Haikoe-kompetisie: Nog 4 haikoes deur Nicolette van der Walt

  • 1

haikoe 3

sy skryf ’n gedig –
daardie wit krisante
is dit voetnotas of nie?

 

haikoe 4

tussen opdrifsels in Sendai
sit ’n vrou en staar
na ’n kersieboomtak

 

haikoe 5

haar minnaar se toenadering
in ’n rooi hibiskus:
aansienlike meeldraad!

 

haikoe 6

in ons oë is die wind kleurloos,
tog kyk hoe blou waai dit
oor ’n heining purper winde

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top