Is Christenskap religie of godsdiens?

  • 2

Kan jy glo. Ek het vandag eers op Sandra Troskie se LitNet Akademies-resensie-essay: God? bestudeer godsdiens vs wetenskap hier op LitNet afgekom. Hoogs interessant! Almal het dit seker al gelees.

Om by te voeg sien ek nie Christenskap as ‘n religie of godsdiens nie. Dit is wat die groot verskil maak tussen om gelowig te wees of ‘n godsdiens te beoefen. Christenskap is ‘n lewende verhouding met ‘n Almagtige God. Ek kan nie met ‘n afgodsbeeld of ‘n afgestorwe heilige verhouding bou nie.

Sandra kon ook nie haar essay met ‘n beter samevatting afgesluit het dan: “Om dinge anders te kán maak, het ons die kennis van die wetenskap nodig; om dinge anders te wíl maak, het ons ’n nuwe begrip van God nodig.” Sy is in die kol.

Haar ontleding en navorsing omtrent die woord ‘religie’, asook ‘n finale bepaling van ‘n definisie daarvoor, het nuwe betekenis vir my omtrent die woord, oopgemaak.

Sakkie Spanenberg se opsomming van die boek as ‘n verhaal van: geboorte-groei-dood, teenoor die christelike siening van sondeval-verlossing-eindoordeel, het my dadelik laat besef dat die gelowige weer dinge só opsom: wedergeboorte-groei-ewige lewe! Vir die gelowige begin sy doelvolle lewe hier op aarde eers vanaf ‘wedergeboorte’ in sy gees. Want dit is slegs die weergebore gees van die mens wat deur die inwoning van die Heilige Gees, verhouding met God kan bou.

Iewers in die boek God?, moes dan ook dié bespreking plaasgevind het: “Die voorstelling van God as manlik vervreem en verneder die vrou.” Hierdie voorstelling van personifikasie is ook nie vir die gelowige vrou ‘n probleem nie, want sy sien God as Gees. Gees is nie-geslagtelik.   

Weereens bevestig dit dat God se skepping kan nie deur die oog van die natuurwetenskap gesien word nie. Wetenskap kan dit wel ondersteun, en uitermatig verruim, maar nooit oorheers.

Dankie Sandra, ek hoop hierdie is nie die laaste essay wat ek van jou lees.

Trienie Mahne  

  • 2

Kommentaar

  • Dag Trienie,

    geen skrywer wat nie ’n baie deeglike kennis het gaan jou rigting kan gee nie, en geen skrywer/dominee ens wat nie ’n baie deeglike kennis van die geskrifte, bedoelende die Tanahk en die B'rit Hadasha het gaan enigiets regkry behalwe om nog ’n kommersiele/fiksie op die reeds reuse stapel omkundige rondtastings te plaas nie.

    Ek stel aan almal wat ernstig begin raak voor, begin deur vir jou ’n kopie van die Aramaic English  New Testament te kry, gaan sit dan alleen en ongesteurd en begin lees en verstaan. Die tyd van die "Gentile" is amper verby, dis tyd om ernstig te raak.

    Shalom

    Duitswester

  • Trienie

    Miskien moet jy die boek wat hier ter sprake is self lees. Dalk kom jy agter dat George Claassen ’n hoogsgerespekteerde wetenskapjoernalis is en dat sy gespreksgenote geldige standpunte het terwyl Fritz Gaum se gespreksgenote bloot hulle grootword meme verwoord. Dis nou dieselfde George Claassen wat so deur jou held en leermeester hier op die Sê verguis word (dalk omdat hy heimlik besef dat George se argumente telkens sy eie hersenskimme ontbloot).

    Indien jy werklik die boek met aandag lees sal jy agterkom dat jou held en beskikker van alle kennis, KdK voete van klei het en ’n deurtrapte leuenaar en bedrieër is wat voortdurend as sulks hier op die Sê ontbloot word. Lees ’n slag wyer as net daai swart boek vol midde-oosterse mites en stories en jou held se vertolking daarvan. O ja en vra so nou en dan bewyse vir jou held se bewerings – of aanvaar jy sommer, op grond van jou held se onkunde, dat Jupiter se mane nie van die aarde af sigbaar is nie. Kyk ’n slag regtig deur ’n teleskoop (Panda het vir jou mooi beduie in watter rigting om te mik) en sien met jou eie oë die dinge wat jou held beweer nie bestaan nie.

    As jy eenmaal die skouspel in die hemelruim aanskou het (nie net Kosie se leuens daaroor gelees het nie!) kan jy gerus vir jou Richard Dawkins se "The Magic of Reality" aanskaf – dis soos ’n kinderbybel vir beginners in die regtige wêreld sonder gode en bose geeste. As jy dit deurgewerk het is jy reg vir sy "The greatest show on earth". Daar wag vir jou ’n wonderwêreld buite die verstikkende dogma van veroordelende gode en nie-bestaande hiernamaalse. As jy eers die wonderwêreld van die hiernoumaals ontdek het sal jy in ’n japtrap  in staat wees om te sien dat jou held nie ’n draad klere aan het nie!

    Sterkte met jou leeswerk.

    Groetnis

    Thomas

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top