Is dit nie dalk tyd vir 'n nuwe kompetisie op SêNet om sake 'n bietjie op te kikker nie? Die prys kan bv 'n gesogte uitnodiging na Jacob Zuma se volgende huwelik wees. Ek het opgelet dat Zuma agter geraak het by die Zoeloe-koning wat sy getal vroue betref. As 'n vermoënde man van die daad sal Zuma dié situasie seker nie lank duld nie.
Maar of daar nou 'n prys op die spel is of nie, kom ons hou 'n kompetisie in die vorm van 'n tweeledige raaisel. (1) Watter SêNetter het die volgende sin geskryf en (2) wat is die bedoeling met, of betekenis van, hierdie sin?
"Dit is nie nodig om so te doen, maar aangesien hierdie op die tafel is, maar die stelling gemaak is soos volg."
Om SêNetters nie onbillik te belas nie, kan hierdie gevleuelde sin met die volgende wenke aangevul word: "Dit is nie nodig om so [hoe?] te doen [nie], maar aangesien hierdie [dit, maar wat?] op die tafel is, maar* die stelling gemaak is soos** volg." *Daardie "maar" dui op 'n besonder logiese progressie kenmerkend van bv 'n rekenaarprogrammeerder. **Die outeur is tot goeie Afrikaans in staat, daarom skryf hy "soos volg" en nie "as volg" nie. Les bes moet ek daarop wys dat die gewraakte sin nie buite konteks aangehaal word nie. Dit is die openingsin van 'n lang teks (SêNet 23 deser).
Johannes Comestor


Kommentaar
Twee hoogs intellegente opponente met soortgelyke letterkundige belangstellings, maar pole apart mbt tot dieselfde letterkundige stuk.
Net jammer beide kan nie die beste in die ander sien nie, veral mbt tot die briewe-inhoud deur elkeen weergee nie.
Ek persoonlik het 'n hoë waardering en bewondering vir beide se bydraes. Net jammer beide se bydraes het die afgelope tyd fel afgeneem.
J, Comestor, het dit nou verduidelik, dit behoort nou duidelik te wees. Hopelik is jy tevrede, en bied ek aan om jou en Comestor se petrol te betaal na Zuma se volgende troue.
Dit kan net 'n Sjinees wat wat probeer Afrikaans leer. Hy skryf onder die skuilnaam "Wouter", meen ek.
Varkspek
Johannes Comestor wys 'n gal-gesmeerde sarkastiese vinger in die rigting van die SêNet briefskrywer wat homself ietwat vasgedraai het in sy eie sinskonstruksie. Boonop verlekker Comestor homself in ‘n ander se fout.
Nogal braaf van iemand wat op hierdie forum luidkeels verkondig het dat hy Dan Roodt se skryfsels waardevol vind om 'n gebalanseerde politieke opinie te vorm! Hierdie ontboeseming van Comestor net nadat Roodt se lasterlike skrywe van 19 Januarie 2014 (Die inval van die Imbesiele, Praag se webwerf) deur Jaco Fourie uitgewys is.
Wouter, niemand het iets verduidelik nie, nie eers jou fan Jaco nie. Ek weet nou nog nie wat daardie sin sê nie (en ek is seker Jaco weet ook nie). Help 'n bietjie man!
Jan Rap
Dirk Rigter, dankie vir jou verbete poging om my sleg te se. Dit is duidelik dat jou kommentaar veral polities gemotiveerd is. Jy kan gerus probeer om sowel kwantitatiewe as kwalitatiewe oorwegings in ag te neem. Wouter formuleer dikwels slordig en dit is kenmerkend van sy skrywes oor baie jare. Dan Roodt, daarenteen, formuleer uitstekend en hy het 'n wyer verwysingsraamwerk as seker enige huidige Suid-Afrikaanse politieke kommentator.
Dit is waar dat Roodt in sy entoesiasme vir 'n standpunt al 'n bietjie oorboord gegaan het. Maar dit is verregaande om die waarde en diepte van sy skrywes op grond van jou uitsonderlike enkele voorbeeld te beoordeel. Roodt vervul 'n noodsaaklike rol in die huidige ideologiese oorlog. Om Roodt se insigte te waardeer, moet 'n mens jou egter van die gewilde kruippolitiek van die oomblik kan losmaak.
Dirk Rigter, in 'n nors opmerking hierbo, is ontstig omdat Johannes Comestor sarkasties sou verwys het na Wouter se onsin-sin. Hy reken dis nogal braaf (ek is seker hy bedoel 'dapper') van Johannes omdat dié nou " ... Dan Roodt se skryfsels waardevol vind om 'n gebalanseerde politieke opinie te vorm."
Ek dink Dirk jok; ek het nog nêrens hier gesien Johannes beweer dat hy Dan Roodt se skryfsels gebruik om 'n "waardevolle politieke opinie" te vorm nie. Indien Johannes wel so-iets te kenne gegee het, het ek dit nie raakgesien nie en vra ek Dirk om verskoning.
Ek twyfel egter; dit is maar weer een van daardie stellings so eie aan 'liberales' soos Dirk; hy dig valslik menings, wat hy voel hy maklik kan afskiet, aan ander toe en dan ... skiet hy dit af.
Buitendien, hoe dink Dirk? Selfs al sou Johannes van Dan se menings gebruik maak, hoekom sou dit hom diskwalifiseer om swak sinsbou te identifiseer? Dis twee disjunkte goed, soos wanneer mens sou sê "moet jou nie aan Koos se kritiek steur nie want Jupiter het baie mane". Absurd.
Nogal voor-op-die-wa, dapper kan mens maar sê, van Dirk om Johannes oor die vingers te tik omdat hy Wouter kritiseer want Dirk het al by meer as een geleentheid vertel dat ek onsamehangend skryf. Ek gee nie hom nie - mens is nooit te oud om te leer nie - maar dis net snaaks dat 'n kritikus kritici kritiseer.
Jan Rap
Hallo,
Hallo,
Jan Rap, jy het reg. Dan Roodt vorm nie my politieke mening nie. Roodt vervul wel 'n belangrike rol deurdat hy 'n (eerbare) ander standpunt as die populêre stel. Hy help ons om (potensieel) meer ewewigtig na die onverkwiklike (plaaslike) politieke toneel te kyk.
Ek sal dit waardeer as SêNet-lesers na my ui-brief (die Wouteristiese kombuisbrief) gaan (24 deser) en hulle vergewis of ek geskryf het dat Albert Schweitzer die doodstraf voorgestaan het - dit is wat Wouter beweer. Myns insiens was Schweitzer veels te humanisties vir so 'n standpunt. Wouter lees eenvoudig nie wat daar staan nie. Hy kom haastig tot 'n gevolgtrekking en sy aanhalings steun blykbaar op die gejaagde raadpleging van 'n enkele boek. Ek beveel aan dat hy, soos ek, James Brabazon se Schweitzer-biografie (576p) deeglik in sy geheel lees.
Hallo,