Haikoe-kompetisie: 5 haikoes vir die nuwe samoerais van ons tyd deur Melt Sieberhagen

  • 1

 

haikoe vir die snuifspan

getroue Nigeriër
is toe nie so immergroen
kokaïen ruik na Zambuk


haikoe vir die aktrise

jou blomtyd oorskadu
plastiekrose is rooier op film
terug op die talentrak

haikoe vir die sportman

astroturf is immergroen
dog smaak verskil sekondgewys
glorie was ’n troosprys

haikoe vir die nuwe politici

die wit man se maan
klaar geskep en reeds weer vol
het dit alles al gesien

haikoe vir die rockster

gille skiet soos laatsaad
stywe jeans beloof belaaide beloftes
dit was al wat jy had


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Jy mag maar... Vir ’n grapgat kan jy besonders diep raak. Nie so diep soos Theuns Jordaan nie... Maar dan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top