Kommentaar

Die Februarie-uitgawe van Hoezit! is nou beskikbaar

Romanda Potgieter 2014-06-24 Goeienaand,    Het ek reg verstaan dat Hoezit nou nie meer op die rakke beskikbaar is nie?  Hoe teken ek in vir 'n digitale kopie?    

SêNetbrief vir Dirk en George

Wouter Ferns 2014-06-24 Hello George B et al,    Ek kan nie so uit die vuis uit onthou nie, maar ek het al in kommentaar hier, uit die boek geput.    Die mees onlangse voorbeeld was in die gesprek oor Edmund Burke en hoe Van Zyl Slabbert gesien moet

Die Denker

2014-06-24 Hennie Jinne - dis oulik. Ek het dit geniet. Het jy self die gedig geskryf? Wat 'n denker ...

Moet Duiwelspiek se naam verander?

FC Boot 2014-06-24 Beste Angus Hoekom ontduik jy my vraag wat jy namens Thomas probeer beantwoord? Ek het mos nie gevra dat jy of Thomas  moet beredeneer of GOD, 'n tydlose Wese, 'n begin of einde het nie. .Ek herhaal my vraag:aan Thomas "Hier is dan jou kan

SêNetbrief vir Dirk en George

George Bekker 2014-06-23 Jan jy wou vir Dirk en Pieter bykom en dit is jou goeie reg. My ongevraagde raad is dat jy volgende keer twee aparte briewe daarvan maak. Wat vir my egter onverstaanbaar is, is waar kom George in die prentjie? Terwyl jy my bysleep reageer ek teen

Die derde graf deur Calvyn van Niekerk

pieter minne 2014-06-23 Ek het "DIE 3DE GRAF" gelees en beskou dit as een van die heel beste moordverhale wat ek nog gelees het.   Die skrywer het dit nie nodig geag om te swets om "statements"te maak nie. Ons weet polisie en andere vloek en  di

SêNetbrief vir Dirk en George

2014-06-23 Beste Jan, Dankie vir jou brief. Die toon en trant daarvan getuig van redelikheid en beleefdheid, en verdien dus 'n antwoord.  Die bewyse vir my stellings waarvoor jy vra is voor die hand liggend en sal gevind word in die argiewe van LitNet. Ga

Moet Duiwelspiek se naam verander?

Angus 2014-06-23 Beste FC Boot, Dit is waar dat alles wat begin het, 'n oorsaak het. Die entiteit,wat jy identifiseer as God, het dus ook 'n oorsaak. Die Christen praat dit so mompel-mompel dood met vaaghede soos God was vir altyd daar. Vir hom geld die wet nie.  &

Skole-navrae

Gerno 2014-06-23 In Adam Small se gedig 'Highlights of de year 1960' (Uit: Kitaar my kruis (1962)) word die titel opgevolg deur die subtitel "oftewel Mista K!" Hierdie subtitel het groot kopkrap besorg. Ek het geen idee of 'Mista K' in die Kaapse taalvari

SêNetbrief vir Dirk en George

Dirk Rigter 2014-06-23 Jan Rap, al wat ek by te voeg het, is dat jy 'n soort hedendaagse omgekeerde anachronisme is. Iemand wat met sy voete in die hede staan, maar met sy kop en denke in die verlede. Hoe weet ek dit? Wel jy sê self so.  Ek haal jou aan: "En ho

Moet Duiwelspiek se naam verander?

FC Boot 2014-06-23 Beste Trienie Die dank moet gaan aan diegene wat die moeite gedoen het om die opinies te versamel en te rangskik, wat mense soos ek in staat stel om dit te gebruik, tot voordeel en insig van myself en ander.

Sonde - Quo vadis?

FC Boot 2014-06-23 Beste Dolf Die gedeeltes wat jy aanhaal het nie betrekking op die vraag nie en is dus nie van toepassing nie. Vir wie skryf Paulus hierdie brief? Vir die kerk van die Here In Rome, tussen die jare 55-56 nC. Hierdie jong kerk het ook soos Dirk Rigte

Wat is dit om Springbok te wees?

Helena Graham 2014-06-20 Reusedwerg, ek stem volkome saam met jou.    Ek is 'n vrou, maar vrek oor rugby en ken die reëls beter as waarvan my manlike vriende hou.  My eie man en twee seuns het rugby gespeel en ek mis nie 'n game nie.  Wat is 'n wedstryd..

Moet Duiwelspiek se naam verander?

