die geldigheid van Leon Retief se aanhaling, wat die aanhef tot sy repudiasie van KdK se kreasionistiese snert uitmaak, pragtig onderstreep:
“Debating creati
2012-11-25Feite oor die gradering en helderheid van hemelliggame: .
Die oënskynlike helderheid (d.w.s. soos deur die blote oog waargeneem) van hemelliggame en sterre word uitgedruk in magnitudes. Tipiese magnitude 1 sterre (Aldebaran, Altair) is bv. 2,.512
Glin 2012-11-25
Op die 12e November 1953 op my 10e verjaardag het ek en n paar van my maats die aand buite gespeel en oa sterre wat verskiet getel so ver ek kan onthou was daar meer as 20 Ek het nou vir die afgelope 2 maande elke helder aand probeer om n ster wat versk
2012-11-25Chris, jy praat vanuit die oogpunt van 'n agnostikus en sekulêre teoloë. Wat het enige van julle met die werklikheid omtrent die uitleg van die Woord te make (Johannes 14:26)?
Wanneer sal jy besef jy is 'n agnostikus en juis omdat en daarom,
2012-11-25Jan, ek deel jou belangstelling en vrae... hier is nog 'n bietjie stof tot nadenke [http://www.youtube.com/watch?v=ibV4MdN5wo0&feature=related]... en hierdie werk van Sarah T Stewart handaaf vroue steeds as die mees gesaghebbendste oor die maan [http:
2012-11-25Jan Rap: Die rede waarom die maan (en ander mane in die sonnestelsel) dieselfde kant na hul planete hou is omdat hulle rotasie om hul eie as deur die gety-effek gerem is totdat hulle nou net so lank neem om een omwenteling te voltooi as om een rotasie te
2012-11-25Een van Langenhoven se karakters in "Die laaste van die takhare" het gekla: "Die wêreld draai, hy draai my dronk." Hoe dronk, het selfs Langenhoven in al sy wysheid nie geweet nie. Om ons nog dronker te draai, wil ek nog 'n gedra
2012-11-24Panda, ek het na daardie video gekyk. Dis seker moontlik dat die maan so ontstaan het maar dit lyk vir my baie onwaarskynlik. Ek het op 'n kol 'n prentjie gesien waar die maan en die aarde verbind was. Lyk my daardie teorie berus op die
2012-11-24Ja my vriend, jy gee ons defnitief nie 'n goeie indruk van Stellenbosch se mense nie. Ek is 'n lewenslange Transvaler en alhoewel ek met tye in die Kaap gebly het het ek nog nooit die begeerte gehad om myself permanent daar te gaan vestig nie. Ek het op T
2012-11-24Maar hulle nooi vir Henry Jeffreys! Wys jou net hoe dom-onnosel is die klomp kaaspoppe.
Jy moet ook onthou, Jaco, dat die spul kaaskoppe oor die afgelope eeu en meer nie van Afrikaans en Afrikaners gehou het nie.
2012-11-24
Ag Jan
Ek kry so min geleentheid om my Engels in te oefen, hier in die Vaaldriehoek hoor 'n mens dit nooit. Sien reeds hierbo het ek fout gemaak vir regstelling. Nou komaan jy was die eerste een om Engels hierbo te skryf, en maak nie donner saa
2012-11-24Dagsê Pro-dink
Dis lekker om jou weer raak te lees hier op die Sê. Jou bydrae om rede en wetenskap die basis van gesprek te maak is uiters nodig om die KdK-pratery uit kammaland te openbaar vir wat dit is.
'n Goeie vrie
Sir.Poetic Ndimphiwe Sityata2012-11-24I like what you guys are encompassing in your music. That bit about the inspiration is quite true and I definately got the jam for julle #cruisin'
2012-11-24Kobus:
Ek het Jupiter se mane al persoonlik met 'n blote verkyker (d.w.s 'n 50mm teleskoop) gesien. Dat dit wel mane is en nie sterre wat toevallig in dieselfde rigting lê nie kan maklik geverifieer word deur dit wat jy waarneem te ver
2012-11-24Dolf:
Wat laat jou dink Paulus (of Moses, of enige ander van die beweerde outeurs van die Bybel) het enigsins meer van God of God se wil geweet as ek of jy of die ou wat my pizzas aflewer?
Daar is, en was al, duisende godsdienste.
2012-11-24Jan Rap:
Almal interessante vrae, wat my eie kennis tot verby sy limiet strek, maar ek sal so paar aantekeninge probeer maak.
Sover ek weet is die "brei-effek" van getykragte inderdaad net van toepassing op satelliete in ellipt
2012-11-24Jan Rap — Lyk my daar is fout met die eerste skakel wat ek verskaf het. Ek probeer weer en is nuuskierig om te sien of hierdie een gaan werk. Dis nie nodig dat jy reageer nie. Ek sal sommer self kyk as die kommentaar verskyn. Ek eksperimenteer somme
Karin Prinsloo-Stuart2012-11-24Haikoe skryf, is my gunsteling stokperdjie. Dit is 'n uitdagende spel, wat ek nét met myself kan speel. Sommige mense speel Solitaire; ek Haikoe.
