Reusedwerg se brief oor Israel se wandade van 29 Julie saam met Pieter se kommentaar laat 'n mens dink. Daar is Palestynse aktiviste wat Afrikaans as moedertaal het en hulle sal juig as hulle toevallig op die brief sou afkom. Hierdie twee manne sluk die Palestynse propaganda sowaar heel in met aas, hoek sinker en lyn – dalk nog met stok ook!
Hoe werk hierdie Palestyne se koppe? Hulle stel hulle missiele naby 'n hospitaal op en vuur dit dan af, terwyl hulle kliphard bid dat die hospitaal in die teenreaksie getref sal word. Dit het gebeur op die dag toe Reusedwerg se brief geplaas is en minstens agt kinders in die “speelarea” van 'n hospitaal gedood is (stel jou 'n primitiewe Palestynse hospitaal voor met 'n spesiale speelarea vir die kinders, maar hulle weet die woord “speelarea” sal 'n klomp liberale hartsnare roer al bestaan die gebied net in die verbeelding). Dinsdagmiddag tydens 'n RSG nuusuitsending is daar aansienlike tyd bestee aan 'n opname van 'n aktivis (RSG se woord) wat verlang dat 'n jong Suid-Afrikaner wat nou in Israel veg vervolg moet word omdat hy 'n onlangse wet oortree wat verbied dat sonder toestemming van die regering in 'n ander land geveg mag word. Die man het nog nooit van die taal 'Kaaps' gehoor nie en in die keurigste Afrikaans het hy sy saak gestel. Dis propaganda! en RSG besef dit nie! (Die saak kon kortliks bespreek gewees het, maar die aktivis moes nie 'n lang spreukbeurt gekry het nie.)
In 'n ander nuusuitsending: Die militêre vleuel van Hamas het 'n skietstilstand met Israel verwerp. In 'n uitdagende boodskap het die leier van die Al-Qassam brigade gesê hulle sal aanhou veg totdat Israelse magte sy aanvalle in Gaza stop sit. In sulke omstandighede behoort hulle nie te kla nie!
Aan die ander kant van die draad is Israel wat (soms) die ekstremiste in eie geledere probeer plesier. Ons Suid-Afrikaners moet liewer op die kantlyn bly. Albei hierdie groepe ('n niksseggende woord wat ter wille van politieke korrektheid gebruik word) is in SA teenwoordig. Ongelukkig is dit nie wat ons naïewe, onbevoegde regering doen nie (dis effens sag gestel!). Die absolute basiese aspek van buitelandse beleid is om te vra: hoe kan SA by onemosionele, objektiewe buitelandse beleid baat? Wat tans gebeur is dat ekonomies waardevolle kontakte in die bek geskop word en hand om die lyf gestaan word met lande waarby ons nie finansieel kan baat nie, terwyl die ekonomie bult af vorder.


Kommentaar
Beste George. Jammer dat my brief by jou die indruk skep dat ek polities met die Palistyne (Hamas) simpatiseer. Soos jy weet is daar nie 'n wenner in 'n oorlog nie, net verloorders, behalwe as jou magte die ander ouens opdonner. Ek kyk na die "Joodse" optredes. Na die Tweede Wêreld-oorlog is hulle die martelaars, maar intussen doen hulle net wat hulle wil. Die VSA regering kan net mooi niks aan die manne doen nie want die sinaat is oorwegend van Joodse afkoms, het belange in of beskerm industrieë wat direk of nie met die wapenbedryf te doen het. Daar is iets groter wat ek nog nie kon uitpluis agter die storie.
Beste George,
Ja, jy self is in geen posisie om te praat van propaganda nie, aangesien jy self 'n slagoffer daarvan is. Julle Afrikaners en julle Joodse broers glo mos in dieselfde god, en in dieselfde mites. Hoe kan julle ooit iets anders wees as slagoffers van Israeliese propaganda? Julle is inderdaad so programmeer. Maar wat maak dit tog saak? Die waarheid is nie vir julle belangrik nie.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter, wat veral opval is dat jy na “Julle Afrikaners” verwys. Selfs al stem jy nie altyd saam nie (en ons dink tog almal) moet dit meestal seker “Ons Afrikaners” wees? As jy oplet sal jy agterkom dat ek nie noodwendig die Joodse kant kies nie. Ek voel ook sterk krities teenoor hulle en hulle ekstremisme en is net bly dat ons nie meer in so 'n militêre stryd betrokke is nie.