2014-06-20 FC Boot, jou kommentaar van 19/6/14 is indrukwekkend.

Afrikaanse koerante se kunsblaaie sluit moontlik

Reusedwerg 2014-06-20 Moenie bekommerd wees nie. Ons sien nog net die ore van die seekoei. Ek wil jou ook tog waarsku dit is 'n baie gevaarlike stelling wat jy maak. Daar is mense wat jou sal wil stenig. Dit is maar tipies van die "hedendaagse Afrikaner". Rugraatloos

Sonde - Quo vadis?

2014-06-20 FC Boot/Cornelius/et al.  Ek het baie lank laas enige reaksie op hierdie web geplaas en ek is ook nie van plan om weer baie betrokke te raak nie bloot omdat baie van die argumente/besprekings (veral rondom geloof) eenvoudig op niks uitloop en bykans

Sonde - Quo vadis?

2014-06-20 Rigter,   Ek het geen ander weergawe gegee nie - waar is dit? Ek het jou bloot verwys na die inhoud van die artikel wat in besonderhede uitbrei op die inleidende sin. Lang sinne? Dan is daar boonop fout met jou konsentrasievermoë ook, of hoe?

Oorspronklike liedjies

Pieter 2014-06-20 Hallo Wouter  Dankie vir die voorstelling aan van Bill Withers se liedjies; "Just the two of us", baie mooi. Ek ken hom net vanwee: "Ain't no sunshine." Girl you'll be a woman soon" van Neil Diamond het ek jare gelede noodge

Nog ietsie oor die Springbokke

2014-06-20 In die ou dae was mens meer op jou gehoor aangedrewe oor die radio waar Gerhard Viviers die prentjie vir jou beskryf en ingekleur het.   Jou verbeelding het die res gedoen.   En kon hy hom inkleur?   Doer in 1977 toe Pierre F

Antwoord vir Dirk oor sy vergeefsbrief

George Redelinghuys 2014-06-19 Fassinerende stukkie skryfwerk ter verdediging van die régime ancien met sy gepaardgaande nasionalisties-rassistiese bourgeois interpretasie van die realiteit soos gesien deur die bril van die wit bevoorregte elit

Resensie: Fading Gigolo

2014-06-19 'n Onvergeetlike ervaring om FADING GIGOLO te kon sien. Ja, vele fasette van menswees. Woody-agtig maar Turturro is 'n groot hoogtepunt. Gewones soos ek kry hier baie moed. Net soos die boekwinkel deure sluit in die fliek sal ons dit op eie bodem ook eers

Moet Duiwelspiek se naam verander?

FC Boot 2014-06-19 Beste Thomas Die uitgangspunt vanuit 'n Christelike oogpunt is eenvoudig.As Christen glo ek: 1.Alles wat 'n begin het, het ook 'n einde. 2.Vir alle begin is daar 'n oorsaak. 3. So het die heelal 'n begin gehad en het ook 'n einde.Die Planeet aar

Antwoord vir Dirk oor sy vergeefsbrief

Reusedwerg 2014-06-19 Jan ek verstaan jou irritasie met die briefskrywers wat die realiteite miskyk, ontken of wegswymel. Vat nou raad van my. Daar is nie salf te smeer aan die persone nie. Jy kan jouself blou in die gesig redeneer, dit help nie. Daar is niemand so doof soos i

Terblanche Jordaan oor emosionele gevangeneskap

Chris Erasmus 2014-06-19 Baie dankie vir jou inset. Ek is eerlik, ek het vir 'n lang tyd in my lewe bagasie rondgedra, gesleep en selfs gekoester. Ek wou dit doen. Ek het soos jy dit tereg noem, die besluit gemaak om dit te doen. Ek is nie 'n sielkundige nie, maar baie probleme w

Sonde - Quo vadis?

Dirk Rigter 2014-06-19 Beste FC,  Ek waardeer dit wanneer jy, soos in hierdie geval, 'n direkte antwoord gee op wat ek dink my geregverdige vraag is. Ek sal jou antwoord oordink. Baie dankie.  De Klerk,  Jy's nes die politici, wat as hulle uitgevang word, ag

Antwoord vir Dirk oor sy vergeefsbrief

2014-06-19 Beste Jan Rap, Ek dink jou insig is gewoon ver bo-oor die kop van 'n "useful idiot" en "wenner" soos Dirk Rigter. Nes sy maatjies lees hy die koerant, kyk TV en kruip voorts by ewe onthutste slimjanne om gewigtig te probeer lyk.

