Kerkgesange

  • 4

Ek het in die NG Kerk grootgeword, van kleins af die kerkdienste, Sondagskool en Kinderkrans bygewoon. Hoewel ek nie meer dikwels in 'n kerk kom nie, onthou ek baie van die liede wat ons gesing het en wat vir my steeds mooi is, veral waar hulle in 'n "ouer" Afrikaans, amper in Nederlandse idioom, gesing is. Een waaraan ek nou dink is die volgende:

(Net vers 1)

"Prys die Heer met blye galme,
o my siel, daar's ryke stof!
'k sal, solank ek leef, my psalme
vrolik toewy aan Sy lof,
en Hom, wat sy guns my bied,
altyd groot maak in my lied."

'n Ander een in my ou Hallelujaboek was: "Is dit, is dit my koning ..." Hy het so 'n lekker swaaiende wysie gehad en my oorlede pa, wat ook maar net so vals as ek gesing het, se stem het uitgestyg as hy hierdie een pak in die kerk. Ongelukkig het hulle sy wysie verander. Baie liede se wysies en selfs woorde is verander, net soos hulle ook die pragtige ou Bybelvertaling verander het om meer "modern" te klink. Maar ek wonder of die Here nie dalk die ou vertaling meer geniet het nie, net soos ek.

Gay ou man

  • 4

Kommentaar

  • Jy's reg, Totius-hulle se vertaling is weergaloos.  Waar wil jy nou meer ritme (ek weet nie of dit jambe of anapes is nie) as Psalm 91 byvoorbeeld.

  • Mmmm,

    Ja, sekere liede sal altyd bly. Net soos die Ou vertaling se plek ook nooit sal verdwyn nie. Ek het nie probleem met vertalings nie, as jy iets se diepte wil ondersoek is verskeie bybels se uitlegkunde nogal handig. Vir my die mooiste is natuurlik 'The Amplified' bybel.

    Geniet jou gesange en jou bybel!  Moet erken ek hou meer van die swaaiende manier van sing. Dit is lewendig en vreugdevol.

    Trienie

     

  • Weet julle hoe lekker wals "As hy weer kom, as hy weer kom, kom haal hy sy pêrels"?  Julle kan gerus by die volgende bokjol probeer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top