Miskien word my gevoel amper beter weerspieël in die twee Nederlandse bydraes oor die afskiet van die passasiersvliegtuig. Die tekste lees maklik en dit is wenslik dat ons in die geleentheid gestel word om veel meer Nederlandse artikels in ons land onder oë kry (LitNet?).
Mag dit goed gaan met jou.
Beste George,
Baie dankie vir jou besondere beskaafde reaksie op my brief. As daar 'n misverstand aan my kant was, vra ek om verskoning. Jou idee vir artikels uit Nederlandse skrifte is uitstekend. Daar sal mens artikels vind van 'n hoë standaard, van links tot regs van die politieke spektrum.
Die standaard van die pers in Suid-Afrika is pateties laag maar seker nie slegter as dié wat die gemiddelde Amerikaner lees nie.
Warm groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Reusedwerg,
Na die lees van jou brief, verkeer ek in 'n toestand van uiterse skok. Jy skryf: Die VSA regering kan net mooi niks aan die manne doen nie want die sinaat is oorwegend van Joodse afkoms, het belange in of beskerm die industrieë wat direk of nie met die wapenbedryf te doen het.
Maar hierdie is mos anti-Semitisme van die ergste aard! Al is jou stelling waar.Jy mag dit nie sê nie!
Mag ek daarby voeg dat die rykste man in hele Finland in London woon, sy rykdom basseer op wapenverkoop, en ook Joods is. Ek wonder wat hierdie goue draad beteken wat loop tussen hierdie handelaars in moord.
Een saak darem. Eisenhower, die laaste Amerikaanse president van die VSA met integriteit het gewaarsku dat die ophou van die sg "industrial military complex" in die VSA na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog teengestaan moet word, en indien nie, die VSA een dag die mees gehate nasie op die aardbol sal word. Vandag is die wapenindustrie 'n staat binne 'n staat, en wanneer een VSA geborgde oorlog agfehandel is, gaan hulle oor na 'n ander brandpunt waar hulle hulle nuwe wapens kan uittoets.
Net nou die dag was daar op die nuus dat in Afganistan 'n driekwart miljoen wapens, masjiengewere, granaatwerpers, en diesmeer verlore gegaan het, en nou vrees hulle dat hierdie wapens in die hande van die Taliban sal beland. So what? Die VSA wapenbebedryf kan eenvoudig meer stuur en meer geld maak vir hulle aandeelhouers!
Watter siek wêreld woon ons nie in nie. Die ryk varke kom weg met moord, en die armes betaal met hulle lewens, en met dié van hulle kinders.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter. Ek het al duur lesse in my lewe geleer en een daarvan is om kant te kies, veral as die saak niks met my uit te waai het nie. Die Midde-Ooste is 'n streek waar jy vinniger moeilikheid optel as wat jy kan dink. Die Amerikaners se optredes stuit my teen die bors. Ek glo nie iemand kan iets daaromtrent doen nie. In die Diplomatieke wereld is daar 'n gesegde wat lui, "you dont have friends, you only have interests". Dit is soos vriendskappe oor die algemeen. Wat is in die verhouding vir jou? Die Israel/Palistina kwessie is 'n emosionele saak en word deur albei kante uitgebuit. Soos ek gesê het, dit is mos lekker as jou wapentuig buite jou landsgrense vir jou getoets word.
Elke saak het drie kante ,my kant en jou kant en die waarheid, wat dikwels verskuil lê tussen die twee.So het ek dan ook op die volgende berig afgekom.
Wat nou nodig is om te verneen hoe die mense van Gaza wat die meeste onder die konflik ly oor die saak voel. Of is hulle werklik so onder die invloed van Hamas dat hul bang is om hul werklike gevoelens te openbaar?