Antwoord vir Dirk oor sy vergeefsbrief

Dirk Rigter 2014-06-19 Jan Rap,  Partye soos die KP en HNP het nie ontstaan oor PW Botha liberaal was nie, nee hulle het ontstaan uit stiksienigheid, verstoktheid en doodgewoon omdat hulle nie verstaan het dat Groot Apartheid besig was om sy gat te sien nie. Net soos jy v

Moet Duiwelspiek se naam verander?

2014-06-19 Beste Thomas, Ek het absolute respek vir jou eerlikheid en opregtheid aangaande jou ongeloof. Dit staan in direkte teenstelling tot die skynheiliges (Duiwelsagente) wat waarskynlik nes jy beskou, maar geloof as iets met die verstand buit om geld

Sonde - Quo vadis?

2014-06-19 Beste FC Boot, Jou aanhaling uit Romeine 2: 14-16 is troos aan almal in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE. Dit antwoord ook die toegewydheid van Moselm, Hindoe, Joodse, Boedhistiese ... en vele ander Godsdienstiges wat nederig ons al

Vir Jaco en Wouter: vergeefs, alles tevergeefs...

2014-06-19 Beste Pieter, Ek sou die intrige kwalik kon beter stel. Ongelukkig het jy hier met "useful idiots" in die beste sin van die woord te doen. Voeg nou net Francois Williams se jingo mentaliteit hierby en siedaar; jy't 'n model nuwe Suid-Af

Vir Jaco en Wouter: vergeefs, alles tevergeefs...

2014-06-18 Beste Dirk, Daardie laaste paragraaf van jou skrywe aangaande die artikel gepubliseer in BusinessDay van 22 Augustus 2013, laat my dink aan die omstandighede rondom die hele proses van "oorhandiging" van mag destyds aan die ANC.

Sonde - Quo vadis?

FC Boot 2014-06-18 Beste Dirk Wat word van mense wat nooit van die Evangelie gehoor het: In Romeine 2: 14-16 lees 'n mens. "14 Wanneer heidene, wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself 'n wet al het hulle nie die

Sonde - Quo vadis?

Thomas 2014-06-18 Sondelose Kobus   Ek dog nederigheid is een van die kenmerkende eienskappe van jou dwaalleer.   Dis baie duidelik uit jou skrywe dat jy vas oortuig is dat jy sondeloos lewe omdat jy: "Dit  bereik deur toewyding aan en die wil om, s

'n Lewe in angs

2014-06-18 Wouter, Jou skrywe is interessant. Dinge waarmee ons almal sukkel. Ek sien ook die verskil tussen angstigheid en vrees. Ons almal sit met spanning en is bang vir sekere goete, maar vrees is 'n ander monster. Dit hou jou snags wakker en laat jou lyf rooi

Eldur Á Himni (vir almal met harte)

2014-06-18 Dankie vir jou belangstelling Trienie - of soos hulle dit in Ysland rym ... "Þakka þér fyrir áhuga Trienie þinni"

Goeie nuus

2014-06-18 Presies in die kol CM! Dit blyk duidelik dat oneervolheid, versteurdheid, besmetlikheid en sieklikheid 'n absolute gawe is hier! Waar moet ons gesonde en agbare lede van die samelewing heen?

Eldur Á Himni (vir almal met harte)

2014-06-18 Hæ Angus, Náttúran er Náttúra. Guð er, að ofan náttúrulegt. Eldur í himni - eitthvað eðlilegt. Í anda af auðmýkt, Cornelius Henn Hi Angus, Die

Sonde - Quo vadis?

Angus 2014-06-18 Gelukkig is ek nie 'n Christen nie. Ek wil nie in sonde ontvang en gebore gewees het nie. Ons ouderling sê my dis sonde vir 'n Christen om op Sondag tennis te speel, en om 'n paar danspassies met jou voete uit te voer, kan jou in die ewige hel laat

Wanneer rassevooroordeel met taalregte verwar word

Chris du Plessis 2014-06-18 Laat elke etniese groep self besluit in watter taal sy jeug opvoeding moet ontvang.  Wat vir een werk sal nie noodwendig vir 'n ander werk nie, maar aan die einde van die dag is dit elke groep se eie verantwoordelikheid om hul eie toekoms te bepaal.

Nog ietsie oor die Springbokke

Dirk Rigter 2014-06-18 FC, ten minste het ek darem die 11 reg onthou en dat WP gewen het, dit was lank, lank gelede. Dankie vir die regstelling.
Top