Ek is 'n babbelbek en weet helaas selde wanneer om op te hou lawaai maak. My kop is vol wonde
2012-11-24Jan Rap — Ek sal maar net op die makliker gedeelte reageer en los die moeiliker vrae en antwoorde/bespiegelings vir Brianvds en Angus en vir wie ook al wil help.
Ja, die maan wentel in ’n elliptiese baan om die aarde. Die gemid
2012-11-23Trienie,
Die intragiese is juis dat uit die lessies vir ander bedoeld die teenoorgestelde eintlik waar is. Ja, jy het jou eie sedelessie toe op die end die meeste nodig.
Nes Kobus de Klerk is jy baie duidelik daarop ui
2012-11-23Jaco, Dan Roodt is pro-aktief; hy wag nie om genooi te word om tot aksie oor te gaan nie
Ek wil niks wegneem van die ouens wat wel genooi is nie (alhoewel, 'n redakteur van Die Burger ... ek weet darem nie; die Kaapse koerante is nie juis vreeslike bevor
2012-11-23Panda, dat ek aan bedrog skuldig bevind is, is natuurlik 'n leuen. Jy is uitgevang en probeer nou pateties en onbeholpe met woorde speel - jy is nie opgewasse, nie en ek laat jou nie daarmee begaan, nie. Geen skakel wat jy voorsien het, ondersteun daardie
2012-11-23Heer Claassen,
Eerstens is jou hantering van feite darem baie verdag vir 'n man wat doen wat jou doen vir n lewe. Magtig, waar het ek gesê dat Jupiter nie mane het, nie? Wat ek gesê het is dat dit nie met Thomas se seun se 200 mm teleskoop
2012-11-23Thomas:
Kobus de Klerk kan benewens die die toekenning van Kluitjiebakker en ’n paar ander onvleiende titels wat hy al hier op die Sê losgeslaan het, beslis ook aanspraak maak daarop dat hy ’n ‘gatomswaaier’ van form
2012-11-23
Kobus,
Is dit nie interessant hoe hierdie ateïste te kere gaan nie. Hulle vul mekaar aan en gaan dan vurig gal af en/of raak sarkasties om hulleself blykbaar te laat goed voel. Ek dink hulle doen dit maar om die ou gewete te sus en om hulleself
Derek Meyer2012-11-23Jammer Angus, ek het vergeet om jou ook te noem. Daar's ander ook, sal maar ophou om name te noem, want ek sal weer 'n paar vergeet!
Julle bydraes word opreg waardeer.
2012-11-23Angus,
Jou ou rakker. Dat jy nou wragties waar, nadat jy en jou ateïstiese/evolsionistiese pêlle se “afgodsdiens” van evolusie se “wetenskaplike navorsing en bewyse” as omstootlik uitgewys is, sowaar weer dit as ond
2012-11-23Baie interessante artikel George. Ek dink juis die yljins is bio-ingenieurswese-wesens en/of klone - hulle is die robotniks wat moet kom takies verrig, waarnemings doen en dan verslag gee. Ek reken met bio-ingenieurswese is ons op pad so
2012-11-23Gay Ou Man,
Hier gaan ons al weer!
Rom: 1:26–28: “ Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou e
Derek Meyer2012-11-23Ja, baie dankie, George en Leon.
Dankie vir al die moeite met wat u doen. Beide van u het regtig baie geduld met sekere persone as wat die meeste mense ooit sal hê. Ek persoonlik is nie so volhardend nie. Vir my is
2012-11-23O nee, so eenvoudig is dit beslis nie. Daar is honderde, indien nie duisende, verskillende maniere om die Bybel te interpreteer. Jou Bybel is niks meer as 'n praatpop vir jou verwronge idees nie.
2012-11-22Panda:
Ek sien in ’n woordeboek die Afrikaans vir "libration" is librasie.
Maar ek dink jy verstaan dit verkeerd. Die maan se rotasie om sy eie as neem presies so lank soos een omwenteling. Daarom dan dat die maan gemiddeld d
2012-11-22Brianvds, Dankie vir die skakel.
Panda, ek dink ook die aarde wentel om sy as; dis nie net Kobus nie. Jy sal my moet reghelp. Soos dit vir my lyk is roteer en wentel sinonieme, behalwe dat roteer nog so ’n ekstra moment bykry. Ek kan dus s&ec
2012-11-22Kobus – Jy daag al weer uit? Leer jy dan nooit nie? Jou beledigings en pogings om my en ander te kleineer pla my glad nie meer nie, want ons is dit al gewoond van jou hier op die forum en dis maar ’n geval van – vat dit van wie
2012-11-22Kobus se reaksie op my, George en Brianvds se skryfsels sê dit alles. Ek vertrou dat al die lesers op die Sê se onsinverklikkers (dankie George vir daardie vertaling van Carl Sagan se begrip) nou weer behoorlik aangeskakel is. Gereelde r
2012-11-22Francois, Jaco, waarvoor dif hok skryf julle in Engels vir mekaar? Ek moes byvoorbeeld nie eers in Engels kommentaar gelewer het nie maar julle weet hoe dit is as jy met ’n Engelssprekende (meeste van hulle) Afrikaans praat; hulle kyk jo
2012-11-22julle moet tog asseblief nie dat Kobus hier lees nie. Hy gryp na elke strooi om maagdelike geboorte van die bybel te bewys -- selfs partenogenese.