You’re not getting the real truth about Gaza
http://www.thetimes.co.uk/tto/opinion/columnists/article4166005.ece?shareToken=4e6637ad7010dda80121ecf41e6fd2d0
Melanie Phillips Last updated at 12:01AM, August 4 2014
"Innocent civilians will continue to die until the brutal manipulations of Hamas are exposed
Ed Miliband has berated David Cameron for not condemning Israel’s attacks in Gaza. No 10 says it is shocked that Mr Miliband is making political capital out of the war. Meanwhile Philip Hammond, the foreign secretary, says the suffering in Gaza is intolerable and has called for an unconditional humanitarian ceasefire.
The exchanges illustrate the widespread incomprehension of the nature of this conflict and the uniquely dreadful dilemma it poses.
The civilian suffering, particularly the dead and injured children, is indeed appalling and tragic. No one of any conscience could fail to be horrified. With these sickening images regularly broadcast on TV, and with interviewers all but accusing Israeli spokesmen of being cruel and reckless child-killers, it is no surprise that much of the public is being inflamed against Israel.
People don’t realise, however, how their emotions are being manipulated. They are not being shown how Hamas is using its own people as human shields and sacrifices, to enable it to continue firing rockets at Israeli civilians and to increase its own civilian casualties in order to turn western opinion against Israel.
It has built no shelters, forcing civilians to use UN schools, for instance, instead. It has ordered Gazans to ignore Israeli warnings to flee their houses and stay put under bombardment.
Declassified Israeli aerial pictures show rocket launchers situated in mosques, schools and playgrounds. Hamas rockets have been found stashed in three UN-run schools. A senior UN official, John Ging, has said Hamas “are firing their rockets into Israel from the vicinity of UN facilities and residential areas”.
Shifa hospital also acts as a Hamas command centre. Reporters know this, as they often conduct interviews there with Hamas spokesmen. Yet this detail is generally denied to the public. Nor are the public informed about rocket fire from that hospital. A Finnish journalist was a lone exception when she recently reported that a rocket was launched from the hospital’s parking lot.
Such war crimes aren’t usually publicised because reporters work under an implicit threat. One Spanish journalist admitted: “We did see Hamas people launching rockets close to our hotel, but if ever we dared point our camera on them they would simply shoot at us and kill us.”
Instead, news reports parrot the Hamas line. So the “overwhelming majority” of the casualties are reported to be civilian. In fact, an analysis by Al Jazeera shows that most of those killed have been young men of fighting age, not women, children or old people. Rules published by Hamas order anyone talking to the media to describe all Gaza casualties as “innocent civilians” and ensure “there is no evidence of rockets being fired from Gaza population centres”.
There is also virtually no reporting of Gazan casualties caused by Hamas’s own rockets falling short. Last Monday, there were explosions in a kindergarten and Shifa’s outpatient clinic. The media immediately blamed Israeli airstrikes. Yet both Israel and official Palestinian media blamed misfired Hamas rockets — a fact endorsed by a reporter who said he could only do so once he left Gaza and escaped Hamas intimidation.
The Israelis take more care than any other army to avoid harming civilians, warning them by leaflet, phone, text or warning shots to flee. Their rules of engagement restrict them from attacking where they know civilians are present, although when gunfire comes from a hospital or school the IDF are entitled to return fire. They have also aborted dozens of attacks when civilians are present. Yet it is the Israelis who are vilified as child-killers.
Ed Miliband says he condemns what Hamas is doing. How else, though, is Hamas to be stopped? Israel has stuck to every ceasefire. Hamas has broken every one of them, although it denies doing so.
The thousands of rocket attacks from Gaza in recent years have forced the residents of southern Israel to race for the shelters. The tunnels into Israel pose an even graver threat of mass murder and kidnappings of Israelis.
All decent people want an end to the deaths of innocents. But Hamas refuses to stop trying to murder Israeli civilians. It stated aim is to destroy Israel and kill every Jew. Philip Hammond said: “We understand that Israel has concerns and that Hamas has concerns” — as if there were a moral equivalence between those bent on genocide and their victims.
The Arab world (except for Qatar) wants Hamas destroyed. The King of Saudi Arabia condemned the “collective massacre” in Gaza but conspicuously did not blame Israel.
It comes to something, does it not, when the Arab world seems to be better disposed towards Israel, the region’s sole democracy, than much of the British political